Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Straight het soveel betekenisse in die hedendaagse lewe dat ek dink dat dit nie net tieners moet wees wat deurmekaar moet raak nie maar volwassenes ook. Jy kan straight sien as iemand wat vir die tuisspan kolf of straight hel toe as jou eks meisie jou met haar suster vang.

Maar die hartseerste straight van almal is die plastiek een. Omdat ek by die duurste bank in die wêreld is, Nedbank, is ek altyd opsoek na maniere om my bankkostes te snoei. Die opsie wat ek toe kies is om alles aan te koop met ‘n debiet kaart omdat O.T.M. kostes te veel raak.

Met my goue kaart in die hand pak ek die weeklikse inkopies aan. Ek het ‘n goue kaart gekry omdat die dame by die bank nie geweet het wat die verskil tussen silwer, goud en platinum kaarte is nie. Toe sê ek kies maar self en dis toe dat ek met die goue kaart opeindig.

Ek koop nie baie nie, kos, wegneem etes en drank. Dit is jou drie basiese voedselsgroepe en nie regtig iets waarvoor jy moet spaar soos ‘n kar nie. Maar wel elke keer as ek betaal en die kaart word aan die til dame oorhandig dan word die volgende woorde geuiter: “Straight of budget”

Hoe kan so ‘n vraag gevra word wanneer jy basiese benodigdhede koop? Nie dat drank ‘n basiese behoefte is nie maar ek het nog nooit ‘n babalaas afbetaal nie en ek glo ook nie mense moet toegelaat word om dit te doen nie.

Al betaal jy alles binne 6 maande af en jy doen jou aankope op “budget” elke maand gaan jy in elke geval jou maandelikse paaiement byderhand moet hê om die kaart te betaal en dit is jou maandelikse uitgawes op basiese behoeftes.

In my opinie moet die krediet wet aangepas word om te spesifiseer watse instansies wel dinge op “budget” mag aanvaar. Maar sekere drankwinkels sal dan seker yskaste en mikrogolf oonde aanhou net om dinge op “budget” te kan verkoop.

Andersins moet die persoon wat wel dinge soos drank op “budget” koop dalk net elke keer ‘n snotklap gegee word dat hulle kan wakker skrik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Straight of Budget
Kyk, ek dink nie dit is 'n onredelike vraag nie hoor. Dit is gewoonlik rich bitches wat kredietkaarte het, en hulle duld nie dat jy vir hulle besluit nie! Jy moet vir hulle vra, straight of budget. Kan jy nou imagine die arme cashier sit jou deal deur op straight net oor dit 'n klein bedrag is.??? Die arme cashier sal vinnig gefire word. Daar is werklik moangatte daar buite wat net wag vir so 'n geleentheid om te kan tantrum.;-)
11 jaar 7 maande 4 weke 4 ure oud


lekker gelees
en lekker gelag, en jaaaaa jy't 'n punt beet, dis lekker geskryf ook nog!
Baie geluk WW met die wonnerlike nuus, troues maak my sowaar steeds opgewonde, so, 'saam met julle bly!
12 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 2 ure oud


Straight...
Ag nee magtag Willem, hier sit ek ge-donkerbril met 'pop corn' en vang jy my weer met die titel.
Groete
Dennis
12 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 6 ure oud


Sjorrie mineer, ma wat kosj hy in die halfbrorrel.....ok ek bedoel die kwarborlel...tiek hom vi my ek bitaal jou vryrag.....shtrait!
12 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 15 ure oud


Dis 'n stryt
Ek stem saam met jou, die budget/straight vraag moet voor die voet uitgewis word. Ek was gister by my plaaslike blou en wit supermark om 'n paar inkopies vir die week te koop. R91,50 totaal. En ek kry jou werklik die vraag. Dit slaan my dronk.

Op daardie noot, moet ek bieg dat ek darem nog nie die "vraag" gekry het by 'n dopshop nie. Dit is absurd om aan 'n stywe lewer af te betaal.

Op 'n gelukkiger noot: geluk met die verlowing. Dis 'n vrou duisend wat jy daar het.
12 jaar 8 maande 2 weke 4 dae 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar