Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So met my gesoekery na 'n lekker tema vir Forum se Februarie-maand kompetisie het ek op hierdie bydrae afgekom daar by "Klip in die bos" se webwerf waar Klippie melding maak van "die (blou) aapstuipe kry" en nog 'n hele rits ander oulike spreekwoorde en idiome. -- AKB

**

Die môrestond het goud in die mond, het my ma ons altyd aan herinner want sy was al dou voor dag aan die gang. Laatslaap was nie in haar woordeskat nie. Geleenthede moes benut word sodra daar ’n kans was om iets nuuts aan te pak. Sy het ons gemaan om nie te sloer nie want, soos sy gesê het, tussen die vurk en die mond val die pap op die grond. Sy het ons ook gewaarsku om veral nie dinge vooruit te loop nie. Wag totdat wat ook al gebeur want ons moes nie die biltong begin sny voordat die bees geslag is nie.

Die stories wat pa aan haar opgedis het was soos ’n paal bo water, hy sou nooit jok nie. Intussen het pa, wat ’n groot platjie was, haar kop vol nonsens geprop. Hy kon ’n storie so opdis dat dit baie waar geklink het. Ons was natuurlik bewus van pa se kwajongstreke, maar hy het haar soms lekker aan die neus gelei, juis omdat sy so goedgelowig was.

Sy het ook geglo dat ou koeie nie weer uit die sloot gegrawe moes word om in rusies te gebruik nie. Wat verby was, was verby. Wat sou dit in elk geval help om met klippe te gooi as jyself ook maar in ’n glashuis bly? Niemand van ons is immers sonder sonde en tekortkomings nie.

As iemand jou te na gekom het en jy maar baie mismoedig gevoel het, het sy altyd getroos met die woorde: ”Toemaar, boontjie kry sy loontjie.”

As jy gevoel het asof jy maar altyd aan die agterspeen suig, was haar trooswoorde aan jou: “Wie die laaste lag, lag die lekkerste.” Op daardie oomblik kon jy natuurlik glad nie die goue rand aan die donker wolk sien nie en het jy gevoel asof jy die blou aapstuipe kon kry en ’n behoorlike tantrum kon gooi want alles wat jy probeer het, het vir jou na ’n misoes gelyk.

Haar gesegde: “Jy moet skep as dit pap reën”, met ander woorde, jy moet gebruik maak van die geleenthede wat na jou toe kom, is baie waar, veral in ons tyd waar werk maar skaars is.

Hoe meer dae, hoe meer dinge. Al die nuwe reëls en regulasies wat vir jou onnodig voel, maar onthou die woord van die owerhede is wet. Baie mense sê ewe ons kla met die witbrood onder die arm. Dit help nie eens om iemand heuning om die mond te smeer of mooi broodjies te bak nie. Pak maar die bul by die horings en doen wat jy moet doen. As moeilikheid blou in die blom staan en jy voel asof jou wêreld rondom jou vergaan, raap en skraap maar jou moed bymekaar en gebruik ’n oulap se rooi om jou dag om te tower in iets besonders. Sing tot die biesies bewe en dans ’n kotteljons dan voel jy sommer stukke beter.

Vir my het spreekwoorde n groot bekoring en besef ek ons Afrikaanse taal is darem 'n groot skat wat mense nie altyd ten volle benut nie.

**



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Spreek woorde
Ahhh lekkerrrrrr gelees!
6 jaar 8 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Spreekwoorde - “Waar die klip tref, spring iets dalk uit”


Deur spreekwoorde lewe 'n taal het 'n ou onnie ons geleer en ons het geluister, want as die skoot klap en die jakkals tjank, het hy geweet hy't raak gekorrel...
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Spreekwoorde
Ja! Iets wat ons baie gehoor het as kinders maar vandag glad nie meer van hoor nie. Goed om weer 'n slag die ou spreekwoorde te kon hoor
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 1 uur oud


Spreekwoorde
Ek stem mens kan jou nou behoorlik uitdruk in "Afrikaans" ...
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 6 ure oud


spreekwoorde
dit was nou sommer lekker om al ons afrikaanse idiome hier raak te lees!!! soos Corina se.. jyt n hond uit die bos geskryf!!!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 8 ure oud


+++
Nou het jy darem 'n hond uit 'n bos uit vertel met hierdie klomp idiome. Lekker! Maar jammer dat lekker net vingerlank is...ai!
6 jaar 8 maande 3 weke 6 dae 16 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar