Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

So pas is ek met verstomming geslaan.

'n Mede Woes-vriendin het my aangevat omdat ek glo in die laaste tyd dieselfde titels vir, van my gedigte, gebruik, as wat sy en ander digters reeds gebruik het.

Ek was eerlikwaar nie bewus hiervan nie. En as dit so is, is dit bloot toevallig.

'n Titel dui gewoonlik op die opsomming van die gedig. Daar word gedurig gedigte geplaas, op verskeie platforms, oor dieselfde onderwerpe. Veral as daar gedigte vir 'n spesifiekte tema aangevra word, is die kanse baie groot dat meer as een gedig, rondom daardie tema, dieselfde titel sal hê, of ek ek verkeerd?

Ek glo nie, enige digter, wat sy sout werd is, sal moedswillig of doelbewus 'n ander digter se titels kaap om daaroor te skryf nie. Dis belaglik en ongehoord.

Woorde, oor sekere onderwerpe, kom onwetend en doelbewus in mens se gedagtes en dan skryf mens daaroor.

As die maan bv uitsonderlik is, of iets in die nuus gebeur, gaan daar baie gedigte oor dieselfde tema, op dieselfde tyd verskyn.

So het ek al opgemerk dat meer as een digter, onwetend op dieselfde tyd, oor dieselfde goed skryf. Hoe dit gebeur kan ek ongelukkig nie verklaar nie, maar dit gebeur.

Ek het ook al van tyd tot tyd, opgemerk dat 'n ander digter dieselfde titel vir sy gedig het as wat ek gehad het, maar nog nooit my daaroor gekommer, of my kop daaroor gebreek nie. Dis 'n vry wêreld en woorde is vry om gebruik te word. Want al is die titels dalk dieselfde, verskil die inhoud van mekaar, en is elke gedig die digter se eie, unieke weergawe van 'n gesamentlike onderwerp.

Eks seker, as mens 'n alfabetiese lys van al die gedigte op Woes gaan saamstel, sal mens verstom staan oor hoeveel gedigte daar gaan wees met dieselfde titels.

Mens kan ongelukkig nie deur almal se gedigte gaan scan om seker te maak die titel wat in jou gedagtes opkom, is nie alreeds deur 'n ander gebruik nie.

Maar as ek dalk, onwetend, hier op iemand se tone getrap het, en hulle voel kriewelrig en ongelukkig omdat van my gedigte se titels ooreenstem met hulle gedigte se titels, dan vra ek nederig omverskoning. Dit is regtig nie moedswillig gedoen nie.

Ek is 'n digter in eie reg, uniek is myself, en trots op wat ek al vermag het, tot waar ek al gekom het.Ek het nog nooit nodig gehad om inspirasie uit ander se werk te put nie. My inspirasie kom van Bo. Uit waarneming en uit omgee vir ander.

Moet ek maar in die vervolg, eers navraag doen op Woes by al my vriende, oor of die titel wat in my kop kom, nie alreeds gebruik is nie? Of wat doen mens in so 'n geval? Hoe verhoed mens dat jy soms aan dieselfde goed as ander dink?

Aaag wat, ek glimlag maar hieroor. Eks in elk geval te besig op die oomblik om my veel aan sulke belaglikheid te steur.

As ek dalk meer tyd op hande gehad het, meer tyd om ander se werke te kom lees op Woes, sou ek dalk meer bewus gewees het van ander se gedigte en titels, en dalk probeer wegskram het van dieselfde titels.

Ek is besig met groot projekte en probeer so nou en dan bietjie kuier op Woes. Probeer deelneem waar en wanneer ek kan, probeer op hoogte bly sover dit moontlik is. Is regtig jammer as ek enigeen onbewustelik, te na gekom het, en die indruk geskep het dat ek ander se titels gebruik vir my gedigte :)

Dit is werklik heel toevallig :)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar