Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Breytenbach het ongeveer ‘n halfeeu gelede bekend geword as die voorloper van die sestigers. Die Sestigers het, so word ons vertel, in ’n groot mate die aard en vorm van Afrikaanse letterkunde, insluitende digkuns, herdefinieer. Ten opsigte van styl en vorm het die sestigers afgewyk van ’n lang tradisie van konvensionele digkuns; en ten opsigte van ’n staatkundige en ideologiese lewens- en wêreldbeskouing het hulle die destydse bestaande orde en bestel veroordeel en oënskynlik ’n rewolusie voorgestaan. Die nuwe trant in digkuns word geïllustreer in hulle gepubliseerde werke. Hoe jong skrywers 43 jaar gelede gedink het oor ideologiese aangeleenthede, word miskien die beste weerspieël in ’n brief van Breyten Breytenbach wat op 23 Junie 1967 in “Die Vaderland” gepubliseer is.

Internasionaal is die naam van Breyten gegraveer op die ererol van letterkundiges. Die vraag is hoe relevant sy bydraes vir die Suid-Afrika van vandag is; of hy nog namens die jong skrywers praat; of hulle daarin geslaag het om Suid-Afrika bewoonbaar te maak vir al sy inwoners; en wat toe later van die swart en die wit bobbejane geword het,

Hieronder, woordeliks aangehaal, volg Breyten se brief. Die opskrif en subopskrif is deur die redaksie van die koerant aangebring.


“SA BEHOORT AAN DIE SESTIGERS, Sê BREYTEN”

“Ons sal die land bewoonbaar maak”

“Geagte heer --

Die vonke het seker gespat toe die eerste jong bobbejaan vir die eerste keer 'n stok beetgepak het om so die uintjies beter by te kan kom. Van die ouer bulle het waarskynlik begin grom en mompel, die verskriklikste ongediertes en die aakligste kwale ons in die donker bekruip, ons só in die modder begin vroetel, dat ons as 't ware ryp geword. het vir die oorname deur die “donker magte van die rewolusie". Let wel, rewolusie is donker!
Ons weet wat van daardie voortvarende bobbejaan geword het. Onder sy verderflike invloed het al hoe meer van sy Volksgenote begin ontwikkel totdat ons vandag die oorspronklike ou Swarte se nasate, al byna haarioos geword het en dit soms selfs waag om die kop bo die modder uit te lig en te spog (of te wens) “Ek is mos mens."

Nou ja, sommige het bobbejaan gebly, wat minstens getuig van 'n prinsipiële standvastigheld. As ek my metafore so mag meng, sou ek sê hulle is die ingroeisels. Die meeste het dieper gevroetel of hoër gestreef. Hulle is dan die uitgroeiseis, soms vreemd van saad.

Sal hierdie uiterstes ooit versoen kan word? Of is dit inherent aan die groei dat mens verstar en verstok, dat mens jou groei probeer regverdig en institueer deur vir die see te gaan probeer lê-maak omdat die mens nou volmaak is, omdat die republiek van 'n duisend jaar nou aangebreek het? Seker nie. Maar dan moet ons minstens probeer om ons omgewing só te omskep en ons maatskappy só te verander dat daar plek vir almal is, vrye burgers in 'n vry land. Juis dit is in Suid-Afrika vandag al hoe minder die geval. En juis hierdie bankrottoestand van sake gaan deur vandag se geslag van uitgroeisels verander, of desnoods omver gegooi word, al sê die hoëpriesters van bloed en stam en geloof nou ook wat.

In u uitgawe van 9 Junie probeer die here Schoonees, Weiss en Vorster op 'n negatiewe wyse bepaal wat ons kultuur nie óók mag wees nie.

HluIle mors hul kosbare tyd. Mens vra jou eerstens af wie hulle daartoe gemagtig het om hier en nou te kom sê wat ons (die jong Suid-Afrikaners) mag droom en ondersoek en aandurf en weeg en dink, en nie.

En tweedens wonder mens watter Afrikaanse letterkunde hulle nou so danig beskerm. Begin ons Afrikaanse romankuns dan nie eers by Leroux se “Een vir Azazel”, Brink se “Die Ambassadeur” en Rabie se “Mens-Alleen” nie? Probeer hierdie Jeremias nie net die geboorte van 'n Afrikaanse letterkunde - en uiteindelik hopelik van ’n Suid-Afrikaanse kultuur - in die kiem smoor nie?

By die lees van die       vermelde artikels was ek getref deur drie reaksies.

Eers wou ek lag toe ek daaraan dink daar by ons, in 1967, nog soveei stof opgeskop kan word oor sogenaamde dekadensie. Dit na Hitler se tragiese pogings om die “dekadente" kunstenaars van sy tyd (Klee, Picasso, NoIde en al die ander soortelykes) vir ewig te verban uit sy ewige ryk. Dlt na Kroestjoff se gefrustreerde gebral teen “moderne strominge” van enkele jare gelede. Dit tydens Mao se “kulturele rewolusie".

Want dr. Vorster het vergeet om melding te maak van een broertjie: die kleurlose broertjie van totalitarisme, neo-fascisme, “suiwering”, inkwisisie, sameperking en inperking. Hy is die gevaarlikste broertjie van hulle almal. Gewoonlik verstik hierdie broertjie gewoonlik in sy eie vernouing, hoewel by die aaklige gewoonte het om deur die eeue altyd weer sy kop uit te steek In ’n ander vermomming. Selfs in die verligte Europa van vandig is hy soms nog bale op sy stukke.

Die arme Alexander Solzhenitsien - selfs in die awendlande word hy aanvaar as een van Rusland se beste huidige romanskrywers - kla onlangs in ’n brief aan die skrywers wat die vierde Kongres van Sowjet-skrywers sou bywoon (dit was hom nie gegun om openlik sy saak te stel nie). “Ons skrywers word die reg ontsê om hulle veronderstellings betreffende die moraliteit en die gemeenskap te lug, om hul siening van sosiale probleme te gee of van die geskiedkundige ondervindinge wat ons land ondergaan het. Geskrifte wat die volwasse gewone verstand sou kon uitdruk om so 'n aktuele en heilsame invloed uit te oefen op die gebied van die intellek of die ontwikkeling van die sosiale gewete word verban, of vermink deur die sensor vir kleinlike, selfsugtige en kortsigtige redes.
Die letterkunde kan nie ontwikkel binne die bestek van ,dit sal of sal nie deug nie', ‘of jy mag hieroor skryf, maar nie daaroor nie'. Literatuur wat nie uiting aan die moderne gemeenskap gee of wat dit nie durf om vir die gemeenskap te vertel van sy pyn en besorgdheid en wat nie betyds kan waarsku teen dreigende morele en sosiale gevare nie, verdien dit nie om bekend te staan as letterkunde nie, maar slegs as skoonheidsmiddels. So 'n letterkunde verbeur die respek van die volk. Sy ultgawes is nie daar om gelees te word nie, maar toegesê aan die vullishoop."

Klink dit nie alles baie bekend nie? Is dit waarom die werke van Suld-Afrikaanse skrywers (nie eens politici nie!) soos Mphahlele, Nkosi, Themba, La Guma, Modisane et al onlangs verban is sonder enige verhoor of verduideliking? En waar was die kampvegters vir ons kulturele waardes toe? Is dit die Christelike beginsels wat ons bepleit? Mens sou werklik kon lag as jou hart nie so benoud was nie.

En my tweede reaksie was een van bejammering - ja, ook van selfbejammering. Moet ons almal daar verby? Daar word mos gesê dat die vyeboom aan sy vrug geken gaan word. Moet ons ook oud word, só word, ook so gaan probeer „walgooi"? So behóú soos net die dood sy uitgediende stof bewaar? En dan nog verward te klap na die windmeulens van “vloekwoorde" en verdraaide opvattings van “liberaliste" en hopeloos gebrekkige kennis van „Dadaiste”?

Waarom help hierdie wysgere nie liewer die Afrikaanse letterkunde nie? Waarom probeer hulle nie liewer verseker dat daar iets van Afrikaans gaan voortbestaan in môre se Suld-Afrika deur ons skrywers aan te moedig om nou te skep nie?

Want dit was my derde reaksie: ons jong skrywers verwerp deur die bank alle bekrompe waardetjies wat ons gaan verhinder om ’n Suid-Afrika te skep waar almal sal kan leef; dat my taal en kultuur alleen in hierdie land sal bly voortbestaan as ek deur kan dring tot waardes wat my aanvaarbaar vir my mede-burgers sal maak, nie net vir 'n ingroeiende aparte minderheid nie; ’n land waar ek ewe trots sal kan wees op my blanke en bruin voorouers.

Suid-Afrika behoort, so ver dit die nabye toekoms betref, aan ons jongeres en ons gaan die land bewoonbaar maak, nuut en skoon vir ons almal. Niks of niemand kan dit verhoed nie.

Dis dalk ’n bitter besef, maar as al die jong skrywers van belang u waardes verwerp, is dit nie daarom ’n refleksie op u waardes nie? Onthou: óns is reeds vandag se samelewing - en veral môre s’n.

BREYTEN BREYTENBACH, Parys, Frankryk.”


Tot sover die aanhaling.

Bly net kalm.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Nog steeds
Alles wat hy toe gese het bly van toepassing op enige staat van vandag. Wat ek tragies vind is dat ek, wat 'n maand na die brief geskryf was eers gebore was, eers regtig van Breyten gehoor het teen die tyd wat ek al amper uit die skool was. In Amerika praat sommiges van "dumbing down". Dis wat ons staatskool destyds was. Ek vermoed dis nie veel beter vandag nie maar ek sal nie weet nie.

Ongelukkig kan mens nie struktuur behou sonder grense nie en iewers moet mens kies wat jy as staat en opvoeder sal ondersteun en wat nie. Die vraag is net, waar trek mens die grense op so 'n manier dat die meerderheid en grootste verskeidenheid daardeur bevoordeel word want met grense word iemand altyd uitgesluit.
7 jaar 8 maande 5 dae 3 ure oud



Van liefde en so ...

deur Robelle

Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar