Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die naweek het ons Ma en haar jongste twee kleinkinders vermaak deur hulle op die Gautrein te laat ry. Ma is twee-en-tagtig jaar oud. Die jongste twee kleinkinders is nog in die grade in die laerskool. Dit was maar ‘n duur uitstappie, maar die moeite werd en dit het maar erg gevoel om een duisend rand sommer so te staan en invoer vir ‘n outomaat. Gewoonlik word dit uitgespoeg as mens by so masjien staan. In elk geval, ek het die dure kaartjies gekoop, ons is die nege vloere af onder die grond in met die hysbak en moes so 15 minute wag, en daar is hy, amper geruisloos. Ek het gedink Ma het maar voorgegee sy is nie in die minste bang vir die 160 km per uur nie, maar ek was verkeerd, sy kon nie wag nie en was geensins bang nie. Ek het vergeet van die kere met die Valiant en later die Chef op pad Kaap toe. Daar het sy dikwels as sy oorgeneem het met die bestuur, en Pa aan die slaap geraak het, die kilometerlesing tot baie na aan 160 laat klim; natuurlik tot groot pret vir ons kinders. Ek vermoed sy het maar altyd oor haar liefde vir spoed stilgebly.
Ons is toe op die trein op, met Ma in haar rystoel wat sy onder protes gebruik, maar die loop darem vergemaklik by groot plekke, en is enkele minute later weg. Die eerste paar kilometers is in die stikdonker in die tonnel. Die wegtrekslag herrinner nogal aan die gevoel wat mens beleef met die opstyg van ‘n groot passasiervliegtuig, en dan ewe skielik voel mens nie regtig die snelheid nie. Ma het aanvanklik haar oë toe gehou, maar net vir ‘n paar sekondes, dalk het sy gebid, of dalk gedank vir die belewenis. Dit het vinnig verander in ‘n mooi glimlag en oë wat alles moontlik inneem. Naby Marlborostasie is ons bo die grond uit en kon ons so ‘n stukkie van die plakkershuise by Alexandra sien. Daarna was dit weer af in die sloot met hoë walle. By Modderfontein begin die spoor eindelik bo die grond loop en is daar darem iets om na te kyk. Daarna was dit Isando se fabrieke en die uitsig was maar sleg. Eindelik, of liewer vyftien minute na ons in Sandton weg is, het ons vlugtug op Rhodesfieldstasie gestop en is oomblikke later die lughawe terminaal in.
Die twee kinders was uit hulle velle van opgewondenheid en kon nie genoeg kry van die vliegtuie nie. Nou ja toe is ons weer al die pad terug met die trein tot in Sandton. Ma het my sedert die naweek al twee maal gebel om dankie te sê, so sy het dit geniet. Sy dring daarop aan dat wanneer die trein later van Pretoria af in diens is, ons die hele roete moet ry. Ek hoop sy betaal.
Ek moet ook darem byvoeg dat Ma op perdekarre en ossewaens grootgeraak het, nie as kind ‘n telefoon of radio geken het nie, en selfs selde ‘n koerant te siene kon kry. Dis nogal ‘n aanpassing om in een leeftyd soveel vooruitgang te beleef en te verwerk.
Sy het ons ook vermaak met die storie van hoe oumagrootjie Hannetjie van die perdekar afgevoeter het op gevorderde leeftyd, toe oupagrootjie Hendrik te vining deur die drif naby Rooikoppies is. Sy het glo haar arm gebreek op twee plekke. Die arm is glo sommer so by die plaashuis gespalk en laat aangroei, en geen dokter het die arm ooit onder oë gehad nie. In elk geval sy het nooit weer met haar baie kort en sware lyf dit op ‘n perdekar gewaag nie; oupagrootjie het dit glo verbied. So jaar of wat later het oupagrootjie toe ‘n vreeslike grênd Spaaider met die mooiste tuie en rygoed te kope gekry uit ‘n boedel. Die spaaider was ‘n laer voertuig as die perdekar was en ook nie vir rowwe paaie bedoel nie, en sy kon weer saamry. Ag ek wens mens kon daai tye beleef het.
Ek het ‘n paar belangrike dinge geleer uit die uitstappie. Eerstens moet nie ouer mense onderskat nie. Tweedens, moet nie die ongekende genot van kinders onderskat nie. Baie dink kinders wil net rekenaar dinge doen en daarmee speel, maar eenvoudige dinge kan baie groter genot verskaf. Dink net die aan al die stories Maandag by die skool. Dan, die waarde van die oorvertelde stories. Uit die storie het ek ook iets geleer, en dit is, die een se dood is die ander se brood. Oupagrootjie Hendrik het glo die Spaaider gaan boek by die weduwee, maande voor die sieklike ou eienaar die ewigheid in is. Die oupagrootjie Hendrik was ‘n gesiene man, ‘n vegter in die Ingelse Oorlog en het vroom en regverdig gelef volgens die Woord in hoog Hollands, maar besigheid is besigheid.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Jesus, die Doper met die Gees

    deur Christo Nel

    In die taal en idioom van Afrikaanssprekende mense neem Christo gelowiges na die sowat 319 verse in die Bybel waarin daar direk na die Heilige Gees verwys word.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar