Rubrieke

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons moet glo om sinvol te lewe. Dit is ek julle eens. Ons word geestelik bepaal deur ons interne realiteit en dit op sy beurt bepaal weer ons aksies in die eksterne realiteit. Die meeste van wat raqia hier verkondig of bely sal deur omtrent alle mense ondersteun word. Waar ek van hom verskil is in sy uitsluiting van sekere groepe mense ingedeel en verdeel volgens oppervlakkige eienskappe waarmee hy ongelukkig grootgeword het. Indien jy liefde verkondig, maar dit jou medemense ontsê, is jou liefde onvolledig en dus vals. Of jy leef in liefde vir selfs die minste van ons, of jy lewe in verdelende veroordeling wat die liefde probeer afkeer na die vir wie die liefde vir jou makliker en natuurlik kom.

Dit is natuurlik waar dat ons kies waarin ons glo en dat dit wat ons kies ons vorm. Om in te skakel by die oorgeerfde tradisie is die mees natuurlike uitweg vir die mens, maar selfs ou tradisies word lewend gehou en gevorm deur die lewende lede se oordeel. Vir baie van ons is die stadige aanpassing van die tradisies by die unieke kwessies van die dag net te stadig om ons eie groei te inkorporeer of te reflekteer. Morele gesag word internaliseer en tradisionele gesagstrukture word al meer gesien as blokkeerders vir die aanpassings waarvan jy oortuig is. Dit ly soms daarna dat sekere indiwidue die tradisionele gemeenskap verlaat en ander opsoek wat dieselfde gedagtes en situasie mee worstel.

Met die bevraging van die morele onderbou van die gemeenskap word die fondamente van die tradisie herbesin in die lig van die kritiek en insigte wat van buite en soms binne die tradisie bekom is. Die proses is al vir eeue of selfs millennia aan die gang. Dit is die proses wat verantwoordelik is vir al die verskeie skole van denke wat die mens al opgelewer het. Dit is dus ’n kreatiewe proses en dit het die mens gehelp om by die permanente stroom van verandering aan te pas en in te skakel.

Ek dink die grootste bron van die kulturele konflik is die veranderende morele uitkyk gebaseer op persoonlike maar redelike insigte en oortuiging, eerder as op die riglyne en fondasie van die tradisies. Verandering is onstuitbaar. Die wat dit teëgaan sal weldra of hulself in die minderheid vind, of fundamentalisties word in weerstand tot die veranderinge. Die tweede opsie dreig om geweld aan te spoor tussen teenstrydige groepe wat mekaar se oortuigings verwerp as die verkondiging van valshede en sonde teen die waarheid.

Volgens my is daar dus gevare in die oortuigings van mense opgesluit en dit sal onverskillig wees om nie kritiek daarteen uit te spreek nie. Sulke kritiek moet rasioneel wees, anders sal dit geen meriete in die oë van die tradisies se aanhangers bevat nie. Om bloot jou geloof in teenstelling met hulle geloof as bewys aan te bied is ooglopend futiel. Dus, al bevat die mens se redelike kennis en uitkyk nie al die antwoorde nie, is dit ons beste uitweg uit die emosioneel belaaide fundamentalistiese bedreiging. Universele regte oorkom ook sulke verskille. Hoe meer ons almal mekaar die regte erken, hoe groter is die kans vir ’n vreedsame toekoms.

Ongelukkig is my siniese uitkyk nie oortuig dat redelike gedrag die mens motiveer nie, dus verwag ek, nou nie vir dieselfde redes as raqia nie, dat konflik, geweld en mensgemaakte of natuurlike rampe die toekoms realiteit sal aanhou help definieer. Mens doen maar wat jy kan.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Cul de sac
Ek het hoop vir die mensdom (party dae meer as ander) maar ten minste in die temas hierbo kan mens lees dat veranderings gebeur wat kan help om probleme op te los.

Die fundamentalistiese bedreiging is ook dat hulle nie kan, of mag verander aan hulle wêreld siening, wat hulle glo of hulle gedrag nie.

Dit is die moderne weergawe van 'n ewolusionêre cul de sac.

Dit is wat die Spartane tot uitwissing gelei het.

Die onbuigsame idee dat niks mag of kan verander nie, alhoewel hulle absoluut geweet het wat om hulle aangaan, en oop oe in die uitwissing ingestap het.

Ons sien dit soveel keer in die wêreld, geskiedenis en in ons eie lewens, ek kan dit nie kleinkry hoe mense nog steeds fundamentalisties vasklou aan iets wat 'n stadige dood is nie, en weereens, weet wat die uitkoms daarvan gaan wees.

(skies, miskien nie 100% van toepassing nie, ek het so biejtie ge-waffle)

Lekker dag daar Jacques!

Aap.
8 jaar 10 maande 5 ure oud


http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/die-onus-van-bewys
Moes die skakel gewees het as agtergrond tot die teks.
8 jaar 10 maande 2 dae 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    As drome waar word

    deur Evelyn van der Merwe

    Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar