Rubrieke

Titel: Verbode Terrein - Kort Komedie

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Presiese Pieter skakel sy selfoon af toe hy die ouderlingsbank betree. Hy stel sy gehoorapparaat in volgens die kerk se akoestiek en rig sy volle aandag op die verloop van die erediens. Bokant hom, oor die galery se rant, hou drie nuuskierige agies die gebeure fyn dop.

Dominee se boeiende boodskap is besig om die klimaks te bereik toe dit wreed versteur word met Sarie Marais se wysie wat uit onskuldige Pieter se baadjiesak weerklink. ʼn Stamp in sy ribbes bring hom tot die wrede werklikheid.

Drie giggelende boeties se sitvlakke het lelik gebrand.



Kommentaar

Goed vertel, in die kerk wil 'n mens altyd oor enigiets giggel.
Nikita
2 jaar 1 maand 3 weke 4 dae 15 ure 42 minute oud


Net wat kinders natuurlik op so 'n gewyde plek sal wil doen. Ek is seker van die ouer gemeentelede het ook saam gegiggel!
2 jaar 1 maand 4 weke 13 ure 17 minute oud



Wie Praat Nou? Boek 1 - ʼn Gids na die wêreld van Geestelike Energie

deur Thalita Goosen

Wie Praat Nou? Boek 1 - 'n Gids na die wêreld van Geestelike Energie - is die eerste van 'n reeks opeenvolgende boeke wat vanuit 'n geestelik/wetenskaplik/sielkundige denkrigting onderrig. Hierdie reeks boeke is gemik op daardie mense wat gereed is vir 'n hoër Waarheid en reguit antwoorde.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar