Rubrieke

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die eerste stap in sameskepping is om te vergeet wat jy histories vir inkomste/werk gedoen het. Nie heeltemal vergeet nie - jy moet dit só herdink dat dit in balans kom met die res van die ondervinding en talent waaroor jy beskik. Want dit is maar net een van die dinge wat jy doen wat waarde tot die wêreld voeg.

Jou werk is een van jou bewuste vaardighede - jy is bewus van jou werksvaardighede. Maar, jy moet ook kyk na jou onbewuste vaardighede, dit waarmee jy goed is en wat so deel van jou lewe vorm dat dit onbewus gedoen word. ‘n Voorbeeld van ‘n onbewuste vaardigheid is om jou motor te bestuur. Toe jy begin bestuur het was jy bewus van hoe en wanneer jy die stuurwiel draai, die ratte verwissel en meer. Nou is dit iets wat sommer net automaties geskied en jy is nie meer bewus van die proses nie.

Om jou motor te bestuur is nie jou enigste onbewuste vaardigheid nie , jy het vele. Kyk hoe jy jou kinders leer en met hulle werk. My een vriend het sy kind al op die ouderdom van vier geleer hoe om verantwoordelik met geld te werk. Sy seun het sy eie beursie en doen werkies vir geld. Wanneer hy speelgoedwinkel toe gaan, neem hy sy eie beursie saam. As hy nie genoeg geld het om te koop wat hy wil hê nie, gaan hy terug en spaar. Vir hom kom dit natuurlik en dit val onder ‘n onbewuste vaardigheid.

As jy dit wat hy sy seun geleer het in my konteks plaas, het dit baie waarde vir my. Ek wil dit graag vir my kinders ook leer. So, dadelik het ‘n onbewuste vaardigheid waarde in iemand anders se lewe.

Daar is baie ondervindinge en kennis wat ons na die tafel bring. Ek is ‘n privaat vlieënier, ‘n skuba duiker, ‘n pa en nog baie meer. Dit het ‘n invloed op hoe ek dinge sien en doen.

Al het jy dieselfde geswot as iemand en ook dieselfde werk as hulle gedoen, sal julle albei dinge heeltemal verskillend sien. Daardie verksille is wat kleur, kreatiwiteit en inisiatief na die proses bring.

Jou kennis, ondervindinge en wie jy is bring BAIE waarde na die tafel toe en dit is wat indivineur jou help doen. Om nie net te fokus op wat jy histories vir geld gedoen het nie, maar om na die hele persoon te kyk en hoe hulle waarde tot ‘n groter groep kan bring wat dan gesamenlike waarde skep wat in ‘n inkomste genererende besigheid omgeskakel kan word. Hierdie proses help die ekonomie om te groei en stuur weg van die kompeterende denkwyse waar ek iets beter doen sodat ek kan eet en jy nie.

Indivineur is hier om die “pastei” te groei sodat almal kan eet en almal meer kan eet. Daar is oorvloed in die wêreld, ons moet dit net skep.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

4
Ek vind hierdie inligting vreeslik interessant en sien uit na wat jy nog het om te vertel.

Regstellings:
te vergeet wat jy histories vir inkomste/werk - te vergeet wat jy tevore vir inkomste/werk

dit onbewus gedoen word.- dit onbewustelik gedoen word.

Al het jy dieselfde geswot as iemand en ook dieselfde werk as hulle gedoen - Al het jy en iemand anders dieselfde geswot en dieselfde werk gedoen

Daardie verksille is wat kleur - verskille

persoon te kyk en hoe hulle waarde tot ‘n groter groep - persoon te kyk en hoe hy waarde tot ‘n groter groep - of persone te kyk en hoe hulle waarde tot ‘n groter groep

Daar is oorvloed in die wêreld, ons moet dit net skep. Hier moet jy dit anders stel, want mens kan nie iets skep wat reeds bestaan nie, dalk gebruik of toepas of so iets.
5 jaar 1 maand 1 week 6 dae 12 ure oud


Indivineur
"Indivineur is hier om die “pastei” te groei sodat almal kan eet en almal meer kan eet. Daar is oorvloed in die wêreld, ons moet dit net skep."

Ja, kleinlikhede en onsinnige kompetisie lei tot niks. Samewerking bied meer en beter geleenthede vir al die betrokkenes.
5 jaar 1 maand 2 weke 14 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sonsoene

    deur Doret Johnstone-Robertson

    In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar