Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die klank van jou verklaring van liefde en trou, soos wat jy destyds voor God en voor getuies, die ewigheid in gespreek het maak seer. Ek het nie besef dat jou opvatting van die woorde “tot die dood ons skei” beteken totdat ek nie belangstel om my probleme met jou te bespreek nie.

Die klank van jou stem is intussen vervang met die geluid van gebroke beloftes en verwronge toekoms planne. Ten spyte van die feit dat dit dalk hartseer mag klink, kan ek sê dat dit ‘n soete klank van vreedsame samesyn met ons kinders is.

Verby is die dae wat ek geluidloos ons kamer moes insluip om te keer dat ek jou uit jou dronkenskap sou ontwaak voordat ek myself in ‘n nessie van kinder liefde laat omvou.

Jou leë belofte geluide eggo deur my lewe totdat dit in die nietheid in verdwyn. Nou, vul ek my lewe met die klik-klik klanke van my sleutelbord, wat onveroordelend my toelaat om my opinie te lug en myself te laat uitdruk in elke lewens situasie.

My toekoms, is anders as joune, want ek het beheer geneem en besluit om my toekoms, sonder jou, te omskep in ‘n gelukkige plek, waar slegs bemoedigende en opbouende woorde gespreek sal word en die geluid van gelukkige kinders jou leë beloftes vervang.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Toekoms geluide
Sjoe, dis hartseer...

Geluide uit ons verlede verander met tyd, maar ek hoop en vertrou dat jy weer geluk sal vind.
5 jaar 1 week oud



Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar