Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My vrou is 69 jaar oud.Na 'n klomp operasies sowat 20 jar gelede,het die gewone,ouderdoms verwante kwale hul opwagting gemaak.Artiritis,vetrolletjies en plooie,die grootste klagtes.En skielik sowat 4 maande gelede 'n nuwe verskynsel !Galbulte !.Oor die hele lyf,gepaardgaande met onuithoudbare gejeuk.Na die normale prosedure van salfies,boererate en neem van alle medikasie in die huis beskikbaar(wie van ons het nie al 'n apteek tot ons beskikking van vorige kwale nie ?)Toe is dit dokter toe,want sien,die galbulte(hives in engels) slaan oral uit,van kopvel,lippe,onderlyf,agter,voor en binne 'n uur verdwyn dit soos mis voor die son.Net om vanaand,veral in die aand met felheid weer te verskyn.Nou raak ons bekommerd en is ons dokter toe.Soos enige goeie dokter kyk sy ons beterwetend aan en laat blyk die klein probleempie is binnekort daarmee heen.Natuurlik is dit 'n allergie,wat het jy geeet ?Antihistamien !Kom sien my weer volgende week.Dankie betaal daar voor by die ontvangsdame.Niks verander nie,meer antihist
amien en nou 'n kurses kortisoon by(ons wil nie graag nie,dis gevaarlik)
Na die derde besoek en ongeveer 'n duisend rand later beveel sy 'n dermatoloog aan.Hy stuur ons vir R2000 se toetse en 'n hoer dosis ,wil jy raai ?,antihistamien,plus 'n angswerende middel en 'n kurses kortisoon(wil nie graag nie,dis gevaarlik !)
Toe dit nie verbeter nie en uit desperaatheid ons die die spesialis weer gaan soek,is hy op 'n pongres oorsee.Ons wend ons tot 'n ander dermatoloog en raai wat ? Nog R1000 se patologiese toetse en antihistamien en kortisoon.Toe word my vrou verskriklik naar bo-op die galbulte en die gejeuk.
Dis toek my tot die internet wend en begin 'Google'Binne sekondeskom ek af op honderde gevallestusies,kommentare en getuienisse van mense met dieselfde toestand.
Die prognose ? Al hierdie R1000de se medisyne en toetse help niks,verlig net effense simptome.Die siekte is ongeneesbaar !Dis die slegte nuus.Die goeie nuus is,die liggaam herstel die immumwanbalans self na tussen 6maande en twee jaar in 50% van die gevalle.Party moet dit bestuur deur dieet en ander gwoontes aantepas.
Ek weet nou meer van hierdie siekte as al my dokters.
My gevolgtrekking,ons moet beter beheer neem van ons gesondheid voordat ons alles aan hulle oorlaat !
Terloops,te danke aan hulle,sit my vrou met opgeswelde gesig en heelwaarskynlik lewer en nierprobleme.te danke aan die kortisoon, plus afhanklikheid aan antihistamien wat verbreek moes word.
Indien iemand sou belangstel en miskien die siekte het of ken,deel ek graag meer met u.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar