Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek verkies betaal as verniet, jy het net soveel meer opsies.

Ek is nou al ‘n ou man as dit kom by dinge van die lewe en as daar een ding is wat ek al geleer het is om altyd te betaal vir dienste, produkte en whatever anders wat jy nodig het.

Die probleem met verniet is dat jy nie kan kerm daaroor nie. As die ding breek kan jy nie gaan kerm nie. As die diens erg suig dan kan jy nog minder klae daaroor. Onthou net as jy betaal kan jy ‘n sekere kwaliteit of diensvlak verwag.

Maar hier kom die kramp in my liggaamsdeel wat met stoele kontak maak. Hierdie ou sit nou die dag en kerm by my oor hierdie patetiese maatskappy. Hierdie maatskappy wat SO lank vat om hulle telefone te beantwoord. Hierdie maatskappy wat nie vir hulle kliente omgee nie.

Ek stel toe maar voor dat hy net hierdie diens by ‘n ander maatskappy gaan kry. Nee, hy wil nie want dan moet hy daarvoor betaal. Ek dog ek wetter solied van my stoel af. Hierdie wetter het sopas 5 minute van MY lewe gemors om te kerm omdat hy ‘n cheap skate is.

In my hartseer oor die 5 minute wat ek nooit weer sal sien nie, dink ek toe terug oor die tyd wat ek hierdie persoon al ken. Dit is die ou wat sy gesin na die 10 jaar verjaardag van ‘n winkelsentrum neem omdat daar “free” T-hemde gaan wees.

Regtig, as jy issues het om ‘n paar Rande vir iets wat belangrik vir jou is uit te haal, moet dan nie ons ander mense se tyd te mors om daaroor te kla as dit nie uitwerk nie. In fact, vermy kontak met ander mense. Netnou trou jy en maak kinders en dan word hulle groot om net soos jy te wees. Die wêreld het nie nog van julle nodig nie!

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ACV
verniet, nee dankie
Nou het jy n waar ding kwytgeraak. Daar is mense wat op winskopies ( of verniet ) jag maak, maar dan kla as dit nie is wat hulle wou hê nie. Ag asseblief, ons is van jongs af geleer: niks vir niks en baie bietjie vir n tiekie. Betaal dan liewer as jy iets ordentliks verwag. Groetnis
13 jaar 3 weke 6 dae 12 ure oud


Verniet, nee dankie!
Ek stem! Ek het nog nooit 'n "winskopie - verniet bejagse persoon" gesien wat tevrede is met diens of iets wat hulle gekoop het nie. Dis net daai trotse glimlag wat spoggerig vertel van die "gelukkie" daarna sterf die "gelukkie" 'n stille dood.....van 'n asblik moord....
13 jaar 5 maande 3 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE DODELIKE SPEL

deur neels claasen

Speurverhaal waarin luit. Kas Dreyer die moord op n smokkelaar ontrafel



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar