Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


     Iedere druppel reën water smaak die slegte en goeie wat die rivier sy weg baan deur eeue heen se wegkalwing van grond erosie in die aardkors na die ontsagwekkende Groot Oseaan. Op so ʼn, dat elke iedere druppel reën water op ʼn gelyk òf ongelyk water massa stroom wat om draaie en kronkels talm of verlore raak voordat dit die wye Oseaan bereik met mindere of meer golwe wat verwoedend op die rivier oewers losbars, na die Magtige Oseaan. Nog steeds in vandag se tye, hoe ontsetttend as die wind gehuil en gebulder het teen elke grashalm en boon dit heen-en-weer op die kolkende en bruisende golwe water massas geslinger word.

      Keer op keer het dit gebeur dat die wat aan boord, gesien het dat hul laaste dag gekom het, en dat diésulkes nou wanhopend die ergste in die aangesig moes staar. En hoe vele storms het losgebars op so vele klein-en-groot rotse. Niks kan gedoen word om enige iets te red, gebruik gemaak van hul plek waaraan hulle nog geanker was (situasie) onderom te gord, ander het die seile neergehaal en die vrye loop laat heendrywe, maar ten laaste is tog alle hoop om gered te word ontneem.

      In my lewensomwandelinge hier op planeet Aarde, verloop my lewe in vier fases. Naamlik; die doellose, die selfingenome, die verwarde en die doelgerigte. Maar in ʼn breedvoerige oorsig van my lewe, soos ook iedere se lewe, kan ons nie die verskillende periodes eng omlyn soos wat jy ʼn plaas in verskillende kampe kan verdeel nie. As mens ʼn rivier naspoor van sy oog tot waar hy sy water in die see uitmond, merk jy gedurige veranderinge in die hele omvang van sy inhoud en in die stroomversnelling van sy vloei oor rivier rotse, sowel as in die troebel kleur en smaak van sy water. Ook kan mens die verskillende stadia, waardeur hy gaan, uitken, óf die onderskeibare kenmerke, wat hy op verskillende oomblikke openbaar, bepaal en omskryf. Maar jy het nog altyd met dieselfde onverbitterlike rivier te doen. Een fase verloop in die ander, en die twee word één; maar soms word ʼn ou kenmerk op ʼn latere stadium onvermydelik herhaal.

      Net so ook is die menslike lewe. Hy beur gedurig vorentoe, behou sy identiteit, en tog is hy gedurig besig om veranderings in die proses te ondergaan. Vir hom geld dieselfde onverbiddelike wet as vir die waterstroom; wat alleen vrede en vryheid vir rivier en stroom bied, die laaste gemurmel en kronkeling na daardie grenslose drumpel van ʼn grenslose Oseaan. Vorentoe beur of agteruit! Stilstand ken hy glad nie. As ander lewens uit onkunde óf kwaadwilligheid ʼn versperring in sy pad gooi, sal hy, óf ʼn gedeelte van hom laat opdam en terugstoot óf wegswenk en ʼn ander rigting inslaan. Maar stilstand tree net in met die dood.

Januarie 2011.

Uit my eie boek getiteld.
ELKE GESIGSEINDER HET SY EIE UITDAGINGS!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stroomversnellings
Baie interessante bydrae Arnold het dit geniet
4 jaar 11 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


stroomversnelling.
Ek wonder in watter fase ek nou is, want al my stroompies is nou droog en ek moet vinnig werk kry om weer met 'n doel te kan vaar. Hopelik stuur my stroompie nie op 'n waterval af nie.

Dit was 'n lekker-lees rubriek.

Dankie Arnold
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


stroomversnelling
Lekker gelees. Dankie vir die deel
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud


stroomversnelling
baie interessante leesstuk. Dankie Arnold vir jou bydrae tot die natuur projek
4 jaar 11 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gedoria

deur Martha Maria Jones

Gedoria is my debuut digbundel. U kan dit koop by www.afrikaansenuusagentskap.co.za of u kan my kontak by 0760176453. Ek is tot alles in staat deur Christus.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar