Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die Vliegtuig lyk enorm van buite en verbasend klein van binne. Passasiers lyk ontspanne, maar ek gewaar tog so hier en daar ‘n paar geklemde hande en voel nie alleen as ek my sitplek inneem nie. Ek is die laaste passasier wat aan boord kom. Die deur word toegemaak en ‘n beklemmende gevoel maak hom meester van my.

Die sitplek is klein en ek voel vasgedruk. Kê kê kliek klak, kerm die vlugkelner se instruksies in my ore, ek horende doof. Die woorde gaan verlore in my soeke na ‘n valskerm. Sonder die ding, staar die dood en ek mekaar vierkantig in die oë. Ek krap angstig in die sakkie voor my, breek in die proses ‘n vingernael morsaf. Nou waar is die valskerm? Ek sak terug in die sitplek en probeer normaal asem haal. Wonder of dit hiperventilasie of voortekens van ‘n hartaanval is. My oog vang die vlerke uit die multi-fokale gedeelte van my bril, die swaar gelaaide vlerke van die vliegtuig trek skeef. Hoe gaan hierdie swaar stuk ystervoël vandag die lug in kom met skewe vlerke, volgelaai met hoogs plofbare oktaan brandstof? Wat duiwel het my besiel om in die vliegtuig te klim. Hoogtevrees, engtevrees en paniek ruk prentjies van vliegtuig ongelukke in helder beelde voor my geestesoog op. Om alles te kroon is my sitplek nog langs of is dit nou bo-op, die regter vlerk. ‘n Vlieënde bom , sweet stroom my af en speldjies prik my vingers en tone. Mond kurkdroog.

Die yster gedierte sidder en beef, turbines loei en hy begin stadig langs die aanloopbaan af te beweeg, draai om, stop. Nie te sleg nie. Die volgende oomblik skreeu die turbines, tel die vliegtuig spoed op, vinniger en vinniger, Toe wil ek uit! Is die vlieënier besete om so te jaag? Die ystervoël lig, en met die opstyg word ek agteroor gepen. Dit is hier waar ek die oorblywende nege naels in my mede passasier se bo-arm inslaan. Die stomme man is heel duidelik net soos ek, op sy eerste vlug. Toe ek hom vasgryp, gee hy ‘n onaardse brul. Of dit nou van pyn of skok of vrees was weet ek nie, sy kop kantel skuins en bly hang. Ek vermoed die oorsaak was moontlik oopstyg-floute.

Groot is die verligting toe die vliegtuig die regte hoogte bereik en almal weer regop sit. Middagete en verversings word aangebied. Ek is nie in staat om te sluk nie, fokus op die soek na my valskerm wat iewers moet wees, vertrou nog steeds nie die vrede nie. My mede passasier is darem weer by sy volle positiewe, bestel wit om die kiewe, sommer twee “kalmeermiddeltjies”. Ek neem my kans waar en vra: “Ag kan iemand tog help, ek soek my valskerm” Die vliegtuig besluit net daar om so effe te stamp, toe wil-wil buurman weer sy kop kant toe gooi. Dadelik word hand bygesit deur die kajuit bemanning, my vraag oor die valskerm val op dowe ore. Ek sien die mense kyk my so half snaaks aan en besluit om liewer oë toe te maak, vas te skop en te bid, al genade in die benarde posisie waarin ek verkeer. My kake pyn van tande vasbyt teen die slag wat gaan kom my denke oorheers deur die plek waar valskerms in ‘n vliegtuig gebêre word. Grond toe gaan, sonder ‘n valskerm is vandag my voorland, my straf omdat ek laaste aan boord gekom het.

Tieng Tieng word daar na ‘n ewigheid, aangekondig dat ons gereed moet maak vir landing asook dat die veiligheidsgordels vasgemaak moet word. My gordel is nie tydens die vlug losgemaak nie, net stywer getrek, my bloedsomloop feitlik tot stilstand. Ek het hartkloppings, my buurman is grys in die gesig, lyk nog slegter na die “dubbele kalmeermiddel”. Toe kom die laaste strooi wat die kameel se rug breek. Met die daling gaan ons deur die wolkbasis en tref turbulensie. Met die wip en skuins rol van die vliegtuig, is ons altwee oortuig die ystervoël se einde het aangebreek en ons gaan saam! ’n Donderende geluid kom van onder af, die turbines begin skreeu, die brullende stuk yster beur na onder, op pad graf toe. Ek skreeu: “Valskerm, waar is die valskerms ons moet spring”. Dit was net een te veel vir die buurman, Sy kop val met ‘n slag teen my skouer, uit soos ‘n kers. Die skok van die slag teen my skouer bevestig my vermoede, dit is die einde. Wagtend vir die dood-slag, val ek vorentoe. Ek weet nie of dit die ”medisyne” is wat finale spyker in die amper doodskis gehelp slaan het en of my stem bygedra het tot my buurman se genadiglike beswyming nie, maar hy kom eers by toe die vliegtuig tot stilstand kom

Ingehaak het ons twee mekaar bewerig en verleë ondersteun tot by die terminus en half verdwaas gegroet. Van sy eerste vlug se opstyg en landing sou hy nie kon oorvertel nie, speurders praat in alle geval nie uit nie – hy was in liggaam daar maar in gees nie by nie. Van my valskerm soek word ook agterna nie ‘n woord gerep toe ek laggenderwys deur die lugwaardin meegedeel word dat daar nie uit ‘n passasiers vliegtuig valskerm spronge gedoen kan word nie.

Ek moet erken, dat ek darem nog steeds, vir die wis en die onwis, veiliger sal voel met die “lug sambreeltjie” agter op my rug vasgemaak!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek het
hierdie sommer nou baie geniet! Ja-nee,mens probeer jou maar soms dapper hou en tog sal daai 'effense' senuwees seker nooit weggaan nie!
7 jaar 11 maande 1 week 6 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar