Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

In die middernags uur, wanneer slaap ontbreek,
en die enigste geluid die horlosie teen die muur se getiek, tiek, tiek is,
wonder ek hoe dit sou wees as ons die lewe agteruit kon leef.

Tyd terug kon draai, oomblike kon oor leef, gebeure kon verander, dade kon voorkom.
Die kans kon he om ongesproke woorde te kon uit basuin.
Ongeregtighede in sy spoor te kon stuit.

Wanneer die lewens piramide tuimel en die fyn kristal bal breek, dwing emosies ons terug in dit wat was en dit wat is.
In die spieel van onthou, kyk ons in die oe van onskuld,
klein lyfie gemasker met seer, soeke na aanvaarding van menswees, van kind wees.
Aan die een kant omvou met liefde, aan die anderkant geskonde met die
vuur van ‘abuse,’
vernietigend oorval die lafhartige satan, n hart van goud met smeulende lawa van ewige pyn en letsels.

Soos tyd spring van toe na nou, probeer ons die ongeregtighede dood leef in ons eie optrede teenoor die kleintjies, geleen aan ons.
Klein sieletjies word aan ons gegee in n neutedop.
Wanneer die tyd reg is plant ons die saad in die grond,
voorberei deur die groter tuinier,
ons werk die kompos van ons eie leef daarin.
Dag vir dag ontwikkel en groei ons nuut geplante boompies, so delekaat.
Dit is hier waar ons hul maak of breek, deur die regte hoeveelheid water,
voorsiening van siels kos, en son,
die beskerming teen weer, en parasiete wat daagliks op hul meswees wil teer.
Erens in die groei en snoei moet ons ook kans gee, dat nuwe wortels kan skiet,
N vaster ankering kan plaasvind in die eie reg van n unieke boompie.

Elk van ons praat ons eie taal van grootword.
Woorde wissel van lief na leed,
en ons elk skryf daagliks ons eie verhaal van toe en nou.
Beelde uit n gedagtes film speel sy spel van waaroms en hoekoms?
Ons luister vir antwoorde wat so selde terug op ons ore val.
Tikkend, slaend verval ons in die ratte van n voortsluierende klok,
Wat sekond vir sekond om tol, dag vir dag vir dag….

Tot op n dag,
wanneer die ratte los ruk en die tyd homself verloor,
breek ons vry van voordurende roterende gebondenheid van die verlede.
Ons gewaar die groot uitgegroeide boom wat hemel bo die kleintjies,
en ons besef dat,
ons sal moet sterf in ons verheerliking van n onveilbare wese gevorm deur tuiniere vanuit die uithoeke van die lewe.
Sodoende is dit die begin van n nuwe lewe, stadig dra ons die vrug van n nuwe onthou,
Nie van toe nie, want toe is verotte blare, toegeryp deur die afsterwe van wat was en die nuutgebore van wat is en die vooruitsigte van ons nuwe boompies, en van wat gaan wees…..









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uit die as (Deel 1)
Is waar!
5 jaar 9 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar