Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Skielik is hier miljuisende muggies, muskiete en allerhande snaakse goed wat my twee oe vreeslik laat traan. weet nie waar dit skielik alles vandaan kom nie.
Dalk het dit iets te doen met die feit dat Woes sy deure finaal gaan sluit?? Dis amper soos destyds toe Elvis onverwags en skielik oorlede is. Ek sal altyd onthou wat een vrou gese het. " I don't know what I'm gonna do with the rest of my life without him."
Wat gaan ek sonder Woes doen? Wat gaan ek sonder julle, my vriende wat ek die afgelope paar jaar hier leer ken en liefkry het, doen?
Ek wil nie en gaan nie name uitsonder nie, behalwe 2.
Willie, baie dankie dat ek soveel uere se genot hier op Woes kon spandeer. Hier het ek soveel geleer, soveel vriende gemaak, sommige persoonlik ontmoet. Hier kon ek julle verpes en pla met my power pogings tot rym en wat nog. Tog het ek net altyd positiewe reaksie en aansporing gekry.Lag maar as julle wil wil, maar ek is tans,met die dapper aansporing en hulp van Ans besig om 'n storie oor al my wedervarings hier in Durnacol te skryf. 'n Ware en goeie vriendin wat ek nog nooit opersoonlik ontmoet het nie. Sy dink egter ek het potensiaal en met haar aansporing en baaaaaie geduldige hulp het ek die uitdaging aanvaar.
Soos ek, dink ek het hier baie skrywers en digters baie beter gevaar as ek, maar hulle het 'n uitlaatklep gekry vir hul pogings.
Dankie Willie vir jou onbaatsugtige pogings, seker teen geweldige kostes, om ons almal hier te akkomodeer en vrye teuels aan ons "talente" te gee. Net voorspoed en sukses op jou pad vorentoe.
KB. Carol. Jy is werklik uniek en enig in jou soort. Altyd gereed en bereid om vure dood te slaan as ons spul Woesers opstandig en rumoerig geraak het. Skielik is hier weer 'n lastige muggie in my oog. Net plein en simpel: Uit my hart uit dankie Carol.
Al my Woesvriende, ek gaan julle verskriklik mis. Dankie vir elkeen van julle se geduldige aansporings en bemoedigings op my powere pogings. Ek, in my dom en eenvoudigheid, het elkeen van julle skrywes gelees en geniet, al kon ek nie altyd op elkeen reageer of kommentaar lewer nie.
Vanaf Willie daar heel bo tot wie ookal heel onder:
Ek lief en waardeer elkeen van julle en gaan julle geweldig baie mis.
Net 'n voorstel om dalk Woes te red. Sal dit help as elkeen van ons 'n maandelikse bydrae maak tot die kostes van Woes? 'n Ledegeld dalk???



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Totsiens
Nooit nie vaarwel. Ek is seker ons sal mekaar elders ook weer raakloop :-))))
Onthou, waar een deur toegaan, is daar altyd 'n oop venster.
3 jaar 9 maande 2 weke 4 dae 23 ure oud


totsiens maar dalk nie vaarwel nie
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die AFSKEID projek.
3 jaar 9 maande 2 weke 5 dae 21 ure oud


Jan
Aijaijai, dis swaar om afskeid te neem ...

Baie baie dankie vir jou pragtige woorde, Jan. Deur jou bydraes en eerlike skryf het jy sommer diep in my hart ingekruip en ek wil vir jou dankie se vir jou pragtige vriendskap.

Jong, Willem is besig met groot planne en het ook gese dat hy oop is vir onderhandeling as iemand sou belangstel om Woes oor te neem.

Ek sal graag met jou kontak wil hou. Alles van die beste, Jan, vir jou en jou mense.

Carol xxx
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud


totsiens
Jan vd Merwe ek gaan jou mis
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Nie vaarwel . . .
Jan en ons twee het ook (pen)vriende geword oor die oseane heen. Sonder Woes was ek baie vriende armer . . .
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 8 ure oud


Totsiens, maar dalk nie vaarwel???
Al lyk dit hoe somber is dit nog nie die einde van 'n blik skrywerstoekoms nie.
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 10 ure oud


totsiens
Jan, jy het darem voorwaar jou deel gedoen om woes aan die gang te hou met al jou lese, kommentare en bydraes.Baie dankie van my kant af vir jou gereelde inloer by my plasings. Ek waardeer dit baie :-)
3 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar