Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Van tyd tot tyd kruis jou pad iemand anders s’n op presies die regte oomblik. Sonder vooraf beplanning. Sonder enige waarskuwing. Slegs deur die sameloop van omstandighede ontmoet julle mekaar op ‘n unieke manier. Op ‘n unieke oomblik. So ‘n ontmoeting het ons verlede week op ‘n plaas buite De Aar gehad. Onverwags. Vreemd. Onseker.

Wat oorspronklik ‘n twintig minute werksverbande gesprek met een persoon sou wees, het uitgeloop op ‘n ontmoeting met ‘n samesyn van mense wat ‘n halfuur vantevore nie van mekaar se bestaan bewus was nie.

Ons word na die gesprek genooi vir middagete en geen teëkanting word aanvaar nie. Ek staan stil in die reuse oopplankombuis/gesinsvertrek rond en wil graag help met die dek van die tafel waarvoor daar reeds meer as oorgenoeg hande voor beskikbaar is. Die geskarrel en oor-en-weer beduie na waar nog sopkommetjies en lepels gebêre is, laat my ingedagte glimlag. Ek besef dat ons as buitestaander-dog-betrokkene, vreemdeling-dog-vriend aan hierdie ruim tafel gaan aansit.

Met ‘n heerlike pot heilsame sop, port, tuisgebakte brode en blokkies ingevoerde sjokolade is daar ‘n gevoel van samehorigheid aan tafel. Daar word geëet. Daar word gelag. Daar word beduie. Daar word staaltjies vertel uit unieke mense se lewens. Dit voel amper soos ou vriende waarmee jy vir ‘n tyd lank nie gekommunikeer het nie. ‘n Knus warmte wat in jou hart kom nesskrop. ‘n Ontspanne rustigheid. ‘n Tipe veiligheid.

Wanneer ons uiteindelik die lang pad terug Kimberley toe moet aandurf, sou ons uitvind dat ons motor intussen ‘n pap wiel opgedoen het. En wanneer ons nuutgevonde vriend fluks die motorband namens ons ruil, hoop ek heimlik ons pad kruis vorentoe weer – al is dit net om hulle weer te bedank vir hulle besondere gasvryheid en ‘n inspirerende dag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vriend
Ek hoop ook so, wat dit smaak jy jy het die rif raakgeboor waarin daar kosbare mense-goud te vinde is. Onopgesmukte gasvryheid en vriendskap! Pragtig!
5 jaar 4 maande 4 weke 12 ure oud


Ano
Vriend
'n Engel het jou pad gekruis :-))
5 jaar 4 maande 4 weke 19 ure oud


vriende
Dit het al met my ook gebeur. Dis n heerlike gevoel om tuis te voel by vreemdes.
5 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 11 ure oud


vriend
Boere gasvryheid op sy beste. altyd lekker om jou bydraes te lees Karin
5 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Mari

deur Rachelle du Bois

Die pragtige Mari Wolmarans vat haar seuntjie en vlug weg uit ʼn gewelddadige huwelik. Sy is die rykmanslewe gewoond, maar nou is sy sonder heenkome of inkomste. Sy gaan woon by haar broer Thinus waar sy die aantreklike kunstenaar Dewald Bosman ontmoet. Sy is geskok en verward toe hy aanbied om met haar te trou ter wille van die drie-jarige Dirkie. Sy is nie gereed vir ʼn tweede huwelik nie, maar sy neem tog sy huweliksaansoek aan ter wille van haar seun. Dit sal egter slegs in naam wees tot sy anders besluit. Maar sal sy? Sal sy vir Dewald kan liefkry soos hy vir haar? Dewald is betower deur die verruklike Mari. Sy het sy voete onder hom uitgeslaan en sy enigste begeerte is om haar lief te hê as sy vrou. Die oulike Dirkie kruip vinnig in sy hart en hy neem hom voor om vir hom ʼn toekoms te verseker, want hy kan en hy wil. Vir Mari en vir Dirkie. Sal hy daarin slaag om haar hart te wen?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar