Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Laatmiddag die ander dag, na ’n besonderse uitdagende week, het ek ’n paar woorde te veel gespreek. Ek en my kollegas het ’n tee’tjie geniet en die een het ’n storie oor ’n traumatiese gebeurtenis vertel. Ek het self ook ’n paar stories om te vertel. Maar, so halfpad deur die eerste een – ’n kar-storie – toe besef ek hier’s fout. Groot fout. My liggaam en verstand wil nie die traumatiese geheue vertolkings herleef nie ...

As jongseun, jongman en tot onlangs, was ek allesbehalwe my eie beste vriend. Ek was voortdurend geteister deur 'n innerlike regter wat genadeloos, meedoënloos, dikwels onsigbaar maar altyd doelgerig, elke aspek van my lewe beoordeel het. In die oë van die wêreld, was ek ’n hoogs funksionele mens. Intern, was ek angstig, gedrewe en dikwels depressief. Ek het nie in vrede met enige deel van my lewe gevoel nie. Ek het verlang om beter as myself te wees.

Die eienaardige paradoks is, dat toe ek begin om myself te aanvaar net soos ek is, toe eers kon ek begin verander en aan my innerlike werk. ’n Soort onvoorwaardelike aanvaarding wat die poort na die genesing van wonde en ’n geestelike herstel, maar meer nog, eintlik omwenteling kon oopmaak . Dit was eers met die gevolge van glo en belewe van eie-aanvaarding, dat ek kon begin om die geheel te ontdek; om wysheid en liefde, wat my diepste aard is, werklik skoon te ervaar.

Die oefen van ’n geestelike dissipline, die bewustheid dat dit God se “opleiding” is wat my leer om bewus te wees van wat binne-in my gebeur, word elke dag duideliker. Om aandag aan my tekortkominge te gee, maar sonder oordeel. Die uitdaging is eintlik, om die emosies wat hierdie oulewegedagtes wakker maak, nie net deur ’n wilsbesluit te probeer staak nie, maar om dit bewustelik in te oefen en so die ware aanvaarding, insig en innerlike Vryheid, wat tog die doelwit van ware genesing is, te spoor en toe te pas.

Ek het vir ’n tyd die wonderlike voorreg gehad om met ’n terapeut te kon gesels; om na hom te kon luister en elke keer wat ek by sy spreekkamer uitgestap het, iets saam te vat. Iets wat ek soms dadelik kon verwerk, maar ook ietse wat ek eers in my “kop” kon bêre en dan later opneem en toepas. Die eienaardige is, dat die waarde van luister, dink en gesels hoegenaamd niks sou wees, indien dit nie genadiglik herhalend toegepas kon word nie. Ons emosionele en seerplek reistasse is net te veel. ’n Wyse man sê nou-die-dag, ons is almal op die een of ander manier gestremd: sommige net meer sigbaar as ander. En die ergste is, dat baie van ons dit nie wil weet of besef nie.

Onverwerkte pyn hou ons stelsel van selfbehoud permanente op waarskuwing. Die beskermingsradar is op rooi “alert” - voeg nou skielik indringende herinneringe hierby, sowel as 'n verskeidenheid van gebeure of mense se sê-goed, meestal onskuldig, en dit aktiveer onrusbarende hoë vlakke van pyn en vrees. Al hierdie negatiewe goeters wat dan netso in ons liggaam gestoor word.

Gee my ’n omgewing of gebeurtenis wat ek probeer vermy, en die volle krag van my verledewonde - al die terreur of woede of pyn wat in my liggaam opgehoop is - kan skielik ontketen word . Ongeag of daar tans enige gevaar is, ons voel steeds die risiko en die plig om 'n manier te vind om van die moontlike pyn te ontsnap. Die waarheid van wie ons is, is in ons liggaam gestoor en alhoewel ons dit soms kan onderdruk, kan ons dit nooit verander nie. Ons verstand kan mislei word, ons gevoelens gemanipuleer, en ons opvattings verwar, en die liggaam kan met medikasie om die bos gelei word. Maar eendag, sal die liggaam egter behoorlik teenstand bied – siek word; dit is ongelukkig so onvermydelik soos die dood self. Die stukkendheid van ’n mens se gees sal jou vaskeer, jy sal geen kompromieë of verskonings meer kan aanvaar nie, en dit sal nie ophou nie. Dit sal mens martel totdat jy die dag ophou om die waarheid te ontduik.

Dit is hier waar ek die groot waarde van stilword, as antwoord gevind het. Waar ek inoefen om vêrder as die fisiese ervaring te sien; om verby die sensasie van angs te kyk en om onder die lig van ’n hier-en-nou-bewustheid, die seer en vrees en woede hulself te laat uitspeel. Hoe meer gereeld dit gebeur, hoe vryer word my liggaam van die pyne, en hoe vryer word my hart.

Die pad na ’n lekker vriendskap met myself, is toe ’n ervaring wat groot vriendelikheid en geduld vereis.


'n Verwerking uit 2013



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Jouself
Wat 'n uitmuntende bydrae tot hierdie week se tema! Weet net seblief dat die lees hiervan vir my 'n volle dosis terapie was!!
Ek wil ook my beste vriendin wees!
5 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


myself
Puik ontdekkingsreis gepen van jouself. Ek kan myself ook daarmee vereenselwig!
5 jaar 3 maande 3 weke 1 dag 9 ure oud


Ano
Ontmoet
Sug. Dis moeilik om jou eie vriend te word, maar tog so bevrydend. Applous!
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 5 ure oud


ontmoet
Jou slotstrofe sê dit alles. Ons moet eers onsself leer liefkry om sodoende ander lief te hê. Pragtig weergegee.
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud


My vriend . . .
as ons net die tweede gebod – wat met die eerste gelykstaan – van vroeg af reg kon leer verstaan: > . . . jy moet jou naaste liefhê SOOS JOUSELF!

Dit begin by myself . . .

Baie goeie rubriek!
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 17 ure oud


My vriend
Goeie les vir elkeen van ons. Mens moet van tyd tot tyd selfondersoek doen.
5 jaar 3 maande 3 weke 2 dae 23 ure oud


Toe ontmoet ek hom; ek my vriend


Goed geskryf!

(Ek bedink egter dalk dwaalsporig weg van jou belewenis en eiekennigheid ('n 'gawe'wat my steeds my!) dat die waarheid van eiekennigheid in Christus setel... En ek glo jy ook?)
5 jaar 3 maande 3 weke 3 dae oud


ontmoet myself
dankie vir die deel van hierdie introspeksie.. ek dink dis iets wat elkeen van ons van tyd tot tyd moet doen.. Lekker gelees dankie Hennie
5 jaar 3 maande 3 weke 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar