Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek het nie vergeet nie, nee ek het onthou. Dit is Madiba se verjaardag. Maar dis nie dit wat ek onthou het nie, ek het onthou dat daar ‘n e-pos rondgegaan het die vorige week dat ons “The Missionaries of Charity, Mother Theresa Home” sal besoek. Ek het die lys ge-ignoreer. Ek sal ‘n donasie gee, maar ek sal nie saamgaan nie. Ek sien nie kans nie. Maar my besluit word verydel wanneer my kollega Heidi, my baie mooi vra om saam te kom, sodat ons sommer saam kan ry. Ek’s verheug toe sy aanbied dat sy sal bestuur. Ek hou nie van die stad nie en ek ken myself. Ek weet nie hoe sterk ek gaan wees nie. Ons stop in Saint Georges straat, Yeoville. Die omgewing is vervalle. Toe ons die ou gebou instap word ons bekendgestel aan die hoofsuster. Sy is nie van Suid Afrika nie maar wel van Indie. Sy praat sag en bedank ons vir ons besoek en donasies. Ons word ingelig dat die meeste kinders (meeste nog onder ‘n jaar) hier gehuisves word nadat hulle deur hul moeders daar afgegee is. Ons loop deur na die vertrek waar om en by 15 babas in hul bedjies wag om gevoed te word. Ek kyk, maar ek wil nie vat nie. Groot oog, tandelose, duimsuiende wesentjies loer vir my. Ek wil wegkyk, ek wil eintlik weghardloop. Die ou koue gebou met die reuk van gekookte mielies en pap druk my eweskielik so vas dat ek wil hardloop. Ek gaan staan by ‘n venster wat uitkyk op een of ander vuil agterplaas, my tissue raak te klein en te nat. My kollega bied vir my nog een aan. Ek probeer weer, gaan weer in, kyk, vryf ‘n uitreikende handjie maar kry dit nog nie oor my hart om enetjie op te tel nie. ‘n Besoeker sit die dogtertjie met die pienk pakkie terug in haar bed, saggies en versigtig, sodat sy nie wakker raak nie. Ek staan langs die bedjie kyk vir ‘n rukkie en draai my rug. Ek word bewus van ‘n ligte aanraking, ek draai versigtig terug; dis sy, sy’t wakker geword. Armpies in die lug, tel my asb op vra sy met haar donker ogies. Ek tel die lyfie op en druk dit styf teen my. Ek skat haar amper 12 maande. Ek wieg heen en weer en neurie vir haar Tula tu Tula baba; sy raak amper onmiddellik weer aan die slaap. My oog vang my vriendin, ek wink na haar en vra haar of ons kan gaan as ek haar neerle. Ek doen dit versigtig, sit die speelgoedwurm saggies langs haar neer. My hart wil breek, my trane maak riviere oor my wange, ek loop, ek sal haar nooit weer sien nie. Ek wonder of sy warm genoeg vanaand gaan wees?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar