Titel: Van kommentaar en so
Weergawe: 1
Aantal woorde: 416
Kere gelees: 518
Datum gepubliseer: 19 Sep 2008
Ek gaan lewer nou net kommentaar op mandi engelbrecht se gedig ( dink dit was >Plek van ontwaking ).
Ek tik en gelukkig toe lees ek wat ek getik het voor ek stuur…:
JOU SLOOT IS ASEMSNAK BEAUTIFUL !
Toe dink ek by myself : ‘ Dit kan dalk nou net verkeerd verstaan word….’
En maak sloot toe maar slot ( soos ek dit intend het…)
Kommentaar kan mens nogals onbeplan in die dinges drop , net deur ñ vinger wat te dik is , of ñ verkeerde letter wat getik word of ñ spelglipsie of so iets…
( Nee , ek praat nie eers van kritiek of raad of verskil van opinie of annir goete nie…..dis ñ heel annir ballgame . Ook nie van oogklaplesers of oogklapdigters wat toi-toi , ketting e-mails stuur , ketting SMS’ E stuur , of vir Willem of jouself mail as jy iets kwytgeraak het wat teen hulle…eh….beginsels of geloof is of teen hulle seksuele voorkeure is bo hulle verstaan of visie is nie….Hehehehe ! I won’t fall into that trap…).
Anyway .
Nog ñ ding wat mens in groot moeilikheid kan kry , is natuurlik die skrywer /digter se ouderdom op wie se werk jy kommentaar en wat jy kwytraak .
Ek was skaars op woes toe lees ek hierdie gedig raak waar die girl ( …jip die ware geslag van veral ñ skuilnaam digter kan mens ook in die aarde laat insink en laat hap na borrels….maar dis ñ heel ander
storie !!!) in haar gedig vreeslik apologize vir wat sy either geskryf het of gekommentaar het aan wat either
ñ vriend / vriendin / of een of ander skrywer was .
Ek lewer toe kommentaar op haar gedig…kan nie presies onthou wat nie….maar soos van : Dis okay , moenie worry nie , life happens…en bla bla bla…( maar ek het die inhoud van die gedig heeltemal verkeer verstaan…)….
En deel van my kommentaar was dalk vir over 16 ’s…(…gelukkig nie te..ahm…bar nie….en darem half oordentlik dink ek…)
Na die tyd gaan ek toe na die girl se profiel toe….
En raai hoe oud is sy…?
Elf…!
..Ja , shoot !
Mens moet maar watch wat jy kwytraak en vir wie…..
Jy kan nie sommer net blindelings sê wat jy wil nie of hoe jy oor iets voel nie….
Soos een of ander slim jakkals(of jakkalswyfie ) somewhere gesê het :
“ Jy moet jou gehoor kies. ”
Amen
( 19/09/2008 15h03 )
Lees ander rubrieke deur RUDI COETZER
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die rubriek
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie rubriek

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Rubrieke
Gedigte
Artikels

deur Robelle
Verse oor liefde in blom, in krisis, verlore ... verwerkte grappies in digvorm
As hy nog net een keer my woorde verander van 'weet wat' na wee twat' toe!...