Rubrieke

Titel: Waarvoor?
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

My ma is in 1923 gebore. Dit maak haar dus vanjaar 86. Vir die afgelope paar jaar, na my pa se dood, bly sy so stoksielsalig alleen in haar huis op ‘n klein dorpie in Mpumalanga. Sy’s nog redelik mobiel vir haar ouderdom (alhoewel die ou heupe nie meer is wat dit moet wees nie). Behalwe vir die blokkiesraaisels in die Landbouweekblad en die Huisgenoot, is sy baie trots op haar beddings groente en blommetjies (sy haal feitlik alles wat sy gebruik uit haar tuin en deel die res met die twee ou swartmense wat haar eenmaal per week in die huis en in die tuin kom help. Sy praat steeds vlot Zoeloe en die twee is omtrent al mense met wie sy redelik gereeld kommunikeer). Dis nou behalwe vir Sewendelaan, die Nuus en die Weerberig. Maar, sy’s stokdoof en om TV saam met haar te kyk is ‘n marteling want die volume moet maksimum toe gedraai word. Voor slaaptyd sit sy by haar eetkamertafel, met ‘n ou Clicks bril van my oorlede pa, en lees haar Bybel (wat al in sy geheel omtrent uitmekaarval – maar om die dood of sy ‘n ander Bybel wil hê).

Jy sal haar nie by daardie huis uitkry met ‘n stootskraper om op ‘n “veiliger” plek te gaan woon nie want dit is die plek waar sy, deur die bewuswees van die dinge om haar, kan vashou aan baie jare se herrineringe.

En toe, een aand, terwyl sy sit en Bybellees, stap daar ‘n jong swart man by die voordeur in (wat sy baie toevallig vergeet het om te sluit) en ruk haar daar van haar stoel af en gee haar ‘n paar vuishoue in die gesig. Hy slaan so hard dat hy een van haar oogkaste kraak. Toe sy val begin hy haar skop en toe sy stil lê, toe los hy haar vir dood. Hy krap die kaste en laaie uit, kry niks van waarde nie, gryp die nuwe elektriese ketel wat sy skaars ‘n maand tevore gekoop het en los haar net daar op die vloer. Sy’t later bygekom en my broer gebel wat van daar af gesorg het dat sy by die hospitaal kom en dat die polisie die saak kon opneem.

My vraag vandag is: WAARVOOR? Waarvoor moet jy, wat jonk, sterk en gesond is, ‘n magtelose ou vrou op daardie manier aanrand? Jy bewys absoluut niks behalwe dat jy ‘n nikswerd lafaard is.

Sy bly nog steeds op dieselfde plek en stootskraper argument bly van toepassing. Haar opgeruimde gees van vroeër is egter geblus.

Hulle het tot vandag toe nog nie die skuldige aangekeer nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Waarvoor?
Ai dis sulke goed wat mens verbitterd laat
9 jaar 10 maande 6 dae 22 ure oud


ons land is so mooi, maar die realiteit maak dit soms so lelik.....
10 jaar 1 week 2 dae 22 ure oud


Waariom, inderdaad. Ons land bloei van al die geweld.
10 jaar 1 week 4 dae 5 ure oud


Dit breek 'n mens se hart. Dankie vir die deel hiervan.
10 jaar 1 week 5 dae 1 uur oud


Waarvoor?
Selfde ervaring gehad ... selfde vrae gevra ... selfde Bydel gelees ...
10 jaar 1 week 5 dae 1 uur oud


Ja, die boosheid neem toe en sal steeds toeneem... Die mannekrag is te min om die boewe aan te keer - hulle is te besig om verkeerskaartjies uit te skryf... En ek kan verstaan hoekom jou Ma nie 'n ander Bybel wil hê nie - sy het deur die jare 'n persoonlike verhouding met die Woord opgebou en in die bekendheid van haar ou Bybelblaaie, vind die intieme omgang met Hom plaas ... Ek weet - my Bybel val ook al uitmekaar ...
10 jaar 1 week 5 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

BEGRAFNIS OF VERASSING - Wat se die Skrif daarvan?

deur Spannie

Hierdie baie kontroversiele vraag van ons tyd rakende die hantering van die menslike liggaam na afsterwe word onomwonde en baie duidelik aan hand van die Skrif en geskiedkundige bronne uiteengesit in hierdie volledige studiestuk. Liggaamsverbranding is baie duidelik 'n suiwer heidense gebruik en streng verbied in die Woord. Vloeiend geskryf, met baie interessante gegewens uit die geskiedenis van ons tyd is hierdie 'n boek wat mens moeilik neersit na jy begin lees het. 'n Moet vir elke ernstige gelowige van ons tyd.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar