Rubrieke

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly nou al in Potchefstroom vir amper twee weke en ek kan nie woorde vind om te verduidelik hoe baie ek dit geniet nie. Maar nou ja, hier is 14,000 studente, iewers tussen hulle moet daar ‘n tappet idioot wees.

Ek gaan eet Vrydag aand by my gunsteling restaurant, die restaurant is geleë is die partytjie hoofstraat van Potch maar is ook op die eerste verdieping so jy is nie tussen al die partytjiegangers nie.

Soos ek en my vriendin sit en lekker kuier kom daar elke nou en dan een of ander student verby gery met sy vensters oop en musiek klip hard. Hy jaag nie verby nie, hy gly soos ‘n glibberige slang verby die kuierplekke. Hy kyk nie voor hom nie, hy kyk of iemand vir hom kyk.

Toe kom hierdie mannetjie met sy groen Golf aangery, snaaks dat omtrent 80% van hulle Golfs ry. Hy speel “Maak jy jou oë toe as ons soen” so hard as wat dit kan en cruise verby. My mond het nogal oopgehang aangesien dit die eerste keer was dat ek hierdie optrede met Afrikaanse musiek ervaar.

Die lat is toe verby en tien minute later kom hy weer verby, en tien minute later kom hy weer en sommer nog twee keer.

Nou wat dink hierdie ou doen hy? Dit is al wat ek probeer bepaal. Dink hy sy musiek werk soos daardie sprokie waar die ou die rotte uit die dorp wegneem deur sy fluit te speel? Wel, ek dink die tiepe vrou wat vir hierdie soort “pick-up line” sal val dalk in die rot kategorie kan val.

Ek sien hierdie persoon in die motor as volg. Hy ry rond en speel crap musiek klip hard om aandag te trek. Hy dink die volume van sy radio is ‘n indikasie van die grootte van sy manlikheid. Hy het gewoonlik eelte op sy hande en dis nie a.g.v. bestuur nie.

Hy ry die heel aand rond en niemand gee hom aandag nie en dan moan hy omdat hy altyd alleen is. As ek geld gehad het om op hierdie tiepe persoon te mors sal ek ‘n meisie betaal om na sy motor te hardloop die volgende keer as hy verby ry. Sy moet haar self amper sprei oor sy motor se neus. Terwyl sy haar lippe in honger afwagting aflek uiter sy die volgende woorde “Jou musiek maak my warm soos jou motor se radiator. Vat my nou huis toe of verloor my vir altyd”

Ek kan met 100% oortuiging sê dat hy net daar en dan voet in die hoek sal sit en sal wegjaag. Hy het nie ‘n clue wat om met ‘n vrou te doen as hy haar in sy hande het nie.

Nes ‘n hond wat ‘n motor op ‘n dag vang en dan nie weet wat om daarmee te doen nie.

Willem



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Volg net die Skoenlappers

deur Anria

Volg net die skoenlappers ... Binne jou hart is daar vrolike fladderende skoenlappers. Vir elke gevoel, ’n skoenlapper van ’n ander kleur. Wanneer jy gelukkig is, vlieg jou skoenlappers vrolik en vry rond net waar hulle wil wees. Hulle vlieg buite jou hart en reis die wêreld vol. Hulle bring vir jou geluk terug. Nou en dan ontmoet mens iemand wat jou skoenlappers vang en in ’n hok sit. Die helderkleurige skoenlappers vervaal dan ... hulle raak dof en vol stof en as jy nie self besluit om die hok se slot af te breek en jou skoenlappers weer los te laat nie, word hulle almal swart. Maar sodra die son weer ingelaat word, sodra ’n ligte windjie oor die swart skoenlappers waai ... sal die stof sommer self besluit om af te klim en jou skoenlappers se vlerke sal groot oop sprei en hulle sal weer die wêreld invlieg en jy ... dan sal jy weer weet hoe om te lag. Daar is altyd hoop.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar