Rubrieke

Titel: Tydvrate
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat gedoen as iemand jou tyd in ‘n verhouding mors? Kom jy ‘n sterker mens daaruit of nie, as jy ooit daaruit kom?

Iemand het kommentaar gelewer op iets wat ek geskryf het deur te sê dat mense wat nie bereid is om te werk aan ‘n verhouding nie saamgedrom moet word. Sodoende kan hulle mekaar se tyd mors.

Ek kan nie meer hiermee saamstem nie. Sulke mense het nie regtig ‘n funksie nie. Hulle is soos parasiete wat net daar is om jou leeg te suig totdat jy niks meer het om te gee nie en dan skuif hulle net aan tot die volgende slagoffer.

Ek is al deur sulke verhoudings en die rekord tot dusver is twee jaar se tydmors. Afkraking van die oggend tot die aand van dat jy nie goed genoeg is nie. Jy is nie dit nie en nie dat nie. Alles draai om die monster te plesier.

Dan kom die oulike blommetjie siende mense wat altyd redeneer dat jy net altyd sterker uit hierdie goed kom. Ek glo nie altyd so nie. As jy swakker daaruit gekom het as wat jy ingegaan het en dan ook as jy niks aan jou as persoon verander daarna om die skade wat aangerig is reg te maak nie. Dan het jy tyd verloor.

Hoekom gaan ek niks doen om die skade wat aangerig is reg te maak nie? Hoekom moet ek? Ek was reg toe ek in die verhouding ingegaan het en ek is steeds reg. Die kanker is uit jou lewe en al wat jy nou doen is om aan te gaan soos van voor die verhouding.

Ek glo as jy wel iets in jou verander om dan die “beter” mens daaruit te stap gee jy nog tyd aan die wetter wat jou tyd gemors het. Hulle het klaar soveel gesteel, wil jy regtig nog gee?

Omdat ek glo ‘n mens kan nie verander nie is daar net een opsie en dit is aangaan. Sodoende keer jy dat nog meer tyd gemors word.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar