Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

vanaand herinner iemand my weer daaran hoe spesiaal 'n drukkie kan wees. dat dit als op daardie spesifieke oomblik net eenvoudig fix... en ek kyk na my twee wonderwerkies, en ek besef opnuut hoe absoluut geseënd en bevoorreg ek is.

hul ogies - so onskuldig
hul liefde - so opreg en onvoorwaardelik
hul handjies - wat alewig vingerafdrukkies oral agterlaat
... en hul drukkies wat my so mildelik van krag en hoop voorsien.

ek wens ek kan vir hul in woorde omsit hoe ongelooflik jammer ek is vir die seer wat ek in hul hartjies geplaas het / steeds plaas, deur hul op my eie te wil grootmaak. ek hoop maar, diep in my hart, dat hul eendag sal verstaan waarom ek dit moes doen...

.. alles selgs om op die langtermyn vir hulle die beste te kan gee.
.. alles slegs vir hulle, my prinsessies.

as hul maar net kon weet deur hoeveel hul my dra! DANKIE MY GOD!!

(en ek laat sak my kop in skaamte dat ek soms so ondankbaar en negatief kan wees!)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kleenex..... yna ;-(
10 jaar 10 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Ek glo dat daardie twee diep in jou oë kan kyk en weet dat hul die beste het... en met 'n stywe druk weet jy, dis goed so.

Jy doen die beste wat jy het, en dis presies wat Hy van jou vra. As jy na hul kyk dan weet jy, want jy kan sien hoe reg jy eintlik gemaak het. Ek gaan jou 'n stukkie uit my boek aanhaal:

Mens wonder hoe ons dit moet doen?
Doen ons dit reg?
Volg ons die regte reëls?
Is daar reëls?
Dan kyk jy in die oë van jou kind en jy weet
God het 'n plan gehad.
Hy het geweet wat Hy doen.
Hy het jou in hierdie vorm gemaak sodat Jy jou kind soos 'n handskoen pas
Want daar is net een soos jy
en jy kan met trots en vuur erken:
Ek is my mooi kind se ma
God het my daai titel gegee
En dis goed

xxx
11 jaar 7 maande 1 dag 14 ure oud


drukkies
dis altyd vir my verbasend as die kinders, in alle onskuld, na jou aangehardloop kom en jou vasdruk en aangryp asof jy die hele wereld se probleme kan oplos, en dan ook dat jy in daardie oomblik dit vir hulle wil doen.

ons almal het soveel om voor dankbaar te wees - want in die kinders se oë sien ons, ons geloof, ons spirit en ons self, soos baie jare voorheen.
11 jaar 7 maande 2 dae 13 ure oud


Drukkies
Dankie vir jou pragtige, opregte happie. Geniet jou prinsessies. Ek is seker hul waardeer jou opofferings.
11 jaar 7 maande 2 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

IN DIE AANSLAG OP DIE KLEUR VAN ONS VELLE VAL ONS BLOED OP DIE GROND

deur http://www.woes.co.za/

FIKTIEWE VERHAAL WAT DIE ONGELYKHEDE VAN ONS VERLEDE EN HEDE BLOOTLê.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar