Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


In die Bybel staan daar: “.. en daar sal ‘n geween en gekners van tande wees.”

Maar somtyds kry ons ‘n klein voorsmakie daarvan reeds hier op aarde. So gebeur dit dat verskeie stresfaktore soos hoë kos & petrolpryse, stygende rentekoerse, werksdruk, familiespanninge, verkeersknope en vele ander ons snags letterlik op ons tande laat kners.

Die spier wat hier ter sprake is, is die temporalis spier. Hierdie is een van die sterkste spiere in die liggaam en is geleë aan die kant van die kop en word gebruik wanneer jy kou of jou mond oop– en toemaak.

Wanneer jy op jou tande kners, trek die spier 6 tot 20 keer sterker saam as normaalweg en veroorsaak pyn in die kakebeen, omliggende weefsel, gewrigte en ander spiere. Dit lei tot intense pyn wanneer jy praat, kou, sluk of gaap. Daarbenewens veroorsaak dit ook sensitiewe tande, ‘n stywe nek, spannings– en oggendhoofpyne.

Die oplossing: NTIss. Hierdie klein plaatjie pas bo-oor die voortande. Wanneer die lyer dan op sy tande kners, byt hy op hierdie plaatjie, wat net genoeg speling gee sodat die agtertande nie op mekaar byt nie. Met tyd ontspan die temporalis-spier en word die kners-refleks afgeleer.

‘n Vinnige besoek aan jou tandarts en R750.00 is al wat jy betaal vir hierdie wonderkuur.

R750.00???  Het ek gesê R750????  Hoe het R750.00 dan nou skielik R1070.00 geword?

Geen wonder mense ly  aan stres nie

Die gevolgtrekking:  Van stres en en sy gevolge sal ons nooit ontslae (genees) word nie, want die want jou behoort te help, doen jou in, wat nog meer stres veroorsaak.  Stres en die gevolge daarvan sal altyd met ons wees.  En al die oplossings los niks op nie, maar behandel maar net die simptome van al die stresverwante siektes.


* NTIss: Nociceptive Trigeminal Inhibition Tension Suppression System



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Gaan dit help vir die petrolprys en die rente en geweld ook...?
11 jaar 5 maande 2 weke 1 dag 11 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :
Pyn

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar