Titel: T.e.a.
Weergawe: 1
Aantal woorde: 342
Kere gelees: 15
Datum gepubliseer: 08 Sep 2010
Ek is tans besig om stories uit die geskiedenis van Colesberg en sy interessante mense na te vors met die gedagte om ’n boek daaroor saam te stel.
Gedurende die Junie-vakansie ek by die plaaslike museum in met die doel om meer inligting oor die skermutselings gedurende die Anglo-Boereoorlog te bekom. Op die ou einde het ek meer tyd by die “Struggle” -geskiedenis spandeer en ook in gesprek met die huidige Xhosa-kurator en sy kleurling ontvangsdame spandeer.
As medewerker van die versoeningsorganisasie Mercy Ministries SA het ek geleer om dieper as die oppervlak te lees en te luister. My lewensdoel as Christen, so glo en ervaar ek, is om binne my invloedsfeer Christene van oor die hele spektrum te help om mekaar se optredes beter te verstaan, ten einde ’n manier tot ware samewerking te kry, sonder om ons kultuur-eie prys te gee. By kultuur verstaan ek dit wat goed en mooi en uniek aan elke mensegroep oorbly nadat dit wat boos is, geëlimineer is. Dit gaan ook vir my oor die erfenis wat ons as Suid-Afrikaanse Christene vir die volgende geslag nalaat.
Colesberg se gemeenskap is myns insiens ’n prototipe van die mensdom wat in Suid-Afrika woon. Alle paaie lei verby Colesberg. Wat ook al in die res van Suid-Afrika gebeur het, het ook sy inslag in hierdie dorpie gehad: In die 18de eeu is die Boesmans hier gejag ... later is hulle gekersten; die Grensoorloë het die Xhosas hierheen gedryf; die Voortrekkers het hier verby beweeg en ook later vanuit Natal hulle kinders hier kom doop; verskeie skermutselings het tydens die Anglo-Boereoorlog hier plaasgevind; ook in die Struggle-tyd het leiers vanuit Colesberg ’n prominente rol gespeel.
Hoewel ek oorhoofs met ’n Christelike inslag skryf, probeer ek die verhale so objektief moontlik weergee. Daarby bedoel ek dat ek in die betrokke persoon of groep se skoene probeer klim en spesifieke gebeure vanuit hulle perspektief skryf.
Die stories wat oor Colesberg gaan verskyn, sal met die letters T.e.a. (Toverkop et al) voorafgegaan word.
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Weergawe: 1 | 1 jaar 5 maande 1 dag 15 ure 21 minute gelede gelewer
Beste L.T.,
Ek sien baie uit na die vrugte van jou projek.
Aangesien jy die projek as T.e.a. benoem, wil ek jou 'n vraag vra:
Waar kom die naam Toverberg vandaan?
Ek weet van die storie van (ongemotoriseerde) reisigers wat gedink dat die berg wegskuif soos wat hulle naderkom. Ek weet ook van die storie dat die San verskrik was oor houtstapels wat ontplof het toe hulle (die Boesmans) dit aan die brand gesteek het. (Die grensboere het dit gedoen deur busktruit in die brandstapels te versteek.)
Maar is daar nie ander stories sodat 'n mens kan besluit watter een is die waarskynlikste nie?
Mooi loop
Weergawe: 1 | 1 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 15 ure 49 minute gelede gelewer
Ek haal my hoed af vir jou L.T.! Doen so voort ek dink dit is hoogs prysenswaardig!!

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

