Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As daar nou iets is wat my recto-sigmoid Shpincter ‘n paraliserende prolaps gee is dit hoogdrawende berekenende venyn verdoesel met self toegekende gelegitimeerde antagonisme jeens “jonger” dus minder ervare skrywers/digters/sangers. Indien ‘n kunstenaar so groot in sy/haar eie oë geword het dat fyn “bytjies” met ‘n smile aangebied word, is dit ‘n teken van ‘n gat in die mondering. Assertories van pansofie en egotisme. ‘n Leeu voel tog nie bedreig deur ‘n muis nie? Dit is dan wanneer my anale sphincter totaal en al ook ‘n gat in sy mondering kry. Kom ons wees nederig, erkentlik en gun elke kunstenaar sy unieke plekkie onder die son. Elkeen wat die pen opneem, of hulle werk volgens jou opinie goed of minder goed is, gee hulle erkenning vir die poging. Aansporing is mos positiewe motivering dan nie? Die passie om te skryf kom meesal uit eie pyn en/of ervaring van ‘n kreatiewe mens. Dit kan ontvlugtig van die werklikheid of genesing van ‘n eina menswees en siel wees. Elke werk is uniek al is die poëtika of skryfstyl nie altyd taalkundig korrek soos voorgeskryf nie…… algaande leert men! Wat dan ookal die inspirasie vir skryf of dig of sing is, dit is elke sterfling se eie saak. Dit is die eienskap van erkentlikheid wat van ‘n werklik kunstenaar, ‘n GROOT en gerespekteerde kunstenaar maak.

Ten slotte, die afgryslike groot Afrikaanse woorde soos hierbo gebruik, beïndruk niemand nie. Raakskryf en ‘n boodskap oordra, dit is die belangrikste eienskap van enige geskrewe werk. Jou lesers moet met jou werk kan identifiseer om dit te kan waardeer.

Kunstenaars, praat asseblief die taal van die hart! uit die hart! eerlik en sonder pretensie, dan lief ek jou!!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kommentaar
Dankie vir die lees en kommentaar, dit was met verwysing na abnormale hoogdrawende Afrikaans - was darem nie as kritiek bedoel nie - bloot 'n opinie. Nogtans dankie vir jou tyd ek waardeer alle insette. Groetnis
5 jaar 6 maande 1 week 3 dae 2 ure oud


Kommentaar
Jy vra dat almal mekaar moet respekteer, maar in dieselfde asem loods jy sterk kritiek teen diegene wat akademiese terme gebruik. Vreemd.
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 15 ure oud


Z
Dit is soos jy sê. Prof Ian Raper het tydens een van die skryfskole wat ek bygewoon het, gesê:"Skryf soos jy praat"
6 jaar 9 maande 12 ure oud


SKRYWERS/DIGTERS - WAAROM DIE VENYN


Raakgevat en selfs vir ons dommies oortuigend!
7 jaar 1 maand 4 weke 1 dag 23 ure oud


Venyn
Ditsem!
7 jaar 6 maande 3 weke 20 ure oud


Venyn
Hoor! Hoor! Staande applous vir jou!!! :D
7 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 13 ure oud


Skryf trek jou kaal uit
Om te skryf en jou werk voor ander te plaas is om nakend voor ander te staan. Jy ontbloot byna alles. Dit vat "guts" maak nie saak wie of wat jy is nie. As mense ander se werk met so siening kan benader en eerlik daaroor 'n mening lig stem ek saam solank dit nie die skrywer verneder nie. Ons taal het mense nodig wat dit skryf en lees. As ons mense gaan bang maak om te skryf gaan ons help om ons taal te versmoor.
7 jaar 6 maande 3 weke 2 dae 11 ure oud


Dankie
AMEN!
7 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 5 ure oud


***
Ek stem. Dankie vir die rubriek. Mens moet mense reghelp sonder om die persoon aan te val, of sy werk te probeer verander soos jy van dit sou gehou het.
7 jaar 6 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud


*
Ek stem saam met wat ek hier onder lees. As 'n mens aanvanklik begin plaas en jy is onervare, vat dit baie "guts" van jou om jouself op so 'n manier uit te gee. Algaande raak dit makliker met ander se aanmoediging. As ek nie beindruk is met 'n skryfstuk nie, lewer ek ook doodgewoon nie kommentaar nie, maar lees wel daardie persoon se werk oor 'n ruk weer en vind dan meeste van die tyd dat daar 'n verbetering en groei is.
7 jaar 6 maande 3 weke 5 dae 18 ure oud


***
Stem saam!
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae oud


Venyn
Dankie Vonnie, ek hou van jou "hartsuitdrukking" dit is pragtig beskrywend.....
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 2 ure oud


Uniek
Ek stem sooo saam met jou! Elke skrywer is uniek en skryf baie keer uit eie ervaring en seer en daarom kan niemand anders jou hartsuitdrukking naboots nie.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


Vernyn / Venyn
Dankie Elize vir die spelling korreksie, ons Suidwesters is lief om die woord venyn, in die spreektaal as vernyn uit te spreek, klink net sterker maar het dit reggemaak. Dankie vir almal se insette.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 3 ure oud


***
Wat jy sê is waar. Ons moet mekaar liewer positief ondersteun en aanmoedig. Indien mens gereeld hier op woes lees, sal jy gou agterkom hoe nuwe skrywers se werk algaande verbeter.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Ek dog...
Ek dog eers jy spog met jou woordeskat en mediese kennis! Toe eers snap ek waaroor dit gaan.

As ek nie van iemand se werk hou nie, lewer ek doodgewoon nie kommentaar nie en lees dit nie weer nie - dis maar die veiligste.

(Venyn het nie 'n r in nie - en dis nou nie venynig bedoel nie, hoor.)

7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 10 ure oud


Vernyn
So 'n bek moet sommer 'n hele pot jam kry!! Gelukkig het dit nog nie hier met my gebeur nie. Ek het nog altyd net aansporing en opbouende kritiek op my poginkies gekry.
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 11 ure oud


Venyn...
Ek wens jy het hierdie stuk so ongeveer twee jaar gelede geskryf en op Woes gepubliseer. . . Toe was nie slegs hulle werk beledig nie, maar die digters soms byna by name aangeval! Woes se "Donker Middel(matige)eeue" . . .
7 jaar 6 maande 3 weke 6 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar