Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wat is verniet in die lewe? Waarlik verniet in die lewe? Dit is vrae wat ek myself gereeld afvra. Elke keer antwoord ek myself en die antwoord is altyd: “Niks!”

Nie eers die suurstof wat ons in asem is verniet nie. Dit word ons gegun deur God en Sy genadelike Liefde wat Hy daagliks aan ons bewys. Die prys wat daarvoor betaal is, is soveel meer as wat ons ooit sal kan besef of self sal betaal. Sien ons as mens besef nie hoeveel dit kos nie.

Dit is maklik om liefde aan iemand te bewys en ons dink dit is verniet, maar ons betaal onbewustelik die prys. Sien wanneer ons lief is vir iemand sal ons opofferings maak vir daardie persoon sonder dat ons dit eers besef. Elke opoffering is ‘n prys wat ons betaal. Dieselfde is waar wanneer iemand ons lief het. Ons sal dan ook vir hulle opofferings maak. So betaal ons elke dag ‘n prys vir die liefde sonder om te besef.

Wanneer ons materiële goedere ontvang en nie daarvoor in geld of arbeid of ‘n tasbare vorm betaal nie, sê ons dit is verniet. Tog bedank ons die gewer en toon dankbaarheid daarvoor. Onmiddelik het ons iets gee om daardie geskenk of item te ontvang. Die betaling het net in ‘n ander vorm plaas gevind. Dit laat my altyd dink aan iets wat my Oupa lief was om te sê:

“Niks vir niks en ‘n baie klein bietjie vir ‘n tikkie.”

Ek het dit noot werklik verstaan nie tot ek ouer geword het. Sien ons kan niks ontvang sonder om iets te gee nie. Maak nie saak wat dit is nie. Selfs net ‘n glimlag is betaling vir ‘n goeie daad. Dit bring my terug na my tweede paragraaf.

God se Liefde kos my en jou niks nie. Of ons glo of nie Hy het ons steeds lief. Wanneer ons glo en Hom eer en lief het betaal ons maar ‘n baie klein prys. Sien God het geweet ons as mens sal nooit die prys kan betaal nie. Hy het dus die prys daar gestel vir ons, maar Hy en Jesus het dit namens ons betaal. Jesus het met Sy kruisdood die prys vir ons verlossing en God se Liefde aan ons betaal.

Dus niks is verniet nie. ‘n ander betaal dalk net die prys vir jou.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

verniet


hoop
geloof
liefde: kos liefde werklik iets?
die beloning vir liefde is oorvloedig
6 jaar 8 maande 1 week 1 dag 20 ure oud


Huh?
Komminsens, oftewel "common sense" is mynsinsiens een van die waardevolste bates wat tot die ganse mensDOM se beskikking is.
Ongelukkig kan ek vir die oomblik nie 'n goeie Afrikaanse beskrywing vir komminsens vind nie. 'Rasionele denke' doen dit gewoon nie.
Hoe ewwir.
Sal dit nou nie wonderlik wees, indien ons hierdie gawe wat ons vir minder as niks gekry het, ontwikkel, vertroetel en dag vir dag inspan nie?
Om asseblieftog nie aan't dweep te gaan, of om allerlei afgode en geeste daarvoor te bedank nie!!!
Is gewoon hoe dit is.
Niks ingewikkeld nie.
Komminsens. Vir niks. Mahala.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 8 ure oud


Glimlag
Soms, as ek in 'n winkelsentrum rondstap glimlag ek vir iemand...sommer oor ek vriendelik voel en die ander persoon blykbaar ook. Die glimlag bly skynbaar vir 'n hele rukkie op my bakkies, want skielik kry ek sommer 'n hele paar glimlagte van wildvreemdes. Dis verniet, is dit nie? Bitter min dinge is verniet...daar is baie wat nie geld kos nie...
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Verniet
Dave, nou moet jy erken. Al daai pakke slae wat jy gekry het om kerk toe te gaan was ook nie verniet nie!!!! Ek kan nie met Brandewyntert saamstem nie. Jy moet opoffer om SY kind te mag wees. Jy moet jouself tot HOM bekeer. Dus betaal jy deur die ou lewe agter te laat en HOM aan te hang.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 11 ure oud


*
Ek stem saam met BT. Dit wat ons teruggee is net om ons dankbaarheid te bewys. Geen prys. Dankie dat jy mens weer bewus maak hiervan.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 13 ure oud


Alles
Maar Alles wat God jou gee is verniet.. Jy skuld niks. Dis verniet.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 14 ure oud


Verniet
Mooi saamgevat Dave en dat ons hierdie dan nie uit die oog verloor met die komende Paasfees nie, en onthou waaroor dit gaan.
6 jaar 8 maande 2 weke 5 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

TRILOGIE

deur Warra-Warra

Bundel Naam: not ‘n f#& ISBN #: 978-0-620-46799-5 Inhoud: Gedigte (selfmoord; aanranding & mishandeling; egbreek & egskeiding; prosa) Bundel Naam: liefde se g$# ISBN#: 978-0-620-46800-8 Inhoud: Gedigte (liefde; romanse; vriendskap; SielsGen♫t versugtinge) Bundel Naam: alle'ander K#& ISBN#: 978-0-620-46801-5 Inhoud: Gedigte (tussen die lyne; tussen'in woorde; woord'affair; digters'waan; duet gedigte)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar