Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

O die tegnologie darem

Met my antieke selfoon wat die gees gegee het, word ek oorreed deur die kinders om op te gradeer na nuwer model. Ek moet hier noem dat ek aan die verkeerde kant van 50 staan. So arriveer die handstuk en ek probeer so in die stilligheid om dit baas te raak. Genadiglik het ek al gehoor van die “raak skerm” en vorder bo-verwagting goed. In ‘n japtrap is my vorige kontaknommers gelaai. Ek is versot op foto’s neem en toets toe ook dadelik die kamera. Na drie ure se op en af, heen en weer verstellings, bly alles egter dof en wil maar net nie fokus. Stert tussen die bene nader ek my seun wat uit sy maag begin lag. “Moeksie moet net eers die plakkertjie van die kameralens verwyder”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tegnologie van die jeug
Ek het skoon uitgebars van die lag, want dit klink so bekend!Definitief iets wat ek ook al gedoen het. En dan staan ek -soos 'n skaam/bang kind wat voor die hoof moet verskyn- en vra maar vir hulp, by die jeug.
5 jaar 3 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


50 - 50
Nee, jy's verkeerd!
Die verkeerde kant van vyftig is die annerkant van vyftig.
Díékant van vyftig is die regte kant van vyftig: Daar het jy die vermo" én die reg om sulke dom dinge te doen - én daaroor te lag.
Op die annerkant van vyftig word jy nog uitgeskel of geboelie of dalk gemob!
Wees dankbaar, wees bly dat jy (eindelik) op die regte kant van vyftig is.
Welkom.
GvT
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 7 ure oud


.
Skies, ek het nou kliphard gelag!
(ek het n skoonsus wat jonger is as ek wat dieselfde ding mee gebeur het!)

Gelukkig kan jy dit nog deel. (Dan beteken dit jy kan saam lag!)
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 16 ure oud


Ano
tegnologie
whahahahaha! Ag, dit is net te goed vir woorde.
5 jaar 3 maande 1 week 3 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Reistog van Genade

deur Hannelie

My genade reistog van diagnosering van bipolariteit en my reistog na die veiligheid van God se Arms



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar