Rubrieke

Titel: Seer...
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek voel die vuishou teen my bors, ek stuier terug en my kop klap hard teen die muur. Ek sak teen die muur af tot op my kniee. Ek voel hoe jou vuis my borskas deurboor, en hoe jy jou hand om my hart vou. Ek voel die pyn, en hoe die spiere met warm brandpyne losskeur in my binneste... Ek sien hoe jy jou hand stadig uittrek en ek voel die skommeling van vloeistof en 'n onbeskryflike leegheid. Jy ruk jou hand uit en sien my hart in jou hand toegevou.

Ek sien die skok in jou oe en hoe jy my hart deur jou vingers laat glip en dit op die grond hop en dan doodstil lê, Dit klop nog 'n slag of twee en sien hoe die laaste bloed uit dit spuit. Stadig verloor my hart kleur tot dit vir die laaste keer klop ne doodstil bly lê in 'n plas boedrooi bloed. Stadig voel ek my kragte minder word en my liggaam begin verslap. Deur my vreesbevange oë, sien ek hoe jou wegstap met jou vorse manier, stylvol, regop en druppels bloed drup van jou vinger af en merk jou spore.

Ek voel leeg. 'n Donker swart gat is al wat oor is waar my hart was. My ribbebene is weggebuig en steek soos splinters. Ek voel hoe ek stadit vooroor val en die laaste bloed vloei in die vorm van trane uit my liggaam. Ek voel die koue klamheid van die sementvloer vir oulaas op my gesig. Wa is ek! Waarheen nou!. Hoe lank nog! Hoekom Ek! Wat het ek so verskiklik gedoen om dit te verdien! My liggaam ruk vir die laaskeer toe 'n duer toeklap.

Die stikdonker nag oorval my, ek voel hoe die laast pyn by my liggaanm uitvloei en voordag my laaste gedagtes in diepe slaap insweef.

Skierlik hoor ek die stem “ vat my hand” “vat my hand” In my deurmekaar gemoed tas ek na waar ek die stem hoor... oor en oor Vat my hand. Ek bly tas in yskoue bloed ek probeer voren toe, weer hoor ek die stem “Vat my hand”. Dan skierlik vat ek raak! Dis my hart, Ek voel die koue lewelose orgaan en klem dit vas. Ek wil dit nie weer verloor nie. Ek probeer omrol sodat ek my hart weer sy plek kan rus. Soos 'n klip wat in water val voel ek die koue hart in my lewelose liggaam. Dan voel ek die warm hande wat op my borskas gelê word. Stadig word die koue uit my liggaam verdryf, en ek voel sagte vibrasie soos bloed in my hart begin vloei. Al sterker en sterker. Ek voel hoe die laaste koue deur my tone uitgedryf word. Ek omklem my borskas en kom tot op my kniee. Ek voel 'n hand oor my hare vryf en die stem wat sê”Jy leef”. Trane van blydskap vloei openlik.. Ek Leef... Ek Leef..



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Seer.
Verskeurende, verblindende seer.Skitterend, skokkend beskryf. Absoluut en treffend anders. Meesterlik.
8 jaar 10 maande 2 dae 19 ure oud


Sjoe...ken ons nie almal daai doodgaan en weer opstaan nie...baie goed beskryf!!!
9 jaar 1 maand 3 weke 1 dag 21 ure oud


JÔ!!! Ek dink jy vat hier saam wat miljoene al gevoel het en net ene nog kon beskryf...

Bitter baie diepe seer
maar iewers kom die lewe weer...
nog 'n keer....
9 jaar 2 maande 1 week 5 dae 3 ure oud


Die inhoud van hierdie skrywer laat reg geskied aan die titel. Puik!
9 jaar 3 maande 2 dae 21 ure oud


soms is mens lewend dood.soms vir te lank.
tot mens weer leef.
weer kan asemhaal.
weer kan sien en hoor en ruik.
weer sonder angs kan gaan slaap.en sonder angs kan opstaan.
haal diep asem.
en leef elke oomblik.elke dag.
9 jaar 3 maande 1 week 3 dae oud


Wow ...! Ek is skoon uitasem! MESS, jy het hierdie pynlike situasie so metafories mooi beskryf dat dit voel asof mens self daar is om dit te beleef! Ek verstaan hierdie situasie so goed en jy het dit op 'n besonders anderste manier op die tafel kom sit. Groot waardering hiervoor!
9 jaar 3 maande 1 week 4 dae 18 ure oud


"hectic"....jy moet verhalend skryf!
9 jaar 4 maande 1 dag 2 ure oud


Seer...
Effe anders, maar baie goed!
9 jaar 8 maande 3 dae 22 ure oud


skitterend! ek sien daardie doodgaan en voel weer die nuwe lewe deur omgee.
a.
9 jaar 8 maande 4 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar