Rubrieke

Titel: vergifnis
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vergifnis is my laaste happie oor die 7 karakter-eienskappe van liefde, nie die minste nie, ek dink defnitief een van die moeilikste! Soos ek deur die ander liefdes-dade einskappe gewerk het, het ek gevind ek baie swaar gekou het eerste aan geduld en toe eerlikheid, die ander happie-wyshede oor liefde is ñ natuurlike deel van my lewe en ek het ñ goeie fondasie om mee te werk, tog bly vergifnis ñ raakvat-onderwerp!

Ek voel uit ervaring en jare se berading dat mans baie, baie moeilik vergewe, maar wanneer hul wel vergewe het, vergeet hul heeltemal daarvan en wil vorentoe met ñ spoed. Dames het ñ andersom benadering, hulle vergeef maklik, maar vergeet baie, baie moeilik. Die feit dat vergifnis en nooit weer daaraan dink, hand-aan-hand loop, maak die karakter-eienskap van liefde so moeilik……

1. Ons moet ñ gesindheid van ware liefde aanleer teenoor die mense wat ons te na kom en ñ lewenwyse van vergifnis in ons verhoudings op ñ daaglikse wyse maak.

2. Jy moet leer hoe om iemand wat jou seermaak te vergewe en toe te laat om hom vry te laat van ons haat en woede oor die voorval, maar ons moet weet wanneer en hoe om elkeen te kan doen. Om iemand te vergewe, maar nie vry te laat nie, is net so verkeerd as om iemand nie te vergewe nie, d.w.s. soos ek aanvanklik gesê het, moet mans en vrouens biede aanleer hoe om beide toe te pas vir ware liefde-vergifnis.

3. Ons moet aanleer om gou-gou ons eie verkeerd-doeninge te erken om sodoende die ander persoon toe te laat om jou vinnig te vergewe en vry te spreek.

4. Ware liefdes-vergifnis tree op met kompassie teenoor die persoon wat jou seermaak. Liefde val nie die persoon aan nie, dit soek verandering in ñ mens se karakter-optredes en wil weet hoekom hy so opgetree het!

5. Wanneer jou te-na-komer weier om on-verskoning te vra, moet jy nog steeds in liefde kan erken dat jy seergemaak is, jy moet kan erken wat jou aandeel is en jy moet ten aanhoue van sy ongenoeë om sy aandeel te aanvaar, die liefde-daad van vergifnis toepas, hom vryspreek; en jouself toelaat om te vergewe en vergeet, al wil die persoon geen aandeel daarin hê nie, want dan plaas jy die onus op hom, en jy laat jouself toe dat God jou in liefde heelmaak.

6. By nature wil ons goed wees vir die wat goed is teenoor ons, maar God se ware liefde is goed vir jou, selfs al is jy sleg teenoor Hom; d.w.s. die ware liefdes-karakter-eienskap van vergifnis vergewe jou naaste soos jy jouself vergewe sal wil word vir dit wat jy oortree en ander te na kom.

7. Geen verhouding kan bestaan sonder vergifnis. Vergifnis moet toegepas word in die klein dingetjies; maar die kere wat die ander persoon jou irriteer, sonder dat hul eers daarvan weet, moet jy met jouself ñ ooreenkoms aangaan om die optredes te verdra, want net soos elke persoon verskillend is by nature, kan jy nie verwag om iemand elke keer te moet vergewe en vry te spreek omdat hul ñ ander kulturele of tradisie agtergrond as jy het nie, hierdie tiepes irritasies moet jy hanteer in liefde, verdraagsaamheid, gesprekvoering, goeie verstandhoudings en aanvaarding van verskillende persoonlikhede.

Jy kan slegs die liefdes-karakter-eienskap van ware vergifnis toepas in jou daaglikse lewe wanneer jy vergewe en vergeet en rekonsiliasie in al jou verhoudinge nastreef!

grOEtnIs
hErcULeS sOEthArt



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Klink goed
Maar mens moet ook nie terugstaan vir onreg of valsheid nie.
8 jaar 5 maande 1 week 2 dae 21 ure oud


onthou
om ook jou self te vergewe in die Naam van Yashua anders werk dit nie want soos teen ons oortree word so oortree ons teen ander shalom..m
11 jaar 1 week 1 dag 2 ure oud


ja nee dis vir my ook nie maklik nie veral om myself te vergewe dankie dis goed gedoen
11 jaar 2 weke 4 dae 2 ure oud


Vergifnis
Vergifnis is seker een van die moeilikste vrugte van die gees om in mens se lewe toe te pas.
Mens kan egter makliker vergewe as jy eers vrede met jouself gemaak het.
As jy jou lewe leef soos die Hemelse Vader wil hê jy moet doen, is dit maklik om in vrede met jouself te kan leef en sodoende ander te kan vergeef vir dit wat aan jou gedoen is (of wat jy dink wat verkeerd aan jou gedoen is)
Die krag in vergifnis lê egter daarin dat die ander persoon moet WEET jy hetv hom of haar vergewe.
Biae mooi gedoen Hercules.
11 jaar 3 weke 3 ure oud


verifnis
Hoe vergewe jy as die persoon wat jy moet vergewe word nie ophou met dit wat hy doen?
Koekoe
11 jaar 3 weke 8 ure oud


This does not mean that human beings cannot forgive; they can and do forgive; but forgiveness is not human; it belongs entirely to the Divine nature, and is a miracle when exhibited in the human - Oswald Chambers

Alleen met Sy hulp is dit moontlik om volkome te vergewe en vergeet
11 jaar 3 weke 13 ure oud


Om te vergewe is soms baie moeilik en vat tyd maar vergifnis is daar wel. Baie dankie vir hierdie deel.
11 jaar 3 weke 20 ure oud


Interresante happie. 'To err is human, to forgive, devine!' Alles so waar!
11 jaar 3 weke 1 dag oud


Sjoe dit laat 'n mens diep dink en nogal skaam kry so hier en daar, dankie vir die deel, en die herinner aan die waarde van vergifnis, maar ai die vergeet is nie altyd so maklik nie....
11 jaar 3 weke 1 dag oud



BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar