Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die nuwe jaar is al weer in volle swang. Die meeste huise se Kersversierings is afgehaal en weggepak en van die Nuwejaarsvoornemens wat gemaak is, is waarskynlik alreeds ‘n paar nie nagekom nie.

Winkels se Kersfeesaanbiedinge het plekgemaak vir skoolaktiwiteite. Ma’s drom saam om dieselfde items as die vorige jare te koop – tasse, skryfbehoeftes, oortrekpapier, dagboeke …

Van die kleingoed is vir die eerste keer skool toe. Van die leerlinge het van skole verwissel. Sommige matrikulante se senuwees, oftewel – hulle ouers se senuwees, begin pla.

Alhoewel die aanbreek van ‘n nuwe jaar die begin van nuwe dinge vir baie mense versinnebeeld, is almal nie ewe opgewonde daaroor nie. Vir sommige mense loop ‘n kalenderjaar in ‘n reguit lyn – met ‘n groot gaping tussen oujaar en nuwejaar. Vir ander mense loop ‘n kalenderjaar in ‘n sirkel – waar daar nie regtig tussen oujaar en nuwejaar onderskei word nie.

Diegene wat verlof gehad het is nie altyd ewe entoesiasties om terug te gaan werk toe nie. Skoliere is nie altyd ewe gretig om terug te gaan skool toe nie.

Nog voordat ons mooi weet wat ons getref het en hoeveel daar nog is om te doen, gaan die eerste kwartaal in ‘n oogwink verby wees. Alles het sy lê gekry. Alles en almal is terug in roetine. Amper asof daar nooit ‘n lang Somervakansie of ‘n oujaar of ‘n nuwejaar was nie.

En met die aanbreek van die eerste skoolvakansie in die nuwe jaar begin tekens van seisoensverandering verskyn. Vinniger as wat ons besef gaan dit die middel van die jaar wees. Daarna is dit afdraende oujaar se kant toe.

Dan begin ons weer voor. Soos hamsters op hulle wieletjies.

Laat ons probeer om elke jaar te gebruik vir wat dit werklik is – 365 geleenthede tot ons beskikking.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mooi so, mooi so
Dis 'n goeie voorneme: Om 365 (in hierdie geval 366) dae voluit te geniet, te verwend, te gebruik...
By ons is die nuwe skooljaar in Julie/Augustus, afhanklik van Bundesland (provinsie), en dus is die nuwe winkelvensteruitstellingsmodeverskyning alreeds Paasfees.
Dit word beweer dat die aluminiumfoelie van die krismisvadertjies afgetrek word en die foelie met paashaasprent op die ou sjokolade gekleef. In die voedselbedryf word dit heftig bestry.
Tja.
GvT
4 jaar 10 maande 1 week 6 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar