Rubrieke

Titel: Vuur
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As ‘n man my verlei sien ek dit kom – die subtiliteit van die verleiding raak erens verlore en my bewutheid rondom dit wat gebeur is konkreet – ek speel saam – sag, lig, lekker en later waarskynlik so dringend dat dit ‘n teenwoordige bewustheid verg - natuurlik ‘n absoluutheid 'n sensuele bewustheid. Maar vuur verlei my so dat ek eers na die tyd salig terugleun en vir myself vra – wat het nou gebeur? Dit is seker soos bittersoet moet proe - hierdie behaaglikheid wat oor my spoel. Ek word so vasgevang in die speelsheid van die oomblik – Miskien hoe die kinders gevoel het in Hamelin – die wat so betower geraak het deur die panfluitspeler en salig weggedrentel het om nooit weer in die teenwoordige tyd gesien of beleef te word nie.

Vuurmaaktyd in die Kaap is soms in Desember ‘n oefening op sig self – veral as jy ‘n regte egte bosveldvuur in ‘n boma wil pak en die wind beduiwel jou hele poging. As daar dus ‘n windstil nag opduik is ‘n oop vuur onder die wonderlike wonderlike donker nag met miljoene sterre ‘n belewenis wat my elke liewe keer soos ‘n voorhamer tref.

Vuur was hierdie keer eers warm en kwaai – ek moes ver weg sit – my lyf het vreemd aangetrokke gevoel tot die warm vlamme – so op my seergebrande arms en bene van die dag by die see - my rug was yskoud en afgeskeep – ek het elke nou en dan opgestaan en omgedraai wat my baie vinnig weer laat terugdraai het om die heerlike hitte van die vuur oor my lyf en in my gesig te voel. Ons was net vier wat daar gesit het – ander was vasgevang in middelfeestyd brasserie erens anders op die werf – maar vir my was dit asof dit net ek en hierdie vuur was. Vuur wat my versinnebeelding, my versugting na teer aanraking geraak het. Ek konnie my wegskeur nie – ek het in die vlamme gestaar, vuur het saggies vir my geglimlag, my betower, die sagtheid van sy aanraking het my diep diep laat asemhaal, ek was in sy wêreld van sensuele beweging, golwe wat oor my gespoel het en in elke greintjie van my vrouwees ingespoel het om my soos ‘n kombers toe te maak en veilig te laat voel.

Ek het nie nodig gehad om saam te speel nie, ek is betower en verower voor ek nog geweet het wat tref my, om my oë toe te hou sou ‘n sonde wees – ek het een gevoel met hierdie onbeskryflik verleidelike vuur. Ek wou nie weggaan nie, die belewenis moes aanhou en aanhou – ek het hierdie liefdesverhouding aangevuur met nog en nog en nog stompe – om elke keer weer van vooraf die vonke te sien en te voel spat – ek het die hitte telke male om my gevoel spoel – hierdie vuur het my soveel energie gegee – ‘n stille kragtige energie wat my battery gelaai het – saggies en stadig – soos wat ek nodig gehad het.....

My minnaar het saggies gegroet – ek het opgestaan en stadig huis-toe gestap, ek het op my bank gaan sit en vir myself gese dat hierdie belewenis in my wese ingegegrafeer is. Die volgende more het vuur steeds om my lyf gesit , in my hare en my klere – toe ek my hare saggies afspoel en vuur geblus raak deur die krag van die water het ek steeds die energie in my are voel bruis en geweet – dit - dit is is Tantra …..



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vuur
Goed gedoen
9 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 13 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar