Rubrieke

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek was so sewentien (en nog mooi), mal verlief, dan doen mens mos maar snaakse dinge! My kêrel, kry toe die plan om ‘n wasbeeld van my gesig te maak, julle weet, sodat hy my altyd by hom kon hê. Ons gaan koop toe gips en vasilene, maak dit slap aan en sit twee strooitjies in my neus sodat ek darem kon asemhaal. Hy het ‘n boks gemaak, om te krr dat die gips afloop. Hy smeer toe my gesig dik met die vasilene, gooi die gips in, na ‘n paar minute, siedaar! Daar is toe die ‘mould’, hy smelt toe was, en toe dit stol en ons dit uitgooi, is dit perfek! So ‘n rukkie daarna, stry ons eendag, ek word kwaad en gooi die beeld stukkend teen die garage deur! Maar almal wee hoe dit gaan, jy baklei nou en netnou maak julle weer op. So, maak ons toe nou weer op en hy wil weer ‘n beeld hê. Maar, sê hy, ons moet dit diè keer tot onder my kakebeen doen, tot so in my nek, maak weer ‘n boks, kry die strooitjies, maak die gips aan en gooi. Met die eerste gooi gaan een van die stroojies toe, ek ‘panic’ want ek kon toe skaars asem haal. “nog net ‘n minuut, hou net uit!” sê hy, maar ek kon die bekommernis in sy stem hoor! Na wat soos ‘n ewigheid gevoel het laat hy my regop sit. “okay, ek gaan dit nou afhaal” Maar, toe hy dit trek sit dit vas! “Ek kry dit nie af nie!” skree hy paniekbevange, ek begin lighooftig voel, want ek sukkel om asem te kry en die situasie maak dit nie beter nie. Hy gaan roep toe sy Ma, diè is so ontsteld dat sy hom sommer bydam en ‘n klap gee! Die Oom kom toe ook nog by, “jy het die vasilene vergeet, dis hoekom dit so vassit!” Hulle bel die dokter maar hy sê daar is niks wat hy kan doen nie, want die gips sit nou aan my vel vas!
Die uiteinde van die saak was dat hulle dit met ‘n hamer en bytel moes afkap. Toe hulle dit uiteindelik afkry, was dit in stukkies, my gesig was swart en pers, party plekke was die velle af! Dit was so seer, my Pa was so kwaad en het hom behoorlik die leviete voorgelees!
Ek hoef dit nie te sê nie, hy het NOOIT weer die kans gekry om weer ‘n masker van my gesig te maak nie!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek buig my hoof vir jou vir tien sekondes. Ek bars uit van die lag. Skuus Robelle hierdie is baie snaaks.
8 jaar 10 maande 2 weke 6 dae 2 ure oud


Eina...dit was seker benoude boude nê! As dit my dogter se ou was, sou ek hom vermorsel het,hehehehe! Goed vertel!
10 jaar 1 week 3 dae 16 ure oud


'n Mens vang sulke dinge aan as jy verlief is. My seun maak maskers - die wat jy sal gebruik by 'n bal. Hy vorm dit en maak dit van papier en dit lyk uitstekkend.
10 jaar 1 week 4 dae 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar