Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vandag voel ek so leeg. Tog het ek vanoggend opgestaan en n mooi rok aangetrek in die hoop dat vandag n goeie dag sal wees. Ek het al n paar keer in my dagboek geskryf en gewoonlik help dit. Maar vandag wil die leemte nie gevul word nie. Dit voel asof ek met iemand moet praat wat ek nie ken nie. Iemand wat net die sonskyn in jou binneste sit met een sin.
Ek weet more sal beter wees. Elke mens ervaar sulke dae. Elke vrou weet wanneer dit een van daardie dae is. Wanneer die take outomaties gedoen word en jy aan die einde van die dag wonder hoe het jy kos gemaak en die wasgoed gedoen.
Ons vroue het nie altyd nodig om n rede te he om hartseer te wees nie. Jy staan sommer so hartseer op.
Maar dan kry ons weer die gelukkiger dae, wat jy opstaan en wonder of die sonskyn jou kom wakker maak het, so vrolik voel jy. Ek verlang vandag daai dae. Alhoewel ek weet dit sal weer kom.

Dankie vir Woes. Dankie dat ek kan skryf, ek voel al klaar beter. En baie dankie vir die vriende wat kommentaar lewer en boodskappe stuur. Ek waardeer dit.

Groete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Leeg
Skryf is wonderlike terapie, en dit help veral vir daardie dae wat jy na iets verlang en nie eens weet wat dit is nie. Hoop dat dit gou weer beter sal gaan xx
3 jaar 9 maande 3 weke 5 dae 16 ure oud


Vandag voel ek so leeg
Ek gee uit die diepte van my hart ...

Vandag kom ek met ʼn ander rede, en wil vir julle as medemense ʼn geskenk van 200 Rand gee as ʼn nagedagtenis of as erflating.

1. Ek het ʼn 200 Rand noot.
Wie wil dit graag hê? Ek is seker almal van julle.

2. Kom ek gaan nog ʼn bietjie verder. Ek gaan die 200 Rand noot so effens mishandel.
Wie stel nog belang in hierdie noot? Weer sien ek dat julle keuse glad nie verander het nie.

3. Kom ek gaan nou iets ongehoords aan hierdie 200 Rand doen, en sommer ʼn hoek afskeur en sommer nog op hom spoeg. Want; ek hou nie van hierdie persoon se gesig op die noot nie.

Wie van julle stel nog belang in hierdie 200 Rand noot? Ja, — nog steed sien ek presies dieselfde begeerte vir hierdie 200 Rand noot. Maar hoekom stel julle dan nog belang in hierdie noot? Almal is dit eens: sy waarde het nie verander nie.

Nou hoeveel keer word julle in die lewe beledig, gevloek, vervolg op die geestelike vlak van julle innerlike lewe, en so kan ons maar aangaan, hoeveel ongeluk bring dit?

Moenie langer voel dat julle waardeloos in hierdie lewe is nie, selfs al wil julle julself minderwaardig ag of deur ander mense minderwaardig gekwalifiseer word. Julle waarde bly nog net een en dieselfde. Ongeag wat daardie persoon van julle wil dink of hoe hy julle wil behandel.

Nooit mag julle handdoek ingooi nie. Daar sal altyd mense wees wat julle waarde hoog aanslaan.
Nooit maar nooit verruil julle jul waarde vir enige iets in hierdie samelewing nie. Daar sal altyd iemand wees wat julle lief sal wil hê al lyk julle hoe.

Nooit maar nooit sal God julle onderwaardeer nie. Julle is en bly spesiaal in jul wese vir jul Verlosser.

5/6/2014.
3 jaar 9 maande 4 weke 1 dag oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar