Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

En so kom nog 'n fase van my lewe tot 'n einde.

Aan die einde van 2012 het ek Woes ontdek toe ek na 'n platform gesoek het om Afrikaanse lirieke te plaas. Hier kom ek toe in aanraking met die digkunsgenre en waag ek ook my hand daaraan. Met die hulp van al my kommentators se aanmoediging en kritiek, en hier wil ek veral vir Rudi en Sneeuwolf uitsonder, groei ek toe so dat ek in 2013 en 2014 as die algelhele wenner van die GHA se gedigte kompetisie aangewys word, en in 2015 'n afdelingswenner.
(Alle eer aan my Vader)

Verder neem ek in 2015 deel aan die Woes-skryfprojek en word my eerste Geestelike boek: "En hulle in ons" in November gepubliseer; julle kan dit bestel by Groep7 Drukkers @ R119.95. Sonder die hulp en ondersteunig van Woes wat my gemotifeer het, sou ek nooit hierdie mylpaal kon behaal nie.

As moderator van Forum se Geloofsake was dit ook vir my 'n wonderlike voorreg om my geloofspassie uit te leef en met ander te deel. In elke week se "klip-inni-bos" het ons so baie uiteenlopende menings oor verskeie geloofsvraagstukke met mekaar gedeel. Baie dankie vir elkeen van julle wat so getrou saamgelees en deelgeneem het aan die gesprekke.

Aan Willem, Carol, Kiekies en Anze, baie dankie dat julle dit
vir ons moontlik gemaak het om ons passie uit te leef en nuwe vriende, geesgenote, op Woes te maak. Gelukkig kan ons mekaar steeds op facebook opsoek.

Aan al my getroue Woes-vriende, Mooi loop in 2016.

Groete Elizabeth (Karmenaadjie)



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vaarwel
Ek wuif jou goebaai met vet trane wat oor my bolwange rol!
4 jaar 3 dae 3 ure oud


Vaarwel
Baie dankie vir jou getroue lees en kommentare, dit het my baie gehelp en ek wens jou voorspoed en nog meer suskses toe. Die Here is met jou.
4 jaar 1 week 8 ure oud


die weervoorspelling
jys een van die digters wat se werk ek gaan mis....en een van die kommentators wat ek gaan mis...
dankie vir albei.
Hoop maar om jou werk op FB raak te lees...
4 jaar 1 week 1 dag 9 ure oud


***
Ek glo elkeen van ons het baie geleer en goeie vriende in die proses gemaak en ek is seker ons gaan dié platform mis.

Groete en mooi tye vir 2016 en vorentoe.
4 jaar 1 week 2 dae 23 ure oud


Vaarwel en dankie


Ek kan maar net jou nederig napraat...Dankie!
4 jaar 1 week 4 dae 6 ure oud


mooiloop
mooiloop Elizabeth ek gaan jou werk mis
4 jaar 1 week 4 dae 18 ure oud


Mooiloop!
Dit was altyd net 'n plesier om jou werke te lees . . . ek gaan jou geweldig mis!
4 jaar 1 week 5 dae 4 ure oud


Elizabeth
Baie, baie geluk met jou wonderlike prestasies. Mag daar nog baie wees!!!!

Dankie dat jy deel was van Woes en jou pragwerke met ons gedeel het.

Alles van die beste vorentoe.
Carol :))
4 jaar 1 week 5 dae 7 ure oud


dankie
Mooiloop, Elizabeth. Jou bydraes hier op woes was van onskatbare waarde. Dit was altyd die moeite werd om jou pragtige gedigte te lees. Voorspoed :-)
4 jaar 1 week 5 dae 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar