Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons ken almal die Bybelboek Esther. Die mooi verhaal waar die Here, wat in geregtigheid regeer, dit so bestem het dat Hadassa, 'n Joodse weeskind, koningin moes word as instrument in sy Hand, om die Joodse bannelinge onder Ahasveros, van uitwissing te red.

Deur die tye heen gryp God steeds in, in volke se voortbestaan. Ook ons volk se geskiedenis leer van Goddelike ingryping om 'n oorblyfsel te verseker. Die Voortrekkers het net soos koning Dawid (2 Sam 5:22), in hul groot benoudheid, die Here geraadpleeg  toe hulle totale uitwissing in die gesig gestaar het. Die handjievol Trekkers het aan die Here 'n gelofte gemaak, dat as Hy hulle uit die hand van die vyand red, hulle die eer van die oorwinning aan Hom sal gee. Die Here het hulle gered, Dit was 'n Goddelike wonderwerk. God het die vyand oorwin.


Die Gelofte wat die Trekkers gemaak het staan op vier bene:

* Om God se Naam te verheerlik deur die roem en eer van die
   oorwinning aan Hom te gee.

* Om die dag elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat deur te
   bring.

* Om 'n huis tot sy eer op te rig waar dit Hom behaag.
   Ons weet mos dat gelowiges die tempel van God is, en vra
   dit na Evangelie verkondiging regoor donker Afrika.

* Om die kinders daarin te laat deel tot nagedagtenis vir die
   komende geslagte.
   Ons, as nageslag, maak deel uit van die gelofte


Oor tye heen het die gelofte van 16 Desember gebloei en afgewater. Die huidige geslag is nie meer getrou aan die gelofte wat hulle vaders aan die Here gemaak het nie. Die regering aan bewind probeer om God se oorwinningsdag in 'n versoeningsdag te verander. Geloftedag kan nooit met 'n versoeningsdag vervang word nie. Die gelofte is net soos die Joodse Pasga en Purimfees, 'n gedenkdag. 'n Dag van dankbare terugkyk ter verheerliking van God se Naam. Sport-handevat, politieke-handevat, taal-handevat, kulturele-handevat en allerhande ander handevat, kan nie versoening bewerk nie. Die enigste versoening wat stand hou is die versoening in die bloed van die Lam. Ons deel in die Jode se blydskap dat God hulle van uitwissing gered het. Net so behoort ander volke ook in ons volk se blydskap te deel oor God se ingryping in ons volk se geskiedenis. Die geloftefees en die Joodse Purimfees het baie in gemeen. Albei feeste word gedenk as 'n dag van dankbare terugkyk.


Persoonlike Getuienis:

Dit was die jaar 2002. Ons het in die gebied van Dendron,'n klein dorpie in Noord Transvaal gewoon. Die jaar was dit die 80ste herdenking van die Doornfontein Geloftefees te Waterberg. Die Here het aan my 'n boodskap gegee om die geloftefees te Doornfontein by te woon om 'n onderhoud te gaan voer. Ek is geen joernalis nie, en het gladnie verstaan met wie ek 'n onderhoud moes gaan voer, en waaroor nie. Professor Boshoff van Orania sou as spreker optree. In my enigheid het ek gewonder of die Here dalk wil he dat ek met prof Boshoff moet gaan praat.

My man was baie onwillig om te gaan. Waarom kan ons nie soos elke jaar na die plaaslike fees gaan nie? Hy het maar langtand aan my verduideliking gekou dat dit 'n opdrag van die Here is. Ons het dit nie breed gehad nie, brandstof is duur en Nylstroom ver.  Dit het  beteken dat ons moes oorslaap met verdere kostes. Nietemin, het ek, oortuig van die Here se opdrag aan my, plek bespreek in 'n gastehuis in Nylstroom. Ons het 'n dag voor die fees na Nylstroom vertrek.

Ons ruim slaapkamer was verbind met 'n klein sitkamer. Die aand het ons uit verveeldheid maar televisie gekyk. My man met 'n opgeblase mond.  Teen agtuur was daar 'n kloppie aan die sitkamer deur. Die bestuurder van die pienk gastehuis het met 'n lang skraal man binnegekom. Hy het ons voorgestel en gese: "Mnr van der Ziel wil graag 'n onderhoud met julle voer. My man, steeds in ongeloof asof hy 'n spook sien, het verdwaas-verbysterd na die man gestaar.

Arjen van der Ziel, was volgens wat hy ons meegedeel het, 'n joernalis gesetel in  Johannesburg.   Hy het  vir 'n dagblad in Holland gewerk, wat ook na omliggende streke versprei is.  Hy wou 'n onderhoud met ons doen oor die tot standkoming en betekenis van die Geloftefees. Wel, ek het hom vertel van die Trekkers se geloof, van die nood waarin hulle verkeer het, van die gelofte wat hulle afgele het, en dat die Here ons volk van uitwissing gered het. En, die eer van die oorwinning, het ek beklemtoon, kom God alleen toe.

Dat geloftes aan die Here gemaak, betaal moet word staan 53 keer in die Bybel opgeteken. In Nahum 1:15 lees ons God se opdrag aan Juda: Vier jou feesdae, o Juda, betaal jou geloftes! Ps 50:14 se lering: Offer dank aan God, en betaal jou geloftes aan die Allerhoogste. Mag ons as volk weer opnuut vanuit 'n geloofs-oogpunt besin oor die gelofte van ons vaders. En, mag ons saam met die verloste van Ps 116:18 uitroep: "Ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk!" Amen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

---
Ek kry skoon hoendervleis met hierdie getuienis van jou!

Dis wat vir my so 'amazing' is! Ons kry boodskappe van God af wat nie baie sin vir ons maak nie en dan laat ons dit bloot by ons gedagtes uit`waai. As ons meer gehoor aan ons voorgevoelens gee dink ek kan ons berge versit om die woord van God tot by die verste uithoeke van die aarde te versprei.

Dankie dat jy dit met my gedeel het.

Ek kon dit nie verhelp het nie maar jou man se gesig toe hy die joernalis voor die deur sien staan het, is *priceless!
5 jaar 9 maande 1 week 6 dae 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar