Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

.......om met 'n ander man se kalwers te ploeg, maar sien die hart van hierdie man.

Pieter van Schalkwyk (’n boer in Namibië) se gebed:

Hemelse Vader en almagtige Here. Dit is 2 uur in die more en ek kan nie slaap nie. In 21 jaar wat ek boer was dit nog nooit so droog nie. Ek is vanmôre voor U om te bid vir reën.

Voor ek vir reën vra moet ek U eers dank vir droogtes. Indien ons net vet jare en voorspoed gehad het, hoe arrogant, onafhanklik van U en onbewus van U goedheid en genade, sou ons nie gelewe het nie. Daarom moet ek U ook dank vir die voorreg om hier te kan boer. Hier waar ek elke dag U handewerk sien en ervaar. Baie dankie ook Here vir die wonderlike mense wat u rondom my in hierdie wereld geplaas het. 'n Unieke groep mense wat almal saam in dieselfde stryd gewikkel is. U het elkeen persoonlik gevorm, met elkeen se uniekheid, harder as kameeldoringhout, om hier te kan bestaan.

Om die mooi van hierdie boerdery te beleef het u 'n besonderse liefde vir die diere en die boerdery in my hart gesit en daarvoor is ek U baie dankbaar. Maar Liewe Heer dit is as gevolg van hierdie liefde, en my tekort aan insig, wat maak dat ek U weë nie verstaan nie.

...Ek verstaan nie wanneer die lammerooi aan die voet van die duin omval as gevolg van swakheid, en nog steeds net oor haar lam se welstand bekommerd is nie.

...Ek verstaan nie as die koei met ‘n sug gaan sit en ons altwee weet sy sal nooit weer opstaan nie.

...Ek verstaan nie as ek in die onskuldige bruin oë van die verswakte koedoekoei, wie se voet in die draad gehaak het, kyk en sien sy wag op die verlossing van die dood, wat uiteindelik deur dors en hitte-uitputting onder die skroeiende woestynson, veroorsaak sal word.

...Ek verstaan nie as ek "hart se punt"-koeie by die slagpale moet aflaai, en nog onthou hoe hulle kalwers gelyk het, en selfs hoe ek sommige van hulle as klein kalwertjies onthoring het.

...Ek verstaan nie as jong eerstelamooitjies net ribbes en gekoekte wol is en ek onthou vaagweg hoe 'n gladverhaarde ooi lank gelede vir haar vet lammetjie geblêr het terwyl die komkommersap teen haar wang afloop.

...Ek verstaan nie as my ryperd een oggend stokstyf is as gevolg van elke aand se kragvoer, omdat daar niks meer hooi in die veld is wat hy bedags kan vreet nie.

...Ek verstaan nie as ek die donkie langs die pad sien lê wat in die tuig gesterf het, en ek weet sy eienaar het ook maar nie ‘n plan gehad nie.

...Ek verstaan nie as die groot springbokram struikel -struikel voortsukkel nie.

Ek verstaan nie as die erdvark, wat n nagdier is, in die middel van die dag, vermaer en verdonker, op die warm rooi sand rondploeter op soek na iets om te eet.

...Ek verstaan nie dat die graspolle, die bron van kos, in klein swart knoetsies verander het sodat die wind hulle wortels oopkalwe en die woestynson dit verdroog en verdood.
...Ek verstaan nie as die windpomp net wind blaas omdat die boorgat opgedroog het, terwyl my verstand verdof is deur 'n wolk stof en 'n gebulk en geblêr wat deur my bene en murg sny.

Here, ek verstaan nie hoekom U dit oor hierdie onskuldige diere laat kom, terwyl U vir my, sondaar, net goedheid en guns gee nie. Here ek verstaan dit nie, maar ek weet wel dat ek nooit die straf wat ek verdien, sal kan dra nie. Daarom, voor ek vir reën vra, smeek ek om U genade en vergifnis. Ek bid ook vir wysheid om tussen goed en sleg te kan onderskei. Ek bid veral, Here, dat ek nooit arrogant sal word nie, want alle eer kom U toe. Ek bid ook vir wysheid en krag vir die hele gemeenskap om op die regte manier deur hierdie droogte te kom.

Ek verstaan nog steeds nie hoe die gemsbok in hierdie tyd so sterk kan bly nie, maar ek bid dat U ons almal die gemsbokke van hierdie droogte sal maak.

Here, noudat U my hart ken smeek ek by U: "GEE ASB VIR ONS ALMAL REëN EN GEE ASB VIR ONS ALMAL GENOEG REëN!!"

Amen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ano
Vergunning
Ek verstaan ook nie.
Die enigste ding wat ek verstaan, is dat ek nie die hele wereld kan red nie. Doen maar wat ek kan in my klein ou wereldjie. Vir die res kan ons net bid en vertrou dat dit verhoor sal word.
4 jaar 3 weke 6 dae 11 ure oud


droog
Dankie Kiekies vir hierdie gebed van 'n mede Namibiër.... dit raak my hart en ek verstaan sy onvermoë dat hy nie verstaan nie.. en bid ek ook saam vir Gemsbokgenade en baie reen. Dit is 'n besonders treffende puik werk.
4 jaar 3 weke 6 dae 11 ure oud


droog
Hierdie het ek ook toevallig raak gelees op fb. Dit is werklik 'n hartsgebed wat mens baie diep aanraak. Dankie dat jy dit weer met ons deel.
4 jaar 3 weke 6 dae 13 ure oud


gebed
Lynette dankie dat jy hierdie met ons deel. Dit is n hartroerende gebed en soos hierdie boer verstaan ons ook nie maar bly bid, al kom die wolke so belowend op maar niks gebeur nie
4 jaar 3 weke 6 dae 15 ure oud


Namibië . . .
ja – ek het verlede week in die Republikein, Namibië se Afrikaanse dagblad, hierdie gebed van Pieter gelees en my hart het ineengekrimp, want ek wéét so presies, ek weet so presies . . . http://www.republikein.com.na/menings/gebed-vir-re-n.260152

Intussen het die gebed 'viral' gegaan daar aan Afrika se suidste punt, ek het hom ook op die internet gekry van my Namibiese vriendinne. Ek glo die Here hóór en Hy sal uitkoms gee. Ek sê AMEN. As ons ons harte verenig in ootmoed. En dankie Kiekies . . .
4 jaar 3 weke 6 dae 16 ure oud


Z
Hierdie is uitstekend. Hart uitgestort voor die Meester is die gebed vir reëm een kort kragtige sin.
4 jaar 3 weke 6 dae 23 ure oud


Droogte
Hartroerend en opreg. Pragtige werk
4 jaar 3 weke 6 dae 23 ure oud


VERGUN MY SEBLIEF
Had ons maar die geloof soos 'n gemsbok, ongeag wat die omstandighede mag wees en nooit ons geloof smaad...
4 jaar 4 weke 2 ure oud


Droogte
Pragtige bydrae :))
4 jaar 4 weke 3 ure oud


Vergun . . .
Dit is net hiere waar die mens met al sy slimmigheid en vermoë
Net maar kan smeek en vra . . .
Thanks.
4 jaar 4 weke 7 ure oud


Vergun my seblief
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar