Rubrieke

Titel: Waarom?
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waarom, o waarom het die Almagtige God toegelaat dat daar in hierdie pragtige land, Suid-Afrika, wette gemaak word wat indruis teen Sy eie Wette en riglyne? Aborsies word toegelaat, vrou mag met vrou trou, man met man, kinders mag nie meer getugtig word nie. Vir elkeen van ons wat in die weë van die Allerhoogste grootgemaak is, is dit ‘n bitter pil om te sluk. Veral wanneer so-iets oor jou persoonlike pad kom. Meneer/Mevrou, weet jy hoeveel pyn en hartseer dit veroorsaak wanneer jou dogter met ‘n ander vrou “trou?” ‘n Dwelmverslaafde wat jou kind manipuleer, en die laaste druppel bloed uit haar suig. Omdat jy jou kind nie wil sien swaarkry nie, help jy maar. Want jy is magteloos, die ander “vrou” het ‘n groter sê oor haar as jy, want hulle is mos “getroud.” Jou kind is al so onder haar invloed, dat praat nie meer help nie. Om alles te kroon, is ‘n kindjie verwek op die “kunsmatige” manier. ‘n Pragtige ou seuntjie!

Die leuns en bedrog raak te veel vir enige regdenkende mens. Hulle voer ‘n sukkelbestaan, en die geld wat jy spandeer het om jou kind te laat leer, in die drein af. Die motors wat jy gekoop het vir jou kind om by haar werk te kom, deurgetrek. Almal. Daar is niks meer oor nie. Ook die spaargeldjies vir die oudag, is besig om weg te vloei. Al wat oorbly, is om maar jou kind huis toe te bring, onderdak en kos te gee. ‘n Hele lewe is verwoes. Mense kyk jou skeef aan, om ‘n nuwe begin te maak, is moeilik. Baie moeilik.

O God, hoe kon U dit toelaat?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waarom
Hartverskeurend. Ek stemm ook saam met Kiekies. Hy laat nie sulke dinge toe nie, maar gee ons die Vryheid om ons eie keuses te maak. Juis daarom is Hy altyd daar om te help. Kyk op na Ham. Hy sal help. Sterkte my vriend. Al ons Woesers bid saam vir jou.
5 jaar 1 maand 3 dae 13 ure oud


Ano
Waarom
Dis jammer om te hoor. 'n Mens het soveel drome vir jou kind, en dan voel jy dit was tevergeefs.
Moet ook se dat God nie hierdie dinge toelaat nie, maar omdat die mens vrye keuse het, kies ons alte maklik nie die smal pad nie. Dit bly egter jou kind en 'n mens kan net onvoorwaardelike liefde uitdeel met die hoop dat sy sal terugdraai. Dink aan julle.
5 jaar 1 maand 3 dae 13 ure oud


Waarom
(Eers net 'n drukkie van voel vir julle . . .)

Ek stem saam met Kiekies se kommentaar. Ek sê ook vir jou 'n gebed op ~ dat die Here sy arm om julle almal sal sit . . .
5 jaar 1 maand 4 dae oud


Waarom
Dis hartseer... die keuses van een het altyd 'n rippel effek op ander - ten goede of kwade.
Laag op die kniee kan ons baie verder sien en reik. Al genade is bid, bid vir wysheid, vir genade, vrede en energie om voort te gaan.
Sterkte!
5 jaar 1 maand 4 dae 6 ure oud


waarom
Dit is diestryd tussen lig en duisternis in die laaste dae wat vir ons voorspel is
5 jaar 1 maand 4 dae 13 ure oud


?
Ek glo ook nie dat dit God is wat dit 'toelaat' nie, maar wel dat God ons vrye keuse gee en dat ons dan kies soos ons wil, met die gevolge daarvan.
Aan die anderkant sien ek die probleem as 'n siekte of afwyking en as jou kind met Downs sindroom gebore word verwerp mens nie so kind nie. Dieselfde geld hier.
Dat dit erg moeilik is vir 'n ouer, besef min mense ten volle. Ek bid jou groot wysheid, krag, genade en veral vrede toe!!
5 jaar 1 maand 4 dae 14 ure oud


Waarom
Ek wens jou sterkte en krag toe om elke probleem op die beste manier te kan hanteer.
5 jaar 1 maand 4 dae 14 ure oud


Nee dit is nie God se toedoen nie!
NEE my vriend hierdie is nie "God het dit toegelaat nie" .. hierdie is die mens se eie toedoen en vergryp. Ons het doof en blind geword vir die Woord. Dit is makliker om die wereld se bree pad te stap saam met die groot groep as om vas te staan in ons oortuigings. Dit is so maklik om hierdie tipe vergrype voor God se deur te le, ons moet mos iemand kan blameer vir ons eie foute ...

so word elke sonde deesdae in n mooi rokkie aangetrek ... want almal stem dan saam, dis vir soooooo goeie doel, elke mens kan mos sy/haar eie keuses maak, ons het mos menseregte ens ens ... plaas ons liewers kyk wat se die Woord en dan besluite maak ....
5 jaar 1 maand 4 dae 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Sirkeldans

deur Driekie Grobler

'n Bundel vol inspirasie en lewenswysheid, lief en leed, maar ook lewenslesse wat ons daagliks ervaar en leer. 'n Saamlag, saamhuil en saamstap-bundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar