Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Baie keer verklein ons die wêreld waarin ons leef tot ons eie klein kringetjie, as gevolg van seerkry en verwerping wat ons te beurt val in ons lewensreis. Jy begin eers deur jou stadig maar seker te onttrek van vriende en later ook van jou familie. Voor jy jou oë uitvee is dit net jy, jou man (as jy getroud is) en jou kinders (as jy kinders het) of anders, as jy alleen is, dan is dit net jy! Wanneer jy water in ‘n bottel gooi en effens skud kan jy ‘n behoorlike woeste storm ontketen in daardie bottel, maar probeer ‘n bietjie om die oseaan te ‘skud’… wat se effek het dit op die wye oseaan? Geen!

Net so sal dit werk in ons elkeen se eie lewe. Wanneer jy jou eie wêreld vergroot sal jy agterkom dat dit moeiliker raak vir ander om jou lewe te skud, jy het baie meer ondersteuning as wat jy ‘storms’ het. Ja, ek weet daar is baie mense wat daarop uit is om ander se lewens so ongelukkig as moontlik te maak, maar net soos die storms op die see daar is om die oseaan skoon te maak, net so is die storms in ons eie lewens daar om ons skoon en sterker te maak. Net so is die beweging van die golwe nodig om lewe in die oseaan te verseker want, net soos wat die see doodgaan as dit sou stil staan, net so sal ons emosioneel dood gaan wanneer ons ‘stil’ word. Wanneer ons begin leer om eerder uit te reik na ander sal ons agterkom dat die lewe eintlik gemaak is om juis daar te wees vir mekaar. Ons is nie gemaak om alleen te wees nie en in hierdie konteks praat ons nie net van ‘n lewensmaat nie, maar ook van die mense rondom jou.

Ek wil elkeen uitdaag vandag om uit jou ‘bottel’ te klim en deel te word van die oseaan wat vol lewegewende beweging rustig op jou wag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

storm in n bottel
n baie groot lewensles wat jy hier weer onder ons aandag bring. Dankie vir die deel Esmarie
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


storm
Esmarie groot handeklap vir jou
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Bundel homofiliese kortkunsprosa.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar