Weergawe: 1
Aantal woorde: 797
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 30 Jan 2012
Die mens is ‘n natuurlike verskynsel, dus volgens die natuurwetenskaplike perspektief het die mens (in sy totaliteit) dus ‘n natuurlike oorsprong en verklaring. Enige onnatuurlike verklarings is onwetenskaplik want dit opereer sonder bewyse. Onnatuurlike verklarings is dus ‘n geloofsaak.
Die alternatief is ‘n samesmelting van die begrip van god en die natuur. Indien god bestaan as die oorsaak van die werklikheid, is die werklikheid god. Die natuur is god se waarneembare dimensie en is voortgebring uit homself (indien nie uit homself is bestaan onafhanklik van hom). Die mens se waarneming is tot die natuurlike beperk. Kennis van so god is dus wetenskaplik bereikbaar. Waarneming ondersteun ‘n materialistiese natuur, dus god, as die oorsaak, is die materiële werklikheid. Die oorsaak van die werklikheid is dus materialisties of natuurlik.
Vir meeste gelowiges is so ‘n deïstiese begrip van god, god se dood. God volgens hul tradisies is ‘n teïstiese wese. Vir geloof om voort te bestaan moet god se bonatuurlike essensie bewaar word. Enige natuurlike soeke na god is dus ongeldig en futiel. Om in so god te glo is om die mens se limiete te verheerlik tot die hoogste waarde. Waar die mens nie kan gaan nie, daar is god. Onbegrip word verhef tot spirituele kennis. So ‘n god bestaan buite die rede. Hy is slegs emosioneel bereikbaar. God word internaliseer en verpersoonlik as gewete en beskermer. So gee hy koers en betekenis aan die mens en sy late.
Gelowiges meet hul aksies en gedagtes aan hierdie interne maatstaf. Dit verleen ook ‘n skynsel van objektiwiteit aan oortuigings gedryf deur hierdie bron. God praat deur gelowiges met mense. So oorbrug mense ook die natuurlike wantroue tussen medes van dieselfde oortuiging. Dit omseil die egos en skep ‘n groepsverband en vernootskap. Die wat deur rede gedryf word is uitgesluit van so ‘n bond.
Die rede poog om die onderliggende essensie van die gedeelde werlikheid te ontsluit. Die rede vertou ook die rationele ontsluitbaarheid van die werklikheid (gebasseer op presedent). Die fokus van die rede is ten eerste die eksterne wêreld.Dit diskwalifiseer persoonlike ervaringe as die roete na kennis. Die rede is dus in wese inklusief deur eksklusief te handel. Wat nie gedeel kan word nie staan buite die rede. Aksie in die gedeelde werklikheid verwesenlik en verbeeld (skep en komminikeer) die interne realiteit. So word die subjektiewe objektief vertaal.
Geloof se persoonlike natuur staan direk teenoor die strewe na objektiewiteit deur die rede. Geloof is eksklusief deur inklusief te handel. Geloof se rationaal kan nie gedeel word nie, elkeen kort sy eie oortuiging. Geloof is die moeder van individualisme, die rede die vader van die univesele. Om beide te akkommodeer is die struweling van hedendaagse westerse mens. Indien die ek oorheers lei die morele, indien die rede regeer lei die interne kreatiewe vors. Beide lei tot uitsluiting, vervreemding en geestelike stilstand.
Begrip verdryf aanbidding, maar bewondering bly behoue. Aanbidding is gebore uit onkunde, onsekerheid en angs. Deur die verpersoonlikking van die onverskillige natuur probeer die mens ‘n mate van beheer bekom deur die guns van die onbekende onderliggende verpersoonlike vors te wen. Menslike verhoudings verskaf die model daarvoor met die herargie van gesag as die struktuur. Onderdanigheid word gevra in die naam god. Deur onderdanigheid te lees as ‘n politiese saak, behou die mens die volle verantwoordelikheid van sy vryheid. Met die ondermeining van gesag buite die rede word die rede die intellektuele platvorm vir verhoudings.
Universele norme gee mense gelyke waarde. Slegs die vryheid wat almal kan deel word mekaar gegun. Dus positiewe en negatiewe aksies wat ander se vryheid beperk word die grens van moraliteit. Verandering toets die elastisiteit van die morele grense. Verandering is konstant, dus pas morliteit aan met tyd. Aanpassings vind plaas binne verskillende kategorie van moraliteit. Die fundementele basis van moraliteit omvou die subkategoriëe. Subkategoriëe verfyn weer in verdere nuanse elk binne sy eie bepaalde grense. Veranderende opvattings aangaande die kategorie plaas druk op die wande daarvan wat weerstand bied tot die druk homself uitwoed of die grense meegee om die nuwe norm te akkommodeer.
Die mens is die maatstaf. Die mens is veranderlik. Oor generasies verander die nuanse van moraliteit. Die kategoriëe van waardes se definisies transformeer met tyd binne die raamwerk van ‘n konstante struktuur. Dieselfde vra word gevra deur alle tye en die antwoorde reflekteer die kultuur. Die elementêre morele kategoriëe is onveranderlik, maar die nausering is vloeibaar.
“We hold these rights to be self-evident…”
Lees ander rubrieke deur Jacques De Villiers
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur borrels
ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart
Ek is wel oortuig daarvan dat daar heelwat meer omtrent die lewe is as wat rasionele denke by kan uitkom of kan omskryf en is van mening dat gedagtes en konsepte en die gepaartgaande rasionaliteit of gebrek daaraan produkte van die lewe is en die lewe nie 'n produk daarvan is nie.
Konseptuele raamwerke, waarsonder die rasionele en selfs die nosie van die irrationele nie kan bestaan nie is handige instrumente om ondermeer verbale en geskrewe kommunikasie moontlik te maak maar dit is ook moontlik om sonder enige konseptuele raamwerke te lewe.
Ek skat die mens is die enigste lewende wese op aarde wat konseptuele raamwerke skep en as nuttig beskou en ek dink ook dat dit meer 'n hindernis tot sielsalige lewe as iets anders is.