Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

God is elke dag met my en jou besig. Hoe het Jesus dit gesê: Hy gaan ons lei deur Sy stem. En Hy praat op baie maniere met ons. Hy gee vir ons op baie maniere woord, beloftes, maar ook drome en passies hier diepbinne in ons waaraan ons kan vashou en hoopvol na kan luister.

Maar die belangrike is dat ons dan, op grond van die woorde, beloftes en drome, in geloof daarvan werk maak en begin om daardie tree die onbekende in te gee totdat daardie woorde, beloftes en drome in vervulling kom of totdat God self vir ons wys en sê: Tot hiertoe en nie verder nie. Of wanneer Hy vir ons sê: Nee, hiervan gaan niks kom nie. Nie hierdie kant toe nie, daardie kant toe!

Sommige onder ons gee so maklik moed op. Dinge gebeur dalk nou nie soos wat hulle gehoop en gedroom het dit moet gebeur nie en dan hou hulle sommer net op om daardie droom of woord na te jaag.

Maar dalk wil God jou daardeur net oortuig dat daardie droom of woord aan jou op ’n ander wyse gerealiseer moet word. Onthou jy daardie storie wat ek jou vertel het van die gesin wat Libanon toe is om daar ’n Christelike TV-stasie oop te maak? In die proses ontdek hulle toe dat die Here eerder wil dat hulle met ’n korrespondensiekursus oor die internet daar moes begin waardeur hulle al die Oostelike Moslemlande kon bedien met die basiese waarhede van die Evangelie.

Daarom wil ek jou vandag aanmoedig om erns te maak met God se beloftewoord aan jou. Hou aan om erns te maak met daardie drome en hartspassies daar diep binne-in jou waarvan jy oortuig geraak het dat dit werklik van God is.

Ek bid dat elke plek en area in jou lewe waar daar ’n hopeloosheid posgevat het wat jou ekonomies beinvloed het, dat daardie hopeloosheid verdring sal word deur ’n opgewondenheid en hoopvolheid dat God iets nuuts en merkwaardig juis in daardie area wil doen.

Vriende, ek het weer die afgelope tyd so bewus daarvan geword dat God nie ’n God van net genoeg is nie. Hy was dit nog nooit nie en Hy sal dit ook nooit wees nie.

Dink maar net byvoorbeeld aan die kere wat Jesus die skares honger mense gevoed het. Elke keer was daar te veel kos. Natuurlik het Hy nooit toegelaat dat iets vermors moes word nie. Daarom het Hy elke keer vir Sy dissipels opdrag gegee om wat oor was te gaan optel.

Stap ’n bietjie buitetoe en kyk op na die blou lug bokant jou. Vra jouself af: Hoeveel blou lug het ons nou werklik nodig?

Dink ’n bietjie verder. Dink hoeveel sterrestelsels lê anderkant daardie blou lug bokant jou. Hoeveel sterrestelsels is nou genoeg?

Dit laat my net besef dat ons God ’n God van ekstreme is. Dat Hy met al hierdie dinge wat Hy geskep het, ons net wil help om te besef dat Hy baie groter is as wat ons ooit kan dink of begryp.

Hy is tot baie meer in staat as wat ons ook kan dink of selfs glo.

Ek wil weer sê: Ek glo dat hierdie ’n tyd en ’n seisoen is van ekonomiese deurbrake. Dit is ’n tyd waarin ons God kan vertrou vir daardie ekonomiese seën, groot oeste, deurbrake in besigheid wat ons beleef het God aan ons belowe het.

Ek bid dit veral vir diegene onder ons wat daardie deurbrake bitter nodig het.

Maar ek bid ook dit vir jou verhoudinge met ander mense, soos jou gesinslede en jou familie. Ek bid dit ook vir daardie situasies in jou lewe waarin dinge net nie wil bes gee nie. Dat jy opnuut gevul sal word met hernieuwde hoop dat dinge ook daar gaan verander en gaan verbeter.

Ek wil jou herinner dat ons Jesus, waarop ons hoop, Iemand is wat mense kan verander en kan restoureer. Hy kan mense van gedagte en opinie laat verander. Hy kan harte verander en gesindhede laat verander. Hy kan ons weer nuwe hoop laat kry.

Kom ons begin dank Hom juis vir daardie uitdagings en krisisse in ons lewe. Dat Hy ook, soos Rom. 8:28 belowe, dit kan verander en kan gebruik tot ons bes wil.
MOENIE die titel en jou naam hier invoeg nie. Dit word outomaties bo aan bygevoeg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

vertrou
Baie dankie vir die deel en gebed Christo, ons kan ieder en elk baat vind hierby. Ons is maar te geneig om goed te wil aanjaag en ons rigting in te druk, maar ons moet geduld aan die dag lê, want Hy gee uitkoms op Sy tyd.
5 jaar 2 maande 1 dag 14 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar