Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vergifnis. . .

Om te vergewe is seker een van die moeilikste dinge om te doen, veral as jy ‘n grootmens is, kinders kan nou baklei en stry, maar later kan hulle die beste pêlle wees.

In my lewe, was daar baie mense wat ek te na gekom het, deur hulle in my hart te dra, sommige van hierdie mense, was familie en sommige, weet nie eers dat ek eens op ‘n tyd, hulle in die hart gedra het nie.

Glo dit of nie, maar mense speel tog ‘n rol in die groot maak proses van ‘n kind, of dit nou jou ouers, susters, broers, onderwysers, vriende of net kennisse is, dit maak ook nie saak van ras, of klas nie.

As ek moet terrug dink aan my kinder dae, ek was/is al seun, met drie susters. My pa het destyds baie skofte gewerk en was maar min tuis, dit wil sê, my lewe by die huis moes ek meeste van die tyd, met my ma en drie susters spandeer, wat nie altyd maklik was nie. Ek dink, ek het, by sekere tye ‘n broer gemis, daar was ook nie altyd, tyd om met my pa, soos die Engelse sê, te “bond” nie. Ek dink ook nie dat hy veel van ‘n keuse gehad het om so baie te werk nie, maar die dinge wat ‘n seun gewoonlik met ‘n pa gedoen het, het ek gemis, soos om saam vis te vang, sports te kyk en om net “pêlle” te wees. Ek dink ook, dat ek eers, toe ek verstand kom kry, hom as pa verstaan het.

Op skool, was my lewe ook nie elke dag met rose besaai nie, as ek terrug dink aan my laer skool dae, dan kan ek nog goed onthou, hoe van daardie onderwysers my laat voel het, asof ek die een was, wat daagliks, deur soos ek dit ge ondervind het, moes “af-chop”

Dit was vir my ‘n stryd om elke dag skool toe te gegaan het, maar niemand het eers agter gekom dat my lewe by my skool “hel op aarde” was nie, net omdat daar sekere onderwysers was, wat besluit het dat ek die kalprit van die dag moes wees. Lyfstraf was mos destyds, nog die in-ding op skool, nie dat daar fout was daarmee nie, maar daar was tog “onnies” wat net met ‘n rotang kon praat, dat ek skoon ‘n vrees vir hulle gehad het.

So vandag het ek die geleentheid om te kan sê, ek vergewe jou, Mnr’e Patience en Bagus, al weet julle nie, hoe ek moes voel het nie.

Op hoër skool, was daar ook een van hierdie onderwysers wat gedink het, dat ek ‘n voorbeeld van gemaak moes word. Hy het ook nie geskroom, om in my gesig te sê, dat ek nêrens in die lewe sal kom nie, maar ek het nuus vir jou, Mnr. Adams, ek het iets van my lewe gemaak, so, jy’s ook vergewe!

As daar onderwysers daar buite is wat lees, onthou, ons kinders word in jul sorg gelaat, sodat julle, hul positief vir die lewe moet voorberei, en nie om ons kinders af te kraak en minder waardig te laat voel nie.

Ek het na my skool loopbaan, gaan werk op ‘n vrugte plaas, ek moet sê, dit was nogal ‘n belewenis, met baie uitdagings, maar daar was ook mense, wat my gal nog suurder gemaak het. Ek kan dus een afleiding maak, so lank as wat ons lewe, en grootword, sal daar maar altyd mense wees wat jou sal teleurstel en te nakom, al weet hulle ook nie eers dat hulle dit doen nie. So, vat so, Mnr’e Birch, Humby en Van Zyl, julle is ook vergewe!

Ek vra dus, as jy daar buite is, en ek het jou te na gekom, vergewe my?
Dit is, wat van ons verwag word, dis nie ‘n werk nie, dis ‘n moet!

BUKSIE
11 Maart 2006



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar