Rubrieke

Titel: Voel ek soos 'n Afrikaan

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek lees op News 24 Dat Pres Thabo Mbeki, ja hy wat niks te sê het oor ons treurige en nou ook, as ons die media glo, ons gereelde dronk en soms kriminele Veragbare minister van Gesondheid (en te oordeel aan die fotos, ook Rondheid), van mening is dat die verandering aan allerhande name die land meer Afrika’ans maak eerder as Anglo-Europees. En dat dit ‘n goeie ding is. En toe wonder ek of ‘n naam my iets anders kan maak as wat ek is. Na vele nabetragting en ge-teoretiseer en nog meer ge-filosofeer, kom ek agter, dat dit alles ‘n gejaag is na wind, soos die Prediker so amper 2000 jaar gelede geskryf het met insig wat hom definitief in ‘n ander klas gesit het as Homo Ereksie en sodoende ook die basis gelê het vir Einstein se teorie oor relatiwiteit. Maar ek wyk af – terug na die naam en of dit die ding vir my kan doen, of nie, hoe dit ook al sy, of nie.

Ek het nog altyd gedink aan myself as ‘n Suid Afrikaner en, na 1994, en in die gees van rekonsiliasie en verdrukking, het ek myself ook ‘n Afrikaan genoem, synde ‘n inwoner van ‘n land op die vasteland Afrika. En kleur op die kantlyn gelos en hard probeer om dieselfde met vooroordele te doen maar met minder sukses. Maar dit daar gelaat vir eers.

Toe ek nou Pres Mobakies, ek bedoel Mbeki, se artikel lees, toe weet ek ek is nie ‘n Afrikaan nie, en nie een wil wees nie. Want, julle sien, die prentjie wat ek in my kop het van ‘n Afrikaan, na 13 jaar van skyn demokrasie en vrede, is van iemand wat
- meer en meer wil hê vir minder
- nie verantwoordelikheid neem vir sy of haar lewe nie
- wat geen respek het vir ander se lewens en eiendom nie
- wat meer waarde heg aan ‘n selfoon as aan ‘n lewe
- wat bereid is om daagliks Soweto roulette te speel
- wat onkundig genoeg is om te glo dat seks met ‘n baba jou van Aids kan genees
- wat aanhou om die apartheidsregime te blameer vir alles van armoede tot Aids, nevermaaind dat die huidige regering die massa bankrot wanbestuur en nie ‘n plan het met Aids of enige iets meer ingewikkeld as hoe om plek op die sous trein te bespreek nie
- wat hom nie steur aan wette en reels en regulasies nie totdat hy ‘n slagoffer word, of gearresteer word en homself dan beroep op sy konstitusionele regte
- korrupsie en omkopery as normale, aanvaarbare prosesse van die daaglikse kommunistiese / sosialistiese bestaan binne ‘n kapitalistiese stelsel, beskou
- wat kan plak waar hy wil en dan kla as die polisie sy plakplek opbreek en dan eis dat die regering vir hom ‘n huis moet gee. En dan ‘n jaar later kla dat die dak lek – asof die onwettige sink kaya water en windproef was
- wat dink dis ok om nie vir dienste te betaal nie en wat dan gewelddadige protes aksies loots oor swak dienslewering, duisende mense te ontwrig en miljoen rande se skade aan te rig, die dienste geboue (en ander) af te brand en dan, die volgende maand te kla, omdat daar geen dienste is nie. Wel, hello, wie’t die geboue / skole afgebrand/afgebreek in die eerste plek?
- wat dink dis ok vir onderwysers om te staak, kinders om mee te doen en dan, die einde van die jaar, as 80% druip, dit op die vorige regering te blameer – die ‘racist regime’, julle weet, daardie globale, allesomvattende kombers wat gebruik word om alle tekens van onbevoegdheid, onwilligheid, luiheid, arrogansie, ego-sentrisme, skelmheid, ens. onder weg te steek.
- wat dink dat ons al hoe meer power-wordende sport uitslae die afgelope paar jaar aanvaar baar is solank die kwotas reg is, en wat gerieflikheidshalwe vergeet van Mandela en die nasie se trots in 95 toe ‘n hoofsaaklik wit span, die wêreldbeker gewen het.

Kan seker so aangaan tot die hoenders tande kry maar wil nie onnodig negatief klink nie en net daarop konsentreer nie. Selfs Afrikane het goeie punte – ek kan net nie nou aan iets dink nie.



Kommentaar

Glorie gedorie Losves!
Ek lees en sien .... dit gaan woes en ek wonder of dit weer beter sal gaan? Baie dankie vir die insiggewende bydrae. Namens Jan Anderland kon ons dank betuig vir hierdie inligting. Die blad neem eeue van diekant van die aardbol om oop te maak en onse ou tydjie is so min! Die laat ek nou sommer so twee in een kom bedank hoor. Groetnis en laat die lyne rol.
4 jaar 8 maande 2 weke 3 dae 9 ure 48 minute oud


So baie waarheid en feite op een slag krap sommer my maag om. Goed gesê.

Groetnis
4 jaar 8 maande 2 weke 6 dae 4 ure 39 minute oud



ENGELE EN ROWERS

deur Piet Schoombie

Vier-en-twintig lekker lees kortverhale, sketse en artikels oor uiteenlopende temas en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar