Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liefde is een van die belangerikste dinge in ons lewens wat die meeste tyd opvat,ek het onlangs my hart vir die eerste keer oopgemaak teenoor 'n mansmens en ek het lief geraak vir hom. Nou onttrek hy homself van my en ek kan dit sien, tog as ek hom aanvat daaroor ontken hy dit. Dom genoeg bly ek in die verhouding, dit is my inspirasie op die oomblik. Vandag toe gaan sit ek mooi en dink oor die pyn wat gaan kom die dag as hy my los en toe kom ek agter daardie seer is seer van genade. Hoeveel van ons bly vasklou aan die geluk van die verlede en probeer die pyn van die hede daarmee uitdoof. Vergeet van wat was en fokus op wat is. Geen persoon verdien dit om tweede keuse te wees of om hulle geluk op te offer nie. SOmmige sal vra as ek so nugter daaraan dink, hoekom kom ek nie nou daaruit voordat my hart geheel en al verhard teenoor mans, wel want ek se nou al vir jare ek wil daardie pyn ervaar. Elke ding in die lewe gebeur met 'n doel en pyn is net deel daarvan. Elke greintjie seer is daar vir 'n doel. Ons moet net in die oomblik van 'n verbrokkelde verhouding besef dit is vir die beste. Moenie terug gaan op die ou pad nie, daardie seer was vir 'n doel maar dis verby. Moenie vashou aan wat was nie. Mense maak oor die algemeen lee beloftes in verhoudings. Sommiges bly daarby ander gebruik die regte woorde om jou hart te steel en dit dan in vlenters te trap. Op die oomblik wag ek vir die dag wat my hart in vlenters getrap gaan word maar dit sal seer van genade wees. Seer waaruit jy kan leer is vir 'n goeie doel. Moet nooit jou trots sluk of jouself minderwaardig hou om 'n ander tevrede te stel nie. Jou geluk is net so belangerik soos die ander persoon s'n. Herontdek die ongelooflike persoon in jou hart wat God gemaak het want daardie persoon gaan nog beeldskone oomblikke in die lewe ervaar. Liefde sal kom wanneer dit reg is.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar