Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

UNIEK
VADSIG
STAPEL
OORDEEL
RIEM
TOON

Anderdag sit ons so hier in die kompleks waar ek woon en geselle sommer so oor ditjies en datjies voor die rugby begin. Hier kla een, daar murmureer ‘n ander. Eindelik is dit ou Vaal Piet wat sy stem dik maak en dit opsig self is ‘n verrassing. Hy is maar altyd die een wat daar in die hoek sit en mete sy toon speel terwyl hy aandagtig luister maar nooit self iets kwyt raak nie. Sien Vaal Piet kan niks doen sonder om Anna sy vrou te raadpleeg nie. Gewoonlik is Anna dan ook nie by wanneer ons dinge beplan en bespreek nie.

Ewenwel maak Vaal Piet sy stem dik en op sy eie unieke manier begin hy mos ‘n ding van stapel stuur. Hy reken dat elkeen net sy kant moet bring as ons die kompleks ‘n beter plek wil maak om in te woon. Dik Stefaans wil hom sommer dadelik in die rede val, maar Vaal Piet het nou stoom gevang en daar is geen keer nie. Hy maak Dik Stefaans stil en sê dan ook: “Kyk manne ek wil nou nie oordeel of veroordeel nie, die Bybel en Anna is immers daar teen, maar ons kan nie net so sit en niks doen nie. Kom ons begin dadelik en maak net ons eie tuine mooi skoon en netjies. Hou op om mekaar te vererg met laat aand partytjies ens.”

Ek moet erken dit was ‘n riem onder my hart om te sien hoe die manne een vir een instem. Elkeen onderneem om sommer die volgende dag te begin tuin maak. Die manne reken jy kan partytjie en fuif tot in die vroeë oggend ure net as jy al die ander ook nooi. So is ons dit een. Die rugby begin en nou is dit vir eers ernstiger sake.

Na die wedstryd is elkeen fort na sy eie plek. Wel dit is nou ‘n maand later en dinge het geen sins verander nie. Sien vadsig het die dag oorwin Ons kyk steeds rugby op Saterdae en doen geen tuinwerk nie. Sal seker maar moet wag tot Desember om die verandering te sien.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitdaging
Oulik :)
6 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 8 ure oud


Uitdaging
Daar het jy dit, vadsig is gelyk aan 'couch potatoe'! Hierdie was 'n lekker skryfsel, dankie.
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


vadsig
Lekker geskryf, vadsig-rugby-simptome..... verskoonbaar hoor!
6 jaar 5 maande 1 dag 3 ure oud


Vadsig
Jy het nou so pas al my vermoedens bevestig. Rugby en vadsig is die redes hoekom mense nie meer tuin maak op Saterdae nie...
6 jaar 5 maande 1 dag 7 ure oud


vadsig
Ja-nee so raak die manne traag as rugby ter sprake is
6 jaar 5 maande 1 dag 7 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    LIESBETH

    deur Trixie

    'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar