Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


13. SPIERKRAMPE:
As dit nie meer anders kan nie, sal die brein opdrag aan die sirkulasiestelsel gee om water uit spierweefsel te onttrek sodat die brein kan bly funksioneer en die bloed nie waterloos en te dik word nie, Die kramp wat jy in jou beenspiere voel, is 'n teken dat die liggaam se watervoorraad aangevul moet word.

14. GEWRIGSPYNE:
Wat gaan 'n mens kies as jy 'n keuse moet maak tussen aanhou lewe met seer gewrigte, of doodgaan met gewrigte wat niks makeer nie? Die brein het min of meer dieselfde keuse. As die breinselle vog nodig het om normaal te dink, of as die bloed so dik word dat dit nie meer maklik deur die kleinste haarvate kan kom nie, het die brein, helaas, nie meer 'n keuse nie. Al maak dit hom figuurlik net so seer as wat dit jou letterlik seer maak, hy gee opdrag dat water uit die vog rondom die gewrigte onttrek word en vir diens hoër op aangewend word. As jy in die oggend opstaan en jou knieë wil swik en jou spiere is seer, het jy nie gisteraand of laasnag genoeg water gedrink nie. (Die Japanse navorsingsverslag beweer selfs dat water artritis kan genees.)

15, BRANDERIGE OË EN “KOLLETJIES" VOOR DIE OË:
Daar is seker meer as een soort kollietjie wat mens voor jou oë kan sien. Ek praat van die soort wat soos veseltjies lyk en stadig voor jou oë verby beweeg. Dit is stofdeeltjies wat vasgevang is in klewerige oogvloeistof. Drink genoeg water sodat daar genoeg oogvloeistof kan wees om stofdeeltjies vinnig na die ooghoeke te spoel. Dit sal ook verligting vir branderigheid in die oë bring. As jy die oggend wakker word en jy moet eers die slaap uit jou oë vee, beteken dit net een ding: jou liggaam het nie laasnag genoeg water gehad om sy herstel- en opknappingswerk sonder moeite af te handel nie.

16. ORE WAT SUIS:
Die ou mense het gesê dat as jy 'n skulp teen jou oor hou, hoor jy die see. Toe ek klein was, het ek my verstom oor die gewaarwording. Wat op aarde is in die skulp wat maak dat hy so ruis? Ek het later geleer dat die vorm van die skulp soos 'n klankversterker werk en die klank wat van binne die oor af kom, terugkaats; net soos 'n stetoskoop jou hartkloppings duidelik hoorbaar maak. By gebrek aan meerdere wetenskaplike verklarings, het ek dit vir myself uitgemaak dat die ruising in jou ore die geluid van bloed is wat in haarvaatjies en deur selwande beweeg. Nou: party oggende het Ego sy ore hoor suis, en bekommerd begin raak dat dinge nou met sy gesondheid begin skeef loop. Hy kon eintlik nie dink hoe dit kan help nie. maar hy was al so gewoond daaraan om water vir elke skeet te drink dat hy dit nou ook gedoen het, Dit kan verbeelding wees, maar die gesuis het verdwyn; miskien omdat dun bloed minder geraas maak as dik bloed. Maar ek moet sê ek dink self dit is bietjie dik vir 'n daalder.

17. MUSKIETBYTE EN BY-STEKE:
Ego word nie gepla deur muskiete nie. Dit kan dalk die bietjie knoffel wees wat hy af en toe eet wat die goedjies weghou. Net soos met skilfers, sou ons nooit kon dink dat daar 'n verband tussen waterdrink en die afwesigheid van muskietbyte is nie. Maar eendag het 'n by hom gepiets. Tyd en ervaring het geleer dat mens nooit versigtig genoeg kan wees met 'n bysteek nie. Maar wat maak jy as 'n by jou steek en jy het geen teenmiddel byderhand nie? Jy onthou wat iemand jou een keer vertel het dat 'n by se gif alkalies is. Daarom het ons asyn aangesmeer en hom 'n teelepel asyn ingegee om te drink. Ons was teen hierdie tyd so gekondisioneer om waterterapie vir enige skeet op die proef te stel, en het hom 'n glas water ook ingejaag. Per slot van rekening gaan dit nie help as die asyn in die maag bly lê nie; dit moet verdun word en in die bloedstroom opgeneem word, en so gou as moontlik by die wond kom. Dit lyk logies, maar nie slegs met betrekking tot die asyn nie: die liggaam se immuniteitsisteem het sy eie medikasie vir omtrent alles, maar dit help nie as die teenliggaampies wat die gif moet neutraliseer, nie kan wegkom van die kliere waar dit vervaardig word nie - dus: deurdrenk die liggaam met water, maak die bloed “dun” en sorg dat die teenmiddel by die wond kom, en laat dit die gif wegvat niere toe sodat die liggaam daarvan ontslae kan raak. Elke vyf minute het Ego 'n lepel asyn gedrink en tussenin, in die volgende halfuur of so, nog twee groot glase water; en ons het die steekplek in spanning dopgehou. Die kenmerkende ronde, rooi swelsel wat onmiddellik na 'n bysteek begin, het gegroei tot net die grootte van omtrent 'n 20c stuk, en gestabiliseer. Na 'n halfuur het die swelsel begin sak en teen sononder was daar niks oor nie. Natuurlik kan ek, wetenskaplik gesproke, nie nou sommer sê water help vir bysteke en muskietbyte nie, maar ek kan wel sê dat daar een waarneming by een geval was wat aangetoon het dat daar moontlik 'n verband kan wees tussen twee veranderlikes wat oënskynlik niks met mekaar te doen gehad het nie. Daar kon ook 'n legio ander faktore wees wat 'n rol gespeel het. Dit sou goed wees as ons meer gegewens oor die verkynsel kon kry.

Ek moet egter 'n dringende waarskuwing byvoeg: indien u allergies vir bysteke is en voorgeskrewe medikasie daarvoor beskikbaar het, moet onder geen omstandighede nalaat om dit gebruik nie, of indien u enigsins van mening is dat die bysteek ernstig is en mediese sorg verdien, raadpleeg onverwyld u geneeshaar of sorg dat die pasiënt onmiddelik by 'n kliniek of hospitaal kom. Tot tyd en wyl daar substansiële getuienis is dat water vir bysteke help, of 'n allergie kan help bekamp, bly dit 'n ongetoetste hipotese.

18. NEUSBLOEI:
Ek het baie gewonder wat neusbloeding veroorsaak. Mense kan opgewonde raak oor 'n neus wat gereeld aan die bloei gaan, en byvoorbeeld die bloeding probeer stop deur watte in die neusgate op te druk. Ek het ook al gehoor dat mense wat erge, herhaalde neusbloeding ervaar, die aartjies laat toeskroei. Ek soek na die oorsaak of oorsake. Een verklaring wat vir my aanneemlik lyk, is dat die spanning of drukking in die bloedsomloopstelsel so erg word dat dit 'n aartjie laat bars. Ego het geredeneer dat as iets moet meegee, dit dan liewer 'n aartjie in die neus moet wees as een in die kop. Daarom het hy nooit moeite gedoen om neusbloeding te stop nie. Hy het ook agtergekom dat as hy gebukkend oor die wasbak staan, die druppels (soms 'n stroompie) vinniger val as wanneer hy regop staan - die klompie sentimeter wat die hart die bloed hoër moes pomp, het 'n verskil gemaak. En dan het hy ook geredeneer dat as hy asem stadig deur sy neus intrek (en deur die mond uitblaas), die bloed vinniger kan stol (bloed bevat 'n stollingsmiddel wat aktief raak wanneer dit met lug in aanraking kom) - en hy glo dit het ook gehelp. Die druppels het al hoe stadiger geval totdat dit opgehou het. Toe redeneer hy verder: 'n droë vlies kan krimp en “bros” word en kraak - amper soos 'n skoen wat nooit politoer kry nie. En vandat hy baie water drink en sy neusvliese vogtig bly, het sy neus nog nooit weer gebloei nie.

19. NIERE EN BLOEDDRUK:
As 'n liggaam 'n watertekort ondervind, hou die ligaam aan om water wat reeds deur die niere gesuiwer is, te hersirkuleer. Indien daar nie genoeg water in die liggaam is nie, gaan die brein nie die kans vat om die blaas te laat leegmaak nie - anders gaan die liggaam dehidreer. Die gevolg is dat afvalstowwe begin ophoop in die niere en die blaas. Wanneer die konsentrasie soute en minerale te hoog word, begin kristalle vorm; en wanneer die konsentrasie gifstowwe en kieme gevaarlike vlakke begin bereik, kan blaas- en nier-infeksie intree. Dit kan op rekord geplaas word dat Johny 'n geneesheer vir pyn in sy niere geraadpleeg het en dié het hom meegedeel, nadat plate geneem is, dat hy tekens van niersteentjies opmerk en waarskynlik sjirurgie sal moet ondergaan. Johny het van die medikasie gebruik om van die pyn ontslae te raak en begin om genoeg suiwer, natuurlike water te drink om die tekens van die steentjies op te los. Die pyn het ook begin verdwyn en tydens die opvolg-ondersoek het die dokter hom meegedeel dat hy nie meer steentjies kan sien nie en dat 'n operasie onnodig is.
Mense sê dikwels dat hulle nie na sononder water drink nie, anders moet hulle in die nag opstaan. Dis nou een ding waar Ego nie ter wille van sy gerief beter wil weet as sy brein en liggaam nie. Wanneer hy gaan slaap, moet daar genoeg water in sy liggaam wees sodat hy behoorlik skoongemaak en heelgemaak kan word.

20. DROË VEL, DROË HARE EN SKILFERS
Moenie 'n fout maak nie: jou brein wil ook hê dat jy 'n fluweelsagte, pragtige vel en streelsagte, glansende hare moet hê, maar wat sou jy maak as jy in sy plek was? Hy MOET water hê om die breinselle doeltreffend te laat funksioneer, en hy MOET sorg dat die bloedselle nat genoeg is om hulle werk te doen. Al die beskikbare, oortollige water in speeksel en weefsels is reeds gemobiliseer, maar dis nog nie genoeg nie. Dan rasionaliseer hy maar en besluit dat 'n mooi vel en sagte hare 'n luukse is wat julle nie kan bekostig nie, en oor 'n tydperk begin hy om vog uit jou mooi vel en sagte hare te onttrek.
En natuurlik word jou kopvel dan ook droog en stukkies droë vel begin afskilfer. So: as jy skilfers op jou skouers sien, los alles en gaan drink eers water. Nie 'n bietjie nie, soveel as wat jy kan inkry, en dan wag jy 'n rukkie en jy drink nog totdat jou liggaam deur en deur deurweek is, Doen dit elke dag - nie eers elke dag nie - sommer aanmekaar, en altyd. Per slot van rekening gebeur alles nie oornag nie.
Dit moet 'n gewoonte en lewensstyl word om baie water te drink voordat jy veranderinge gaan bespeur. Dit is dus nie nodig om jou duur velolies en sjampoes dadelik weg te gooi of vir jou dogter te gee nie - jy het duur betaal vir die vitamiene E en avocado-olie en aalwyn-ekstrakte wat daarin is. Maar wanneer dit klaar is, kan jy gerus probeer om die avocadopere te eet eerder as om dit aan te smeer. Moenie die fabriek van jou liggaam onderskat nie: hy kan enige tyd 'n beter velolie maak as die beste wat jy in botteltjies kan kry, maar hy wend dit van binne af aan.
Onthou dat ek gesê het: dit is my en Ego se waarnemings en afleidings en dit geld vir ons. Indien u baie water drink en u vel is steeds droog, laat weet my asseblief. Of as u min water drink en 'n mooi vel het, (sonder om olies te gebruik) laat weet my ook. Dit is mos navorsing: om soveel as moontlik inligting te versamel voordat mens van betroubare resultate kan praat.

21. NAELS WAT AFBREEK.
As die hele liggaam uitdroog omdat die vog vir belangriker funksies nodig is, is naels seker nie uitgesluit nie. Naels is die verste van die binnekant van die liggaam en seker die laaste plek waar die brein water sal gaan soek, maar as dit nie anders kan nie, dan kan dit nie anders nie.
Dit sou gaaf wees as ander ook die hipotese “baie waterdrink help vir naels wat afbreek” wil toets. Mens sou dit seker ook kon stel dat wanneer iemand se naels begin bros word en breek, hy waarskynlik reeds gepla sal wees met moegheid, spierkrampe, hardlywigheid, oë wat brand, hartkloppings, nier- of blaasprobleme, of ander simptome wat van 'n watertekort getuig.

Ons staan einde se kant toe. Volgende keer nog 'n bietjie oor water en die bloedsomloopstelsel, en hoe 'n tekort aan water die funksies van die brein kan affekteer.


Dr. C.S. Steenekamp
Desember 2015.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Water 4
Ek geniet hierdie interessante rubrieke van jou vreeslik, dankie vir die moeite om dit met ons te deel.. dis baie leersaam
3 jaar 10 maande 1 week 3 dae 23 ure oud


Water
Dr Steenkamp, ek ken van al daai pyne en suis in die ore waarvan jy hier praat. So maklik en kosteloos die behandeling,
gaan ek ook nou gryp na die waterbottel. Waarom langer pyn verduur?
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 1 uur oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar