Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Soos die jare aanskuif ontstaan daar ʼn hunkering wat deur die eie ek in sy eie menswees aangevuur word, dis om weg te kom van wat is en te ontvlug na wat waarskynlik kan wees.
Baie weet selfs nie waarna hul smagting is nie. Sommige beny ander se natuurlike blonde staat van menswees. Dis nou eenmaal so dat die beste tegnologiese wonder dit nie aan hulle kan gee waarna hul so naarstigtelik hunker nie. Ander wil weer voorgee wat hulle in werklikheid nie is nie. Dis ʼn vergeldingsaksie met hulself waar soveel in ʼn konflik met hulself leef terwyl die hunkering hul bly ontwyk. Dan kry ons daardie soort wat hulself met permanente ink bekrap om hul werklike karakter daar agter weg te steek. Wat is die prys wat die mens sal betaal om nie homself te wees nie? Is dit die blond óf die grou waaraan hy so graag wil vashou. In hierdie stryd is daar net een wenner en dit is hyself. Die invalshoek van verrassing waar die handskoene aangetrek word om die eie ek aan te vat oor homself..... Daar’s geen groter satisfaksie as om homself te aanvaar vir wie hy is nie.

07/09/2015 om 13h15.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ʼn Verrassende einde.
Hou van hierdie 'invalshoek'-beskouiing van jou!Maak sin.
4 jaar 1 week 3 dae 17 ure oud


Die waarheid
. . . is altyd groot en jy verklaar hierdie waarheid baie mooi en duidelik!
4 jaar 1 week 4 dae 23 ure oud


verassende einde
Ons almal dra maskers in die lewe. Verskillende maskers vir verskillende geleenthede en in die proses vermoor ons ons eie unieke karakters
4 jaar 1 week 4 dae 23 ure oud


Verassende einde
Jy het n groot waarheid hier vasgepen Arnold.. as ons nie vir ons self kan lief wees en tevrede wees hoe God ons geskape het nie kan ons dit ook nie van ander verwag nie
4 jaar 1 week 5 dae 11 ure oud


verrassende einde
'n Vriendin van my praat altyd van die baadjies wat mens aantrek wanneer jy uit jou huis uitgaan die wêreld in... Goed gepen.
4 jaar 1 week 5 dae 16 ure oud


Self
Daar’s geen groter satisfaksie as om homself te aanvaar vir wie hy is nie.

Ja jy is so reg. Ook geen groter bevryding as om te ontdek dat God jou ook so aanvaar, want Hy het jou so gemaak en dis goed!
4 jaar 1 week 5 dae 17 ure oud


Self
Groot, groot waarheid Arnold.As ons maar net onsself wil wees sou die lewe soveel minder gekompliseerd gewees het.
4 jaar 1 week 5 dae 17 ure oud


self
Nou praat jy ware woorde Arnold, as ons nie die selfondersoek met handskoene aanpak en aanvaar wat ons daar uitdelf nie, gaan ons eenmaal nie wens nie. Goed gepen.
4 jaar 1 week 5 dae 17 ure oud


Verrassende einde
Dit is inderdaad die waarhetd wat jy hier praat. Ons is almal twee mense, een mens by die huis en dan die ander buite die huis waar jy almal probeer tevrede stel. Goeie skrywe.
4 jaar 1 week 5 dae 18 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar