Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ongelooflik hoe oningelig party van ons medici en selfs die gewone man op die straat is, as dit kom by die werking van vesel in die spysverteringsstelsel. Hoe ouer ‘n mens word, hoe minder vesel moet aanbeveel word maar die teendeel gebeur. Daar word juis meer vesel voorgeskryf wat uiters gevaarlik vir baie jong kinders, ouer mense, persone met maagprobleme en bedlênde pasiente kan wees.

Sodra vesel in die dunderm beland, fermenteer dit soos suurdeeg en veroorsaak gas. Die asiditeit (suurgehalte) van die fermentasie kan inflamasie van die ingewande veroorsaak. Vesel kan buikpyn en groot hoeveelhede stoelgang veroorsaak. Die chemise samestelling en werking van velsel, hoë suurgehalte en groot stoelgange is vermoedelik die oorsaak van poliepe, die voorloper van kanker. Wanneer stoelgang te groot word van te veel vesel, veroorsaak dit hardlywigheid. Dan word die fout begaan om nog meer veselsryke kos aan te beveel!

Sodra vesel in die maag beland, klont dit saam, en kan ‘n obstruksie tussen die maag en dunderm veroorsaak . Dit veroorsaak naarheid en en die risiko vir naarheid met braking is hoër indien ‘n maagseer of baie sensitiewe, beskadigde of verswakte weefsel van die maag teenwoordig is. Obstruksie in die jejunum (twee vyfdes van die dunderm), wat wyer en dikker as die ileum (drie vyfdes van die dunderm) kan voorkom. Indien die obstruksie nie met ‘n endoskopiese prosedure herstel kan word nie, is ‘n operasie die enigste lewensreddende opsie.

Indien klein hoeveelhede vesel uit natuurlike ongeprosesseerde voedsel ingeneem word, kan dit nie probleme veroorsaak nie. Klein hoeveelhede natuurlike vesel (meesal oplosbaar) sal nie obstruksie in die ingewande of diarree veroorsaak nie. Die meeste daarvan sal in die dunderm fermenteer en die oorblyfsels sal nie die stoelgang sodanig vermeerder dat dit enige skade as gevolg van uitsetting, kan veroorsaak nie.
Lees gerus: Fiber’s Role in Disease – Baie insiggewend en kan dalk die oplossing wees vir jou “gas” probleem?
Ek haal aan:
“Avoiding dietary fiber in food isn‘t an easy task. It is often hidden behind obscure names such as cellulose, β-glucans, pectin, guar gum, cellulose gum, carrageen, agar-agar, hemicellulose, inulin, lignin, oligofructose, fructooligosaccharides, polydextrose, polylos, psyllium, resistant dextrin, resistant starch, and others.
These ingredients are factory-made from wood pulp, cotton, seaweed, husks, skins, seeds, tubers, and selected high-yield plants that aren’t suitable for human consumption without extra processing. They are widely used to add texture and volumes to ersatz food. For example, guar gum or cellulose gum are added to water and dry milk in order to fake yogurt or sour cream consistency, carrageen gives texture to cheap ice cream, and pectin thickens fruit preserves.”

Dus, die enigste betroubare metode om verborge bronne van vesel vas te stel is om etikette behoorlik te lees!
Nou die heerlike soet interessante nuus van sjokolade!!
“Dark chocolate contains more antioxidants and other compounds that can help lower blood pressure, improve insulin sensitivity and protect the health of blood vessels, as reported in the March 2009 issue of the journal of the American Heart Association, "

Nog goeie nuus van sjokolade:
 As chocolate consumption increases, coronary heart disease in the United States has been shown to decrease [ref name="source17"]Djousse L, et al. Clin Nutr. 2011 Apr;30(2):182-7[/ref].
 Although high in fat content, the majority of the fat is composed of stearic acid which does not negatively effect cholesterol levels [ref name="source18"]Steinberg FM, Bearden MM, Keen CL. J Am Diet Assoc. 2003 Feb;103(2):215-23[/ref] which had also been reported by Dr. Weil.
 Dark chocolate may reduce LDL and total cholesterol levels when consumed over a period of two to twelve weeks [ref name="source20"]Tokede OA, Gaziano JM, Djousse L. Eur J Clin Nutr. 2011 Aug;65(8):879-86[/ref].
 Due to cocoa’s potential to reduce cardiovascular risk, cocoa consumption may play an indirect role in a reduction of all-cause mortality and may play a “pivotal role in human health” [ref name="source21"]Grassi D, Desideri G, Ferri C. Arch Biochem Biophys. 2010 Sep 1;501(1):112-5[/ref].

Dit blyk dat donker sjokolade dalk ‘n gesonder opsie is as sogenaamde “gesondheidskosse” met kunsmatige vesel! Aan die verandering ten opsigte van die rondings wat dan nou effe voller gaan raak, sal maar ‘n koue skouer gegee moet word! Wat van ‘n heerlike ontbyt - sjokolade en koffie!

Liewer sjokolade gesond as vesel siek!

* Verskoning word aangebied vir die Engelse aanhalings: maar om die inligting korrek te kan weergee, moes dit oorspronklik gehou word.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Tjoklit
Baie dankie vir hierdie leersame bydra. Ek het al self agter gekom dat ek suur ontwikkel wanneer ek te veel volgraan brood eet. Ek eet elke oggend sjokolade saam met koffie....probleem is, ek hou nie so baie van die heel donker sjokolade nie. Nogtans....om te hoor dat sjokolade gesond is, is soos musiek vir my ore
7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 15 ure oud


VESEL
Ek vra nogmaals verskoning vir die tikfout of twee, (chemiese en vesel) Na my nagmerrie ondervinding met 'n dunderm obstruksie, narkose en nou babakossies, is die vingers nog lam en proeflees nog lammer.....
7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 17 ure oud


Vesel
Jammer vir die tikfout: bedlêende
7 jaar 8 maande 1 week 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar