Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In vandag se onversadigde digterswêreld is simplistiese kreatiewe styl al meer in aanvraag. Minimalistiese gedigte bied soms nie altyd ʼn konstante verfrissende vloei van woorde, ritme en boodskap nie.

Deur die eeue skryf digters bondige gedigte met inspirerende gevoelens. Die 20ste eeu se digters skep ʼn nuwe konsep en ʼn styl in vandag se kuns wêreld wat al hoe meer veld wen. Kunstige woord skilders praat en skryf in al hoe meer geminimaliseerde taal. Alles hang af van die hoë eenvoud en gebruik van minimale woorde van komposisionele komponente soos lettergrepe, kleur, metafore en beeldspraak.

Die doel van die kwatryn, of versdeel, is om ʼn boodskap of ʼn konsep oor te dra. Dit moet ʼn dawerende emosionele reaksie uitlok, of verskeie visuele ervarings skep. Die komposisionele elemente moet tot ʼn minimum gehou word. Die een wat oorbly moet noodsaaklik wees vir die ontroering van die algehele idee, of simboliek van die gedig.

Soos met enige stylvolle kwatryn is dit gebaseer op eenvoud en het sy eie emosies en uitdagings. Die digter fokus en beperk hom net tot ʼn aantal voorwerpe en elemente wanneer hy die woorde skep vir ʼn nuwe samestelling van sinsnedes. Bondigheid forseer hom om die wêreld anders te sien, hy kyk na elke uitdaging en werp sy blik na die verborge geleenthede wat nie so voor-die-handliggend is nie.

Een; Werp jou blik.
Daar’s legio geleenthede orals rondom ʼn mens om ʼn kwatryn te skryf. Maar dit is alte maklik om te vergeet om die oë oop te hou vir daardie geleentheid. Leer om anders te dink, kyk vir verborge geleenthede dis die eerste stap in die regte rigting met pen en papier in die hand vir daardie unieke geleenthede.

Twee; Hou dit bondig.
Wanneer dit kom by kwatryn of kompakte gedigte, probeer om net te bly by wat in die gedagtes is en hoeveel inligting weggeneem kan word van ʼn goeie samestelling, voordat die gedig sy impak verloor. Onthou om dit eenvoudig en smaakvol te hou. Hoe meer metafore uitstaan en die oog vang, hoe beter. Jou doel is om net die nodige boodskap aan die leser oor te dra sonder om die harmonieuse impak uit te sluit.

Drie; Skep ʼn sterk Komposisie.
Kwatryne berus op eenvoudige komposisies, maar dit beteken nie dat dit vervelig moet wees en ʼn baie klein ruimte skep vir kreatiwiteit nie. Kreatiwiteit is die toepassing van die konsep en uitdagings, dit hou al die steurende en onnodige woorde uit die kwatryn, sodat al die aandag na die boodskap gerig is en vereis vlymskerp sinsnedes.

Vier; Gevoel.
In digkuns, is dit nie ʼn algemene komposisietegniek wat gebruik word om die leser in te trek. Poog om ʼn gevoel van emosie te skep van heimweë óf verdriet, om diepte of afstand oor te dra. Vlymskerp woorde speel ʼn belangrike rol in baie kwatryn komposisies. Sinsnedes kan isolasie, vaarwel, liefde, afstand en die nabyheid van aangetrokkenheid weerspieël.

Vyf; Ritme.
Ritme en harmonie is baie belangrik. Omarmde rym, kruisrym, binnerym, vrye rym is ʼn paar voorbeelde in die digterswêreld.

Ses; Antitese.
Teenstelling is een van die belangrikste eienskappe wanneer dit kom by kwatrym om emosionele reaksie te ontlok. Kontrasterende ligskakerings, verraad, kontoere, liefde, of selfs kontrasterende idees is effektiewe maniere om komposisionele spanning wat die leser se aandag aangryp en om ʼn kragtige boodskap oor te dra.

Sewe; Positiewe en negatiewe materie.
Positiewe en negatiewe gevoelens bied baie ruimte in die digterswêreld en dis waardevolle skrywersstof. Die invalshoek van ʼn digter is die gebruik maak van smaakvolle woorde. Ander gebruik minder smaakvolle woorde sonder om die gedig te kelder. Maak gebruik van; verdriet, liefde, heimweë en vele ander emosies as ʼn vereenvoudigde agtergrond.

Agt; Aangetrokkenheid.
Maak gebruik van goeie skrywersstof wat onontgin lê en wag vir die regte digter. Die doel is om ʼn beeld te skep wat die leser vasvang in sy eie gedagtes.

Nege; Vertel ʼn storie.
Met die volgende onvergeetlike reis, vat en bewapen jou met pen en papier. Kyk vir geleenthede om ʼn eenvoudige en kragtige kwatryn neer te pen. Leer om te kyk vir verborge skatte in die natuur en vir geleenthede waar ander niks sal vind. Dis ʼn opwindende uitdaging sonder grense.

Daag jouself uit en moenie bang wees om nuwe idees te probeer vasvang nie. Kwatryn is ʼn baie subjektiewe styl, oop vir interpretasie, so moenie bekommerd wees as ander nie dinge presies sien soos jy dit sien nie. Onthou om te onthou om te geniet dit wat ander nie kan sien nie, dit is leersaam met baie skurwe kurwes en hope pret wat daar lê en wag.

Tien; Balans.
Wat baie nie geweet het nie, is dat daar iets verskuil lê wat ontdek moet word. Stop om selfbejammering en vernuftigheidsreëls as beperkings te plaas. Sien die onbekende wandelpaaie as deure na nuwe horisonne en vlakke van kreatiwiteit. Moenie reëls volg net ter wille van die gewete en die daaropvolgende reëls nie. Stel doelwitte vir jouself en laat die kreatiwiteit reëls jou help om te bereik waaroor jy so baie al gedroom het.

12/10/2015 om 22h22.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

SS & P
Kosbare inligting! Ja ek stem met Corina saam oor Vic se puik kwatryne.
3 jaar 8 maande 3 dae 10 ure oud


Skurw kurwes
Dankie vir die insetsel Arnold. Ons ongepoetsde stene kan beslis baavind hierby.

3 jaar 8 maande 4 dae 13 ure oud


SKURWE KURWES EN PRET
Dankie Arnold, Meeste van ons kan hierby baatvind.. Dit verg nogal perspirasie soms om by die pret uit te kom!
3 jaar 8 maande 1 week 5 ure oud


Kwartryn
En ons het 'n uitstekende skrywer/digter hier op Woes wat net weet hóé . . . Vic Viviers!
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 12 ure oud


Pret
baie goeie wenke wat jy hier deel
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


Kurwes
Dankie vir die lekker lees en lekker lag.
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 17 ure oud


skurwe kurwes
Baie dankie! Het heeltyddeur geglimlag toe ek hierdie lees.. want dit IS hope pret! Ek glo jou skrywe sal digters inspireer (en ook lei) om te floreer :)
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 18 ure oud


Skurwe kurwes
Baie dankie vir die deel van die inligting.
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


Skurwe kurwes en hope pret.


Insiggewend interessant! Baie dankie vir jou moeite. Ek is seker talle Woesters sal hierby vele leer!
3 jaar 8 maande 1 week 1 dag 22 ure oud


pret
ek is nie n digter nie maar dfankie Arnold vir al hierdie wenke
3 jaar 8 maande 1 week 2 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Toe Snoeks nog Snoekie was

deur Manie Jackson

“Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar