Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek is besig om te oefen om die Comrades maraton te gaan hardloop volgende maand. Dit sal my tweede wedloop wees, die een waarmee ek gekwalifiseer het en dan Comrades.

Ek het my eerste “lang hardloop” ‘n week voor my eerste maraton gehad en nie gedink dat ek drie ure aanmekaar kan hardloop nie.

Tot my skok kan ek toe en het toe sommer my eerste maraton vinnig klaar gemaak. Maar nou oefen ek nog meer. Ek draf nou al twee keer per dag. Ek het vandag alleen 24 kilometer gedoen.

Die grootste skok wat ek gekry het is die hoeveelheid kos wat ek verorber. Ek het mense oorgehad vir ete en ‘n 1,6 kilogram hoender gaar gemaak. Die twee vrouens het seker 500 gram van daardie hoender gehad. Ek het die res van die hoender, al die patats en pasta slaai ook gehad.

Aangesien ek ‘n slaaf aan my maag is het ek eers nou agtergekom die wonder waarin ek myself bevind.

Ek kan nou alles eet wat my maag nog ooit begeer het. En glo my as ek sê my maag begeer dinge beteken ek baie, na alles. Ek tel maklik gewig op en so ek kyk maar altyd na wat ek eet. Maar nou kan ek laat waai.

Ek het ham, kaas en tamatie konfyt gehad. Sousboontjies en vark tjops met patats, twee snye brood en ‘n sjokolade.

Dit voel of ek die geheim tot die maag se geluk ontdek het. Voer die beast wat hy begeer, solank jy dit weer kan verbrand.

So gaan uit en hardloop, hardloop selfs na jou naaste McDonalds aangesien jy dit dan verdien het.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar